
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

*Die SPEAKER: Orde! Die Sekretaris sal die eerste Dagorder lees.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek dra kennis daarvan dat ons volgens die Ordelys veronderstel is om die Openingsrede van die Premier te debatteer, maar ek onthou nie 'n gebruik dat voorstelle nie toegelaat word op die tweede dag van die debat oor daardie toespraak nie. Ek het 'n voorstel om voor te stel en ek wil vra of u sal toelaat dat voorstelle voorgestel word.

*Die SPEAKER: Orde! Niemand het toestemming gevra om hierdie geleentheid te gebruik om 'n voorstel voor te stel nie en aangesien daar vandag nie een op die Ordelys is nie, het ek aangeneem dat niemand van die geleentheid gebruik wil maak om dit te doen nie. Voorstelle kan egter sonder kennisgewing voorgestel word, en ek sal die agb lid mnr Dugmore toelaat om sy voorstel voor te stel.

VERKOOP VAN HOP-HUISE

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis 'n beroep op die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid doen om 'n dringende vergadering te bel om die verkoop van HOP-huise by openbare veiling deur sekere rade in die Provinsie te bespreek.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

BURGEMEESTER SE LYFWAGTE

(Voorstel)

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met ontsteltenis daarvan kennis neem dat die Burgemeester van die Kaapstad Unistad 'n buitensporige aantal lyfwagte het, wat aansienlik meer is as di wat aan die Premier toegewys is, en dat dit 'n vermorsing van belastingbetalersgeld is, en verder 'n beroep op die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning doen om die saak te ondersoek.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

BESLUIT VAN KAAPSTAD UNISTAD UITVOERENDE KOMITEE
OOR BESTEDING VAN BELASTINGBETALERSGELD

(Voorstel)

*Me K A MQULWANA: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met besorgdheid daarvan kennis neem dat die NNP/DP-koalisie swyg oor die besluit van die Kaapstad Unistad Uitvoerende Komitee om belastingbetalersgeld te gebruik om hulself te verryk deur nuwe motors te koop en motorbestuurders te gebruik om die motors te bestuur.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

STILTE VAN DA OOR STERFTES

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Na die onlangse beloftes aan die mense van Manenberg, Hanover Park, die Paarl en Elsiesrivier dat die DA sal sorg vir veiliger gemeenskappe, vra ons die Minister van Gemeenskapsveiligheid waarom dit gebeur dat ons kinders nog steeds in ons strate doodgeskiet word, en dat hulle, nadat die DA ingestem is, swyg oor hierdie sterftes.

*Die SPEAKER: Orde! Ek het 'n effense probleem met die bewoording van die voorstel. Dit klink soos 'n kort toespraak, veral die begin. As 'n senior lid kan die agb lid 'n bietjie beter doen. Administratiewe veranderings sal by die Tafel aangebring word om voldoening aan die Reglement te verseker.

Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

INWONERS EN WERKERS VAN ELSENBURG

(Voorstel)

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis-

(1) kennis neem van die voortdurende ongerief, ongemak en ongelukkigheid wat die inwoners en werkers van Elsenburg moet verduur weens die onsensitiewe manier waarop die Provinsiale Regering voortgaan om hulle uit te sit, werkonsekerheid in die hand te werk en voortdurend teen bruin- en swartmense by Elsenburg te diskrimineer; en

(2) die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke versoek om onmiddellik in te gryp en die situasie reg te stel.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

BESKERMING VAN MOTORISTE EN VOETGANGERS OP N2

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Daar word onthou dat hierdie Provinsiale Parlement nog altyd besorg was oor die moorde en aanvalle op die N2 ...

*Die SPEAKER: Orde! Voorstelle moet met die woord "Dat" begin. Die agb lid mag voortgaan.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis met besorgdheid daarvan kennis neem dat die huidige NNP/DP-regering in die Provinsie nie daarin kon slaag om die motoriste en voetgangers op die N2-snelweg te beskerm nie.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GELUKWENSE AAN DA

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die DA gelukwens met die skitterende oorwinning in die afgelope munisipale verkiesing en spesifiek die rade wat nou 'n sterk DA-bestuur gekies het, gelukwens met die feit dat die gemeenskappe die uitdaging aanvaar het om modeldorpe vir die toekoms te ontwikkel.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

OPENINGSREDE VAN PREMIER

(Debat hervat)

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil begin deur die agb Premier geluk te wens met sy 60ste verjaardag en die wens uit te spreek wat gister uitgespreek is, naamlik dat hy so veel moontlik van sy oorblywende dekades op aarde in 'n staat van stille aftrede sal deurbring, hetsy vrywillig of gedwonge, en dit is geboekstaaf.
Ek wil ook teenoor die agb Premier ons gelukwense betuig met die DA se verkiesingsvertoning in die Wes-Kaap. [Tussenwerpsels.] Ek is seker ons almal verstaan die tydperk wat ons binnegaan; 'n tydperk waar daar vir ten minste drie jaar geen vooruitsig van 'n verkiesing is nie en ons almal die geleentheid het om minder op ons partye en meer op ons mense te konsentreer, om minder in klankgrepe en met meer duidelikheid en sinvolheid te praat, en om ons ideale op die langer termyn te rig, in plaas van op onmiddellike hede.

Ons kom byeen om die derde sessie van die Tweede Provinsiale Parlement in die Wes-Kaap te open. Baie van ons is sedert Mei 1994 hier, en die feit dat ons steeds hier is en onsself weer pligsgetrou en dienswillig aan die werk van hierdie provinsie wy, moet getuig van die geweldige liefde wat ons vir hierdie provinsie, sy mense en sy omgewing het.

Mnr die Speaker, dit is juis hierdie skoonheid, wat na vore kom in ons mense en ons omgewing, wat die ervarings wat party van ons mense het ten opsigte van uitmergelende armoede, afbrekende siekte, wanhopige werkloosheid, sinnelose moord, brutale verkragting, skynheilige bevooroordeeldheid en 'n rits ander patologie selfs nog meer pynlik maak. Ons taak in hierdie provinsie was nog altyd om harmonie te bewerkstellig sodat ons provinsie nie ontvanklik sal wees vir hierdie uiterstes nie.

Die Opening van ons Parlement moet ons almal aan wie die verantwoordelikheid toevertrou is om openbare verteenwoordigers te wees, daaraan herinner dat ons hier is omdat die mees kwesbares in die gemeenskap hul lewens in ons hande geplaas het.

Dit sluit pensioentrekkers in wat, nadat hulle vir die grootste deel van hul lewens die slegste van die apartheidsjare verduur het, nou na vrede en waardigheid soek. Dit is moeders en vaders hierdie wat f selfs die slagoffers van daardie wrede stelsels was, f wat op stasies van jong seuns moes afskeid neem wanneer daar van ons verwag is om daardie stelsel te verdedig.

Dit sluit vroue in wat nog steeds die slagoffers is van patriargie, tradisionele stelsels, gewelddadige mans en soms ook hul eie innerlike onderdanigheid. Daardie vroue vestig hul hoop op ons om die onderneming van gelykheid, beskerming en bemagtiging wat in ons Grondwet vasgel is, tot uitvoer te bring. Hulle kan ons swye nie bekostig nie.

Die kwesbares in hierdie provinsie sluit ook die jeug in wat ons, met groot seremonie, uit ons skole wegstuur, sertifikaat in die hand, en ons stuur die meeste van hulle terug na die krotbuurtes waar die enigste sin in die lewe sal spruit uit die mededinging wat hulle onder mekaar het oor wie hul pad hor op in die bendehirargie die brutaalste kan oop dwing. Hulle verwag van ons om ook uitsprake van vergifnis te maak, soos ons uitsprake van straf maak.

Die kwesbares sluit ons eie kinders in, wat waarskynlik in hulle ons grootste waarborg dra van 'n toekoms wat vry is van ons verlede, en nogtans het juis hul kwesbaarheid en onskuld hulle gedentifiseer as die potensile slagoffers van molesteerders binne en buite hul gesinne. Hulle verwag van ons om die swye te verbreek en die gemeenskap se belofte teenoor hulle na te kom dat hulle gekoester behoort te word.

Hierdie kwesbare mense, saam met die gestremdes, diegene wat moet raap en skraap op soek na hul volgende maaltyd, die haweloses en andere is die rede waarom ons hier is, die rede waarom ons in hierdie Huis teenwoordig is.

Dit is hierdie vertrekpunt, dat die regering daar is vir die onbelangrikste onder ons, wat ook die regering se verhouding teenoor die sterkste onder ons omskryf. Die bitter vrug van 48 jaar se apartheidsminderheidsregering het die uiterste benadering dat die regering slegs vir die minderheid, die rykes en die bevoorregtes kan regeer, buite die kwessie gemaak. Die regering kan terselfdertyd nie selfmoordneigings openbaar en die sterkes, die geskooldes en diegene wat oor hulpbronne beskik, buite rekening laat nie.

Die ANC, in reaksie op die uitnodiging van die agb Premier om opbouend te wees, wil weer eens s dat die Regering van hierdie provinsie 'n unieke geleentheid het om diegene onder die sterkes wat vir hom gestem het, daarvan te oortuig dat die toekoms gel in die bepaling van daardie balans deur die sterkes te betrek by 'n sterk vennootskap om al ons burgers meer gelyk te maak.

Mnr die Speaker, my belangrikste kritiek op die agb Premier se Openingsrede gister is dat dit aan ons geen aanduiding voorgehou het dat hy begryp dat ons vernaamste uitdaging in die provinsie juis is om daardie balans te vind nie. Suid-Afrika het die vierde hoogste inkomsteverspreidingsgaping in die wreld, gegrond op die Gini-koffisint, en die Wes-Kaap het die hoogste in Suid-Afrika. Dit moet erken en hanteer word, want dit is tans 'n probleem. Dit is potensieel 'n geleentheid. Elke program wat ons ontwerp moet uitdruklik daarop gemik wees om die gaping tussen ryk en arm te verklein. Hierin l ons volhoubare, vreedsame en stabiele toekoms.

Ons hoop dat ons verkeerd is as ons die indruk kry dat die agb Premier nie die sentrale belang van hierdie program begryp nie. Met trots, heeltemal tereg, het hy melding gemaak van ontwikkelings soos Canal Walk, GrandWest, die V & A Waterkant en die Roggebaai-kanaal. Dit is inderdaad indrukwekkende ontwikkelings hierdie. Dit sit egter die gevestigde tendense van ontwikkeling van die westelike en noordelike segmente van die Metropool voort, sonder 'n soortgelyke vlak van investering in die suidoostelike gedeelte van die Metropool. As ons in gebreke bly om beleggings in daardie gebiede te bespoedig, sal dit die gaping tussen ryk en arm vererger, in plaas daarvan om dit te verklein. As belegging in daardie gevestigde rigting van die noordelike en westelike gedeeltes van die Metropool plaasvind, dan hervestig en verplaas die belegging bloot, in plaas daarvan om nuwe geleenthede en nuwe werk te skep.

Die ANC wil voortgesette ontwikkeling, infrastrukturele ontwikkeling h, maar ook 'n doelbewuste verskuiwing van klem vir ontwikkeling en belegging in gebiede soos Mitchells Plain, Khayelitsha en Blue Downs, sodat dit kan ophou om slaapplekbuurte vir werkers en stortingsterreine vir die werkloses te wees.

In hierdie woonbuurte tref ons die omstandighede vir ons patologie aan. Hierdie patologie het van tyd tot tyd gedreig om juis daardie elemente wat aan ons hoop vir die toekoms gee en so natuurlik in ons provinsie voorkom, te vernietig. Toeriste sal na ons berg kom, ongeag of die ANC of die DA in die Wes-Kaap regeer, maar hulle sal wegbly as hulle deur die patologie van misdaad bedreig word. Ons oorgerfde infrastruktuur in die Wes-Kaap, wat beter is as in die meeste ander provinsies, sal altyd beleggings aanlok, maar dit kan omgeswaai word as die patologie daar is dat bomme weer begin ontplof.

Dit wat ons as prestasies voorhou, is kwesbaar as ons nie die vereiste wil openbaar om nie ons patologie te verberg nie, maar dit te konfronteer. Dit is reg om meer polisiepatrollies van die lughawe af op die N2 te h, maar 'n versnelling van die proses om plakkerskampe te verander in woongebiede met 'n gemeenskapsgees en 'n opbloeiende plaaslike ekonomie is beter. Andersins sal die lughawe, die drempel na ons provinsie vir toeriste, beleggers en sakelui, hulle bekendstel aan ons patologie, in plaas van aan ons geleenthede.

Die ANC het gehoop dat ons in die Openingsrede 'n bietjie meer sou hoor van 'n omvattende stedelike vernuwingstrategie. Afgesien van hierdie stedelike vernuwingstrategie kan daar min sake vir bespreking tussen die agb Premier en die Burgemeester van Kaapstad, mnr Marais, wees, en dit verwys nie na hul persoonlike verhouding nie. Stedelike vernuwing vir Guguletu, Manenberg, Bonteheuwel, Nyanga en alle ander townships moet die aanknopingspunt van samewerkende regering tussen die Provinsie en die Unistad wees.

Die agb Premier het 'n toespraak aanmekaar geslaan - party sou aan Ryan Coetzee die krediet daarvoor wou gee - waarin min mense met die algemene strekking en prioriteite sou kon argumenteer. Wie sou byvoorbeeld kon argumenteer dat die Wes-Kaap veiliger gemaak moet word deur bendebedrywighede aan te pak? Ons s dit almal al jare lank. Dit is dus vanselfsprekend die geval. Bendebedrywighede is een van ons patologie wat al dekades lank sielkundiges, sosiolo en kriminolo interesseer. Hulle kom van regoor die wreld om dit hier te bestudeer. 'n Beeldpoetser het dus die woord "bendebedrywighede" genoem om aan te dui dat dit op die agenda is. 'n Verband word getrek. Dit is egter nie goed genoeg vir politici en die agb Premier nie.

Die ANC wil 'n plan sien wat erns openbaar en die verskuiwing behels van meer polisie na die gebiede waar bendebedrywighede floreer - polisie wat plaaslike owerhede kan help om beheer oor hul behuisingsvoorraad terug te kry. Bendes in Manenberg het inwoners byvoorbeeld f "omgekoop", f gedwing om veilige skuilplekke vir hulle te bied. Die agb Premier kan die Staatsdiens, die Kabinet en die Provinsiale Parlement aan die gang sit om regulasies te begin opstel wat die snykant sou wees van die nasionale wetgewing wat bendebedrywighede verbied, sodat ons ernstig kan begin met die inwerkingstelling van daardie wet. Die ANC eis dat ons met hierdie soort maatrel optree.

Die ANC sal oor die volgende paar dae van hierdie sessie probeer om verby die poetsery te gaan en by die besonderhede uit te kom. Die visie, soos die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid een maal ges het, is moedersmelk - ons stem almal saam dat dit goed is. Dit is die werklikheid wat ons moet hanteer.

Die agb Premier het betekenis aan daardie towerformule, abrakadabra, verleen. Hy kan nie bloot s, "Ek is die Premier van al die mense", en dan, asof met 'n towerslag, verdwyn rassisme, voel Afrikane tuis en beleef plaaswerkers dat hulle gerespekteer word nie. Beeldpoetsers werk met towerformules. Politici moet met die werklikheid werk.

Regerings kan ook nie mooiweer-regerings wees nie - ons steek ons koppe uit as die son skyn en ons trek terug as die ren begin val. Ek wil graag teenoor die agb Premier beklemtoon dat regering daaroor moet gaan dat die goeie sowel as die slegte aanvaar moet word. As hy die krediet wil opeis vir 23% van die nuwe werkgeleenthede in die land, maak hy by implikasie aanspraak daarop dat hy wel die vooruitsigte vir werk beheer. Hy moet ook, as 'n samelopende faktor, verantwoordelikheid aanvaar vir werkloosheid. Hy kan nie "mooi weer" met hierdie sake speel nie.

Hy kan nie s dat die Wes-Kaap die beste is as hy aanspraak maak op prestasies en al die stekelrige probleme in die konteks plaas van wat hy 'n nasionale agtergrond noem nie. Amilcar Cabral het gewaarsku, "Tell no lies, claim no easy victories." Die lewe in 'n globale en nasionale oorgangstydperk is so vol veranderlikhede dat hy vandag aanspraak maak op dt waarvoor hy ander gister blameer het, en omgekeerd.

Vier maande gelede het hy die nasionale Regering blameer vir stedelike terreur en die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit tereggewys omdat hy op Pagad gekonsentreer het. Gister het hy aanspraak gemaak op die oorwinning omdat Pagad-lede in die hof en in die tronk is. Verlede jaar, toe koerante probeer het om sy Regering te blameer vir traagheid in die hantering van die taxikrisis, het hy hulle na Pretoria verwys. Gister het hy die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning geprys.

Dit is hoe die wisselvalligheid van die politieke lewe nou maar is, maar ons kan nie bekostig om uitgelewer te wees aan wat beeldpoetsers wil h nie. Ons provinsie is wesenlik ongelyk. Terwyl ons praat, gaan die balju rond op die Kaapse Vlakte om mense uit hul huise te sit, en op plattelandse dorpe word HOP-huise op veilings verkoop. Ons kan nie mooiweerspeletjies speel met hierdie sake nie; ons moet die goeie saam met die slegte aanvaar.

Ons kan nie toelaat dat die hele debat oor MIV/Vigs gereduseer word tot 'n debat oor watter medikasie die beste werk nie. In so 'n debat is die groot farmaseutiese maatskappye die enigste wenners, en die verloorders is diegene wat met MIV/Vigs saamleef, en dit sal 'n indruk skep dat daar 'n geneesmiddel bestaan. Niemand ontken, en veral nie ek nie, dat daar 'n belangrike rol vir medikasie is nie, maar by gebrek aan melding van 'n verandering in lewenstyl, van gedragsveranderings en seksopvoeding kom ons met 'n eendimensionele benadering na 'n ingewikkelde probleem. Soos die mense in San Francisco en Uganda agtergekom het, l die werklike genesing in voorkoming. Dit is die geneesmiddel - die ander is noodhulp. Die Wes-Kaap, met die laagste voorkoms van MIV/Vigs in die land, sou f kon aanspraak maak op maklike oorwinnings, f 'n unieke geleentheid aangryp met ons kleiner MIV/Vigs-basis en derhalwe hopelik 'n meer beheerbare MIV/Vigs-basis in die Wes-Kaap. Ons het 'n unieke geleentheid om die lesse te leer wat spruit uit 'n program vir lewenstylveranderings. Terwyl ons geneesmiddels toets, kan ons miskien ook gedragsveranderings toets.

Mnr die Speaker, met die vooruitsig van 'n verkiesing op die verre horison glo ek dat die geleentheid daar is vir ons om te s, soos ons ges het, dat die ideale moedersmelk is; ons stem saam daarmee. Laat ons ook ooreenkom om hard te stry vir die besonderhede en die programme en die planne. Kom ons maak seker dat ons as regering in opposisie in staat is om die geleentheid aan te gryp om te verseker dat ons werk maak van die gaping tussen ryk en arm, wat die bron is van ons patologie. Kom ons probeer om ons bona fides te vestig dat dit is wat ons doen. Kom ons pak daardie sentrale uitdaging aan oor hoe om die gaping tussen ryk en arm te verklein. Kom ons gee die meeste hoop aan die armes, want dan het ons almal hoop. Die ANC is gereed om die uitdagings van transformasie in die komende sitting van hierdie Parlement die hoof te bied.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, almal het die agb Premier gelukgewens met sy 60ste verjaardag. Ek voeg graag my wense daarby. Ek wil net byvoeg dat ons hom nie binnekort afgetree wil sien nie, en dat dit redelik onwaarskynlik is, sal die agb Leier van die Opposisie aanvaar. 

Die agb Premier het gister, toe hy sy voornemens vir hierdie Regering vir vanjaar uitgespel het, nie net gepraat as die Eerste Burger van hierdie provinsie nie, maar inderdaad ook as die provinsiale Leier van die DA. As ons na die uitslag van die pas afgelope verkiesing kyk, het die DA in hierdie verkiesing in totaal 50% van die stemme in die provinsie op hom verenig, en die ANC 39% van die stemme. Die agb Premier het dus gister gepraat as die onomwonde leier van 'n party wat gedemonstreer het dat daar geen twyfel bestaan dat hulle die grootste politieke party in hierdie provinsie is nie. Die koalisieregering het dus 'n versterkte politieke mandaat van die kiesers gekry. Die enigste rede waarom daar in die DA nog melding gemaak sal word van die DP en die NNP, is omdat die Grondwet dit vereis. Feitelik is die DA een party met een toekoms, en die meeste mense in die Provinsie Wes-Kaap het aangedui dat hulle in daardie toekoms wil deel.

*Mnr die Speaker, ek is baie bly dat dit nie vandag gebeur het nie. Dit is waar dat die ANC 'n verskeidenheid baie interessante strategie gehad het en dat hulle baie hard probeer het om die koalisieregering te laat verbrokkel, maar die punt is dat hulle daarin misluk het. Hulle het ook misluk met 'n drie jaar lange veldtog om die Provinsiale Regering as rassisties en elitisties te brandmerk. Die kiesers het dit nie geglo nie.

Mnr die Speaker, ek verwelkom die vele versoenende geluide van die agb Leier van die Opposisie dat dit tyd geword het dat ons daardie debat agter ons moet plaas. Sy hele toespraak het daarvan getuig. Kom ons los die verdeeldheid in die 20ste eeu en kom ons beweeg vorentoe na die groter uitdagings waarvoor ons in hierdie eeu te staan kom. Die rassekaart is oor en oor gespeel, maar dit is getroef deur die leweringskaart; die spel het gevorder. Om die waarheid te s, die mense het vorentoe beweeg. Die uitdaging vir die leierskap van die ANC is om te wys dat hulle ook gevorder het en dat hulle nie in die 20ste eeu bly vassteek nie.

Die waarheid is dat die DA en die Provinsiale Regering, met al sy mislukkings - en ek is meer bewus van ons mislukkings as wat die agb Leier van die Opposisie is - beter lewer aan die ondersteuningsbasis van die ANC in hierdie provinsie as wat die ANC-regerings aan hul eie ondersteuningsbasisse lewer in provinsies waar hulle in die beheer is.

*Mnr C M DUGMORE: Kry end met hierdie poetsery, Hennie.

*Die MINISTER: Dit is nie poetsery nie; dit is ongelukkig die waarheid. En as die ...

*Mnr C M DUGMORE: Hoe groot is die huise in Mpumalanga?

*Die MINISTER: ... hoof beeldpoetser van die ANC, behoort die agb lid mnr Dugmore die verkiesingsuitslag 'n bietjie nader aan sy eie lyf te voel.
*Mnr C M DUGMORE: Waarom is die huise in Mpumalanga groter as in die Wes-Kaap? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die ANC het gedink dat hulle die onvervreembare reg het op die steun van die swart kiesers van Suid-Afrika. Wel, hulle het nie. Op 5 Desember 2000 het 6 uit 10 van hul ondersteuners nie na die stembus gegaan nie. Hulle sal allerlei redes daarvoor aanvoer, maar die waarheid is dat baie ANC-ondersteuners nie meer hul leiers vertrou om na hul belange om te sien nie. Hierdie Provinsiale Regering lewer en mense van ander provinsies stroom na die Wes-Kaap om van ons hospitale en ons skole gebruik te maak. Hulle word aangetrek na goeie, skoon en nie-korrupte regering wat die DA in hierdie provinsie lewer.

Mnr die Speaker, ek wil graag kom by 'n paar kwessies waaraan die agb Premier nie aandag gegee het nie. Ek wil hom weer eens gelukwens daarmee dat die eer vanjaar aan hom bewys is dat hy as die beste Premier in Suid-Afrika benoem is.

*Mnr C M DUGMORE: Vir hoeveel advertensies het hy betaal? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Vir presies dieselfde hoeveelheid as waarvoor die nasionale Minister van Finansies betaal het om as die beste Minister van Finansies benoem te word. [Tussenwerpsels.]

Meneer, onderwys is die enkele grootste en belangrikste instrument om mense uit armoede op te hef. Die agb Leier van die Opposisie is reg, soos die agb Premier uitgewys het, dat ons uitdaging is om die lewens van al die mense in hierdie provinsie te verbeter. Dit kan geen twyfel ly nie dat ons ernstig is oor die verskaffing van die beste onderwys in Suid-Afrika vir ons leerlinge, en dit ly geen twyfel dat ons die beste openbare skoolstelsel in Suid-Afrika het nie. Ons slaagsyfer is die hoogste in die land en ek wil graag die agb Minister van Onderwys met hierdie prestasie gelukwens. Maar dit is nie net in die bevoorregte gemeenskappe die hoogste nie. As 'n mens na die Sekondre Skool Elsiesrivier gaan, wat die agb Leier van die Opposisie 'n voorstad genoem het, of na die Horskool Rylands en baie van ons swart skole in die townships, sal jy sien dat hulle slaagsyfers van 80% en hor het. Dit is daar waar 'n mens eintlik diegene vorm wat die geleenthede kan aangryp om die toekoms binne te gaan.

Mnr die Speaker, kom ons kyk na werkskepping. Ja, werkloosheid is laer in hierdie provinsie as in enige ander provinsie. Ek stem egter met die agb Leier van die Opposisie saam, die werkloosheidsyfer is steeds onaanvaarbaar hoog, maar ons moet geleidelik daardie stryd begin wen. Ons erken dat ons nog baie daaromtrent kan doen. Ons is egter nie die enigste wat daarvoor verantwoordelik is nie. Die Provinsiale Regering en die plaaslike owerhede het wesenlik belangrike rolle te speel om die situasie te verbeter.

Kom ons kyk na behuising. Die agb Minister van Behuising het sedert 1994 meer as R1,8 miljard aan behuising spandeer. Tweehonderd sewe en vyftig behuisingsprojekte is gefinansier. Ons spandeer elke jaar meer as ons begroting. Die agb Minister van Behuising sal vir my s hy het in hierdie boekjaar reeds op sy begroting oorspandeer. Maar die ANC-beheerde nasionale Regering het honderde miljoene rand wat onbenut in hul Behuisingsbegroting l. Verlede jaar is 15% van die nasionale Behuisingsbegroting, wat R457 miljoen beloop, nie bestee nie. Ons kan dit baie goed aanwend in hierdie provinsie.
*As die agb Leier van die Opposisie werklik ernstig is, sal hy by my kollega aansluit - en ek nooi hom uit om dit te doen - en na die nasionale Minister van Behuising gaan en betoog vir meer geld vir hierdie Provinsie. Dan kan ons daardie stedelike vernuwingsprogramme waarvan hy praat, bespoedig.

Mnr die Speaker, as die agb Leier van die Opposisie nie vertroue in hierdie Regering het nie, dan moet hy werklik misnoeg wees oor die vertoning van die nasionale Regering. Hy sal hopelik dieselfde hoeveelheid entoesiasme openbaar wanneer hy hulle gebrek aan prestasie aanval as wat ons sien wanneer hy hierdie Regering aanval.

Laat ek by gemeenskapsveiligheid in ons provinsie uitkom. Die agb Leier van die Opposisie het weer eens hierdie belangrike aspek beklemtoon. Ek wil h dat die hele Huis ons provinsiale Verkeersdienste moet prys vir uitstekende werk wat tydens hierdie feesgety gedoen is.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ons het nie net die getal ongevalle tydens die feesgety op ons paaie verminder nie, maar daar was 'n baie beduidende vermindering in die getal mense wat in hegtenis geneem is vir bestuur onder die invloed van drank. Terwyl ons besig was om te ontspan, het hulle gewerk. Ek bedank hulle uit my hart.

Ek wil ook 'n spesiale woord van dank rig aan die Provinsiale Kommissaris, komm Lennit Max, en die bevelvoerende offisier van Taakmag Wes, genl-maj Chris van Zyl, en hul personeel vir hul geweldige bydrae. Ons het baie om voor dankbaar te wees. Die agb Premier het verwys na daardie spesifieke sake op die bustoneel en die bomtoneel. Daar wag vanjaar vir ons groot uitdagings op veiligheidsgebied. Geen hoeveelheid mooi woorde sal die feit verbloem dat ons vanjaar te staan kom voor 'n waterskeidingsjaar in ons voortgesette oorlog teen misdaad in hierdie provinsie nie.

Sedert ek beheer van hierdie portefeulje oorgeneem het, het ek my dit ten doel gestel om self te sien hoe misdaad die lewe van gewone mense raak. Ek het die Kaapse Vlakte besoek. My eerste amptelike besoek was in Khayelitsha. Ek was ook na die platteland. Ek het die tekens van lyding en smart op gesigte gesien. Toe ek Vrydag in Clarkes Landgoed was, het ek deur 'n paar straatblokke in daardie gebied gestap. In elke enkele blok was daar 'n gesin wat oor die afgelope paar weke iemand verloor het. Dit is 'n baie, baie ernstige toedrag van sake.

Ons gemeenskap smeek om geregtigheid. Hulle wil van ons almal die verbintenis h, asook van ons vredesbeamptes en polisiebeamptes, om geregtigheid te laat geskied. Dit het my wil versterk om hierdie uitdaging kaalhand te pak en nou saam te werk met sowel die nasionale as die plaaslike regerings. In die komende jaar is dit my oogmerk om voort te bou op die goeie werkverhouding wat ons met die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit en spesifiek met die nasionale Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling het.

Ek huldig al lank die mening dat slegs 'n gekordineerde en gentegreerde benadering deur die verskillende vlakke van regering, saam met al die wetstoepassingsagentskappe, daarin sal slaag om misdaad in ons land en in ons provinsie in die bek te ruk. Dit is duidelik dat munisipale polisiring 'n kernbelangrike rol sal vervul om die misdaadgety om te keer. Dit moet gedoen word in noue vennootskap met die plaaslike owerhede, wat hierby moet inval en in baie opsigte 'n leidende rol moet vervul.
Munisipale polisiring het ingevolge die wetgewing drie funksies - verkeerspolisiring, misdaadvoorkoming en die toepassing van munisipale verordeninge. Een van die groot voordele van die wetgewing is dat hulle, sodra hulle voldoen het aan die aansoek en die voorbereidings, met een pennestreep meer as 'n duisend munisipale verkeerspolisiebeamptes in die stad kan omskakel in mense wat volle vrederegterstatus het en wat 'n uitgebreide rol in veral sigbare polisiring kan vervul. Dit is 'n ongelooflike geleentheid wat ons moet aangryp om gefragmenteerde dienste te herstruktureer, om die billike herverspreiding van hulpbronne te verseker en om die misdaadvoorkomingsvermo van ons Polisiediens aan te vul.

Meneer, ek wil oorgaan na 'n saak wat die agb Leier van die Opposisie aangeraak het, wat in baie opsigte ons belangrikste prioriteit vanjaar is. Dit is die verskynsel van bendebedrywighede op die Kaapse Vlakte en regdeur die stad. Dit is waar dat baie dele van die samelewing in hierdie stad versmoor word onder 'n kombers van misdadige voorneme, waar die gesag van die Staat in baie gevalle nie meer ten volle geld nie. Daar is inderdaad, sou ek aan die hand doen, in baie opsigte 'n volskaalse stryd tussen die gesag van die Staat en die gesag van misdaadorganisasies. Dit is 'n oorlog wat ons nie kan bekostig om te verloor nie. Ons moet geen twyfel h daaroor dat dit moeiliker is om bendeverwante misdaad te hanteer as wat dit is om taxigeweld of bomaanvalle te hanteer nie. Hoe onwaarskynlik dit ook mag klink, dit is feitelik korrek vanwe die veel meer diepgesetelde aard van hierdie verskynsel.

Ons het 'n omvattende strategie nodig. Ek het die polisie oor die afgelope paar weke versoek om daardie twee of drie gebiede in hierdie stad te identifiseer wat die ergste deur bendes geraak word - nie om daardie gebiede in terme van woongebiede te identifiseer nie, maar in terme van die invloedsfere van die spesifieke bendes. Deur die koerante kan ons sleutelgebiede van Elsiesrivier, Manenberg en Mitchells Plain identifiseer. Wat ons agterkom, is dat die kernbeheer van die twee of drie belangrikste bendes en bendesindikate daar gebaseer is en hulle maak toenemend gebruik van gebiede soos Muizenberg en Seepunt as slagvelde vir hul invloed.

Ons sou dan in noue samewerking met die Regering van die Unistad 'n tweebeen-benadering skep. Aan die een kant sal die benadering wees om te doen wat die agb Leier van die Opposisie "stedelike vernuwing" genoem het. Die probleem waarom baie van daardie strategie in die verlede nie gewerk het nie, is omdat hulle probeer het om alles eensklaps te doen. Daardie strategie kan nie werk nie. Ons moet 'n leweringsmeganisme skep wat in daardie gebiede gebaseer is en dan moet die opruiming en stedelike ontwikkeling, verfwerk en opgradering van daardie behuisingslandgoedere volg. Voorts moet die werkskeppingsprogramme vanuit daardie gemeenskappe gekordineer word, en nie deur een of ander amptenaar of amptenare wat elders sit nie.

Daaraan gekoppel is die tweede been van die program, wat moet wees om die struktuur van die bende vanuit 'n sekuriteits- en polisiringsoogpunt te pak. Ons maak aanspraak op baie sukses omdat 140 of 500 bendelede in hegtenis geneem is. Dit is lofwaardig, maar dit het nie noodwendig 'n langtermynuitwerking nie, want ons kry slegs met die manskappe te doen, en nie met die generaals nie. Ons sal daarom die volle mag van die wette tot ons beskikking moet gebruik en misdaad as 'n gentegreerde en georganiseerde struktuur moet hanteer. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE EN ARMOEDEBESTRYDING: Mnr die Speaker, dankie vir die geleentheid wat aan my gebied is.
Meneer, ek wil ook my stem voeg by diegene wat die agb Premier gelukgewens het met sy 60ste verjaardag en ek wens hom ook voorspoed toe.

Dit is inderdaad vir my 'n eer om vandag in hierdie situasie hier te staan. Ek beskou myself as uiters bevoorreg om deel van die Kabinet te kon word wat sal voortgaan om van die Wes-Kaap dt te maak waarvoor dit in die land die beste bekend staan - een van die beste plekke om sake te doen en in te woon.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die agb Premier te bedank vir sy spesiale woord van verwelkoming. Ek kan hom verseker dat ek heel goed en in 'n vinnige tempo aanpas. Ek is werklik oortuig daarvan dat ek by 'n toegewyde en pligsgetroue span aangesluit het, 'n span leiers wat in staat sal wees om die probleme waarna die agb Premier in sy Openingsrede verwys het, trompop te loop.

Ek staan egter ook hier met 'n gevoel van diepe nederigheid en die besef van verantwoordelikheid. Dit is hierdie gevoel wat my dryf wanneer ek die uitdaging wat aan my gestel is, vol vertroue aanpak. Om die uitdaging aan te pak, beteken dat ek die versekering moet gee dat ek en die Kabinet van die Provinsie verstaan wat ek moet doen.

*Ek begryp die omstandighede van die armes; ek verstaan die dilemma van die slagoffers van mishandeling, soos die agb Leier van die Opposisie ges het, en die probleme van die gemeenskap; die straatkinders; die enkel moeders en die ouerlose kindertyd waarin baie kinders van hierdie provinsie moet grootword; die gestremdes en die uitwerking van MIV/Vigs op mense in die algemeen, maar veral op kinders en die armes, om maar net 'n paar van die benarde omstandighede van ons gemeenskap te noem waarvoor ons begrip en opregte medelye moet h, soos die agb Leier van die Opposisie tereg ges het.

Die departement moet aandag gee aan 'n op hande synde situasie waar mense wat sekere toelaes en hulpverlening van die Staat ontvang het, met ingang van die einde van die boekjaar op 31 Maart 2001 as gevolg van veranderinge in beleid of 'n tekort aan hulpbronne die enigste maandelikse onderhoud sal verloor wat hulle tot dusver ontvang het. Dit, soos ons almal weet, sal 'n oproer in die gemeenskap veroorsaak en sal meer as 70 000 mense in die Wes-Kaap raak, om nie eens van die deurdra-effek te praat wat sodanige besnoeiing aan toelaes sal veroorsaak nie. Moeders, kinders en die gestremdes wat uiters afhanklik van staatshulp was en dit in die toekoms ook sal wees, sal nie meer sodanige bystand ontvang nie. Dit is derhalwe ons plig en voorneme om proaktief 'n veiligheidsnet te skep waarbinne hierdie mense 'n mate van alternatiewe bystand binne die werksaamhede van die departement kan ontvang. Daar is reeds met hierdie proses begin en ons sal op 'n daaglikse grondslag met die betrokke individue en gemeenskappe werk om die noodtoestand te verlig en te hanteer.

Dit is die visie van die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding om, waar moontlik, 'n selfonderhoudende samelewing te bewerkstellig. Dit is beslis 'n ambisieuse visie, gemeet aan die enormiteit van die probleme in die gemeenskap en die beskikbaarheid van hulpbronne.

Dit is verder 'n feit dat die probleem in groot gedeeltes van die provinsie tans vererger word as gevolg van die nadelige effek van die droogte op sekere kernindustrie in die provinsie. 'n Groot aantal huishoudings word ernstig geraak deurdat hul tradisionele bronne van inkomste verdwyn omdat daar nie meer genoeg werk is nie. In baie van die gemeenskappe waar armoede en die gepaardgaande maatskaplike probleme reeds bestaan het en hoogty gevier het, kan dit die probleme vererger. Di situasie sal ernstig aandag geniet, want dit sal verdere druk op beperkte hulpbronne plaas. Ek is egter oortuig dat die departement reeds die sleutelstrategie gereed het om hul visie te verwesenlik. Al die nodige elemente van die bestuursplan is reeds in detail geboekstaaf.

*Mnr die Speaker, ondervinding is egter die beste leermeester. Vir my sal die klem l op die sleutel meetbare oogmerk van hierdie strategiese plan, want dit is waar die uitwerking op die gemeenskap gemeet kan en sal word en sigbaar is. Hierdie sleutel meetbare oogmerke poog om alle vlakke van die samelewing te bereik en deur al die verskillende gemeenskappe te strek. Dit vra toewyding en uithouvermo van die betrokke personeel en dit sal die kundigheidsvlakke toets van elkeen wat betrokke is.

Die departement het sy eiesoortige probleme en baie van hulle is in die openbare oog vanwe die aard van hierdie probleme. Dit is een departement hierdie wat nie kan optree en nie deur die samelewing raakgesien word nie. Wat die departement ook al doen, het 'n direkte gevolg vir die gemeenskap daar buite. Dit is iets wat sigbaar is vir die mense van die provinsie.

Mnr die Speaker, uiteindelik moet ons ernstig wees oor die dag-tot-dag-belewenisse van diegene wat deur die verskriklike gevolge van die situasie waarin hulle hulself bevind, geraak word.

Ons weet ook dat sover dit die maak van 'n verskil in die lewering van maatskaplike dienste en armoedebestryding betref, 'n groter uitwerking gesien sal word op die res van die gemeenskap, wat van die Wes-Kaap 'n selfs aanlokliker toeristebestemming sal maak en selfs 'n beter atmosfeer sal skep vir handel en beleggings en uiteindelik die lewensgehalte van elkeen wat in hierdie provinsie woon, sal verhoog.

Mnr die Speaker, ek wil daarom prakties wees. Ek wil meetbare vordering h en ek wil h dat al die mense wat verligting en bystand nodig het, die verskil moet ervaar of ten minste moet weet dat daar 'n agentskap is wat daardie verskil dringend wil bewerkstellig in samewerking met hulle. Mense moet weet dat indien hulle om maatskaplike verligting of maatskaplike bystand of 'n pensioentoelae aansoek doen, dit nie 'n wagtydperk van twee jaar sal behels nie. Ons moet in staat wees om dit binne 'n redelike tydperk aan hulle te verskaf.

Vir die armes, die gestremdes en die bejaardes kan een dag 'n leeftyd beteken as hulle een dag langer moet wag vir 'n pensioen. Daarom moet die departement doeltreffend wees in hoe hy die aansoeke om maatskaplike verligting en pensioenaansoeke administreer en bestuur.

Mnr die Speaker, ons moet egter almal aanvaar dat Rome nie in een dag gebou is nie, maar ons moet ook die feit aanvaar dat die mense dit kon sien groei terwyl dit in aanbou was. Ek het 'n dringende behoefte om groei, ontwikkeling en vordering in die Provinsie te sien in die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding. Ons gee erkenning aan hierdie aanvanklike stappe en die aanvangswerk wat reeds deur my voorgangers bereik en gedoen is.

Ek en die departement wil graag hierdie geleentheid gebruik om elke amptenaar te bedank vir die werk wat reeds gedoen is. Dit is sekerlik openbare kennis dat die kanse dat 'n aansoek om bystand in 'n redelike tydperk verwerk sal word, in hierdie provinsie baie beter is as in enige ander provinsie in Suid-Afrika. Baie inisiatiewe is reeds geloods sover dit selfhelp-projekte betref. Baie skeppende idees het gelei tot die mees fantastiese bewyse van mense wat 'n geleentheid gekry het om hulself te verbeter, met hulp en bystand van die departement en, natuurlik, ander staatsdepartemente.

Mnr die Speaker, daar is al dikwels voorheen ges dat strategie sonder optrede bloot strategie sal bly. Ons moet optree ten opsigte van alle strategie wat ons op die tafel plaas sodat dit verwesenlikbare drome vir die mense van die Wes-Kaap kan word.

Dit is hoe ek my taak sien. Ek wil toesien dat die strategie prakties uitgevoer word. Ek wil graag die klem laat val op effektiewe dienslewering en die praktiese bestryding van armoede en die verligting van die bestaande nood waar dit 'n verskil kan maak.

*Mnr die Speaker, in hierdie opsig is dit belangrik om daarvan kennis te neem dat ondanks die feit dat ons elke individu se mense- en grondwetlike regte erken en dat ons sal poog om aan elke individu te gee wat hom of haar ingevolge die Wet op Maatskaplike Bystand toekom, ons bystand gemik is op die gemeenskap as geheel, en ons spesifieke projekte - huidiges sowel as di wat ons in die toekoms sal ondersteun - eerder daarop gemik is om ons mense te leer om vis te vang as om vis aan hulle uit te deel. Ek dink dat dit die motivering is agter die beindiging van die toelaes, dat die Staat wil h dat ons ons mense moet aanmoedig om betrokke te wees by onderrig om hulle in staat te stel om vir hulself te werk.

Mnr die Speaker, in my tradisie het ons 'n stamteken wat s, "Hy wat homself help, sal ook gehelp word." Ek dink dit is wat die Wes-Kaapse Regering moet poog om te doen - om diegene te help wat gehelp wil word en ook iets omtrent hul eie lot wil doen.

Dit beteken verder dat diegene wat dienste ontvang en aan wie hulp verleen word, met die nodige empatie behandel word. Ek stel myself diensbaar om toe te sien dat daar vordering met die strategie gemaak word, maar nog meer, dat die strategie aksies word en dat al die beskikbare hulpbronne maksimaal en deurdag aangewend word in spesifieke prioriteitsareas. My deur staan vir almal oop. Ek nooi almal uit om my bewus te maak van die probleme waarvan ek moontlik nog nie bewus is nie. Dit is my strewe om in die gees van direkte betrokkenheid en met onmiddellik aksies elke probleem met 'n gesindheid van dringendheid en met 'n doel om 'n oplossing te vind, aan te pak.

*Mnr die Speaker, wat hulpbronne betref, gee ons toe dat ons nogal vir 'n groot gedeelte van die provinsiale Begroting verantwoordelik is, maar ek kan die Huis daarvan verseker dat ons veel meer nodig het om ons doelwitte te verwesenlik. Die Begroting is redelik groot, maar ek is daarvan oortuig dat ons ons bes moet doen om te kyk of ons nie alternatiewe metodes kan kry om ons arm gemeenskappe te help om hulself te onderhou met die verskillende veeldoelige gemeenskapsentrums waar mense in verskeie vaardighede opgelei en onderrig word en wat deels deur skenkerlande en skenkeragentskappe gefinansier word nie.

Dit sal ook nodig wees om voort te gaan met die smee van bande met die internasionale agentskappe en uit die ondervindings te leer en idees uit te ruil. Baie vrugbare verhoudings bestaan reeds met internasionale vennote en ons wil ook hul deelname in die Wes-Kaap erken, maar ons sien veel meer geleenthede en ons wil begin om op ons eie sakesektor 'n beroep te doen om moontlike samewerking in 'n poging om ons eie gemeenskappe in die Wes-Kaap te bemagtig.

Die Wes-Kaapse Provinsiale Regering het getoon dat 'n doeltreffende regering 'n verskil kan maak. Hulle het ook getoon, en die agb Premier het dit weer ges, dat die Regering 'n regering vir al die mense van die Wes-Kaap is. [Tyd verstreke.]

Nksz N C PHENDUKA: Somlomo, mandithabathe eli thuba ndinqwenelele iNkulumbuso yephondo nawo onke amalungu eNdlu unyaka omtsha ozele ngamathamsanqa kumsebenzi wawo abanyulelwe wona ngabantu. [Mnr die Speaker, ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die agb Premier van die Provinsie en al sy LPPs 'n gelukkige en voorspoedige nuwe jaar toe te wens, en voorspoed met die werk wat hulle verkies is om te doen.]

*Mnr die Speaker, in die 20 maande sedert die 1999-verkiesing het ons gekonsentreer op die bou van 'n nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en verenigde provinsie. Ek wil reageer op iets wat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid ges het. Hy het ges, "Ons moet vorentoe beweeg." Ek stem saam; ons wil vorentoe beweeg, maar ons moet die werklikhede op grondvlak hanteer. Ons betwis dus wat die agb Premier in sy Openingsrede ges het, want dit het nie gekonsentreer op die baie groot ongelykhede van ons provinsie nie.

Die agb Premier het gepraat oor die verbintenis van die Regering tot werkskepping, die bespoediging van lewering en 'n beter lewensgehalte vir al die mense van die Wes-Kaap. Hierdie verbintenis sal slegs raakgesien word as, byvoorbeeld, skole soos die Horskool Uxolo, die Horskool Matthew Goniwe en die Horskool Mayibuye nie hul toevlug hoef te neem tot die gebruik van laboratoriums as klaskamers omdat daar geen laboratoriumtoerusting vir wetenskaponderrig is nie. Niemand moet vra oor watter gebiede ons praat as ons van die 80%-slaagsyfer praat nie!

Mnr die Speaker, die verbintenis van die Regering sal verder raakgesien word as 'n ondersteuningstelsel daargestel is wat die mense wat van die ondersteuningstoelaestelsel uitgesluit is, in staat sal stel om te oorleef; as die mense in K-seksie, Khayelitsha, Site C, asook die mense in Uitsig en Elsiesrivier - wat nog steeds plak - toegang het tot grond en huise om hulle in staat te stel om 'n beter lewe te lei; en as die Burgemeester van die Unistad besluit het om sy verkiesingsbeloftes na te kom en 'n basiese hoeveelheid gratis water en ander dienste aan die armes verskaf. As ons op kwessies van hierdie aard konsentreer, sal ons die lewensgehalte van die mense in die Wes-Kaap verhoog.

Mnr die Speaker, die verbintenis deur die Regering sal voorts raakgesien word as mense nie weggestuur word sonder om mediese behandeling te ontvang nie; nie in lang toue by die hospitale hoef te staan nie; die tekort aan personeel in die Khayelitsha Daghospitaal en die Guguletu Kliniek aandag kry; en as die ekonomiese groei waaroor die agb Premier praat, vir elke burger tot voordeel strek en nie bloot iets is wat op papier geskryf is nie. Hierdie kernbelangrike sake kan nie bloot deur goeie politieke toesprake aandag geniet nie; hulle het goeie strategie, beplanning en toewyding nodig.

Die toespraak van die agb Premier het nie werklik aan vroue, die jeug, die bejaardes en die gestremdes geraak nie. Ek is bekommerd oor hierdie portefeulje. Sedert verlede jaar is hierdie portefeulje oor en oor van die kassie na die muur gestuur. Niemand is werklik besorg oor hierdie sake nie. Ek weet nie of ons in die Wes-Kaap werklik bekommerd is oor die bejaardes en die vroue van hierdie provinsie nie.

Ten slotte, mnr die Speaker, wil ek die agb Leier van die Opposisie graag bedank vir die verskaffing van die infrastruktuur in die Michael Mapongwuana Hospitaal en omdat hy die risiko aanvaar het om die AZT-program in te stel toe hy nog die Minister van Gesondheid was. Ek wil die nasionale Minister van Gesondheid ook gelukwens met die instelling van 'n loodsstudie; dit sal ons help. Ons sien uit hierna en hoop dat dit goeie resultate sal lewer.

Mnu M HOZA: Somlomo, ndingqinelana nentetho eyenziwe apha yiNkulumbuso izolo xa ibivula le Ndlu yoWiso-mthetho. INkulumbuso ithethe ngezinto ezininzi ekufanele ukuba zenzeke nejonge ukuzenza. Ikhankanye namapolisa kamasipala anokuthi ancede kwiindawo esihlala kuzo. Leyo yenye yezinto ezibalulekileyo empilweni yethu.

Kwiindawo esihlala kuzo kukho iindawo ezinjengezimokolo, ezingunobangela wokufa kwabantu kuba akukho bantu bajongene nazo, ... [Uwele-wele.] ... ngakumbi e-Site C, njengoko ilungu lisitsho.

Eyona njongo ibalulekileyo yeNkulumbuso kukuba iphondo leNtshona Koloni liphucuke ukuze abantu bakwazi ukuxhamla. Okuninzi okwenziweyo sele kubonakala ebantwini. Kukho nendawo yokungcakaza endiqondayo ukuba kukho amawaka-waka abantu abasele bexhamla kwimisebenzi ebonelela ngayo. Leyo ke yinto ebalulekileyo nencomekayo xa ubani esebenzela uluntu.

Abantu baseMzantsi Afrika sele balahla ithemba ngenxa yezithembiso ezininzi ezingade zifezekiswe. Akwaba bekungenzeka ngokwemibono yeNkulumbuso khon' ukuze ezi zinto ithethe ngazo zibe nokwenzeka, ukuze abantu babe nokuxhamla. Abantu balindele ukuxhamla, abalindelanga ezinye izinto.

Ngokwentetho yesiXhosa ithemba alibulali, koko liyadanisa. Abantu baseMzantsi Afrika badanile kuba babecinga ukuba babeya kuba bexhamla ngeli thuba, kodwa ngoku ndinalo ithemba.

ILUNGU ELIHLONIPHEKILEYO: Abakaxhamli! [Uwele-wele.]

Mnu M HOZA: Abakaxhamli, kwaye akukho themba lokuba bangaze baxhamle ukubangaba iinkokeli zeli phondo azina kucinga ngabantu zize zifezekise iimfuno zabo.

Xa ubani ejonga kwamanye amaphondo, alikho iphondo elifana neli ngendlela elenza ngayo imisebenzi ebonakalayo emehlweni abantu. [Laphela ixesha.]

(Vertaling van isiXhosa-paragrawe volg.)

[Mnr M HOZA: Mnr die Speaker, ek ondersteun die toespraak wat deur die agb Premier gemaak is toe hy gister hierdie Provinsiale Parlement geopen het. Die agb Premier het oor verskeie sake gepraat wat moet gebeur en dinge wat hy van voorneme is om te doen. Hy het melding gemaak van die munisipale polisie wat sou kon help in ons gemeenskappe. Dit is een van die belangrikste sake in ons gemeenskappe.

Ons het goed soos sjebiens in ons gemeenskappe, en partykeer lei dit daartoe dat mense doodgaan, want daar is niemand om hulle te beheer nie, ... [Tussenwerpsels.] ... veral in Site C, soos een agb lid ges het.

Die belangrikste oogmerk vir die agb Premier is dat die Provinsie Wes-Kaap moet ontwikkel sodat mense die vrug van sy ontwikkeling kan pluk. Mense kan reeds sien wat tot dusver gedoen is. Daar is 'n casino waar, soos ek verstaan, duisende mense reeds in diens geneem is. Sulke prestasies deur openbare verteenwoordigers is baie belangrik en moet geloof word.

Baie Suid-Afrikaners het mismoedig geraak as gevolg van die baie le beloftes. Ek hoop en bid dat die agb Premier se wense uitgevoer sal word, sodat al die sake waaroor hy gepraat het, behaal kan word, sodat mense die vrug daarvan kan pluk. Mense wag vir lewering; niks anders nie.

Daar is 'n Xhosa-spreekwoord wat lui, "Dit is nie die einde van die wreld nie." Suid-Afrikaners is teleurgesteld omdat hulle gedink het dat hulle teen hierdie tyd die vrug van ontwikkeling sou geniet, maar nou koester ek 'n sterk hoop dat dit sal gebeur.

'n AGB LID: Hulle het nog nie! [Tussenwerpsels.]

Mnr M HOZA: Hulle het nie, en daar is geen hoop dat hulle dit ooit sal doen as die leiers van hierdie provinsie nie mense eerste stel en aan die behoeftes van die mense voldoen nie.

As ons na ander provinsies kyk, sien ons dat geen ander provinsie soos hierdie provinsie lewer wanneer dit by tasbare projekte kom nie. [Tyd verstreke.]]

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, die Provinsiale Parlement is geopen en die Premiersrede is weer eens gelewer. In Waalstraat, op die trappe voor die gebou en in di Huis spesifiek, het daar, soos dit vandag ook die geval is, 'n banier in sig van ons almal gehang. Op hierdie banier staan geskrywe: "Wes-Kaap gevaarlikste provinsie om in te woon weens ho misdaadvlak. Die hoogste vlakke van misdaad kom in die Wes-Kaap voor."

Hierdie banier hang uitgestrek teen 'n agtergrond van ons mense se dag tot dag loop en leef, veral in die townships en op die Kaapse Vlakte - 'n lewe van moord, doodslag, verkragting en so baie ander tipes misdaad; 'n lewe van weinige, indien enige, waarborg.

Hierdie banier hang teen 'n agtergrond van 'n Premier wat by geleentheid self vir 'n periode van twee jaar vir ons veiligheid in die Wes-Kaap verantwoordelik was. Hierdie banier hang teen 'n agtergrond van 'n Premier wat reeds sedert 1994 deel van die Wes-Kaapse Regering is, en in 'n uiters dominante hoedanigheid.

Hierdie banier hang ook teen 'n agtergrond van, "Hang Murderers and Rapists", "No Mercy for Criminals", "Nail them, jail them", en, "Vat Misdaad Vas". Mnr die Speaker, wat die banier te kenne gee, is inderdaad ook as waarneming bevestig in die meningspeiling wat die RGN by geleentheid verlede jaar gedoen het. Die status van "gevaarlikste provinsie" is in die agb Premier se ampstermyn en in die tyd van die NNP/DP-koalisie, of onder DA-beheer - noem dit wat agb lede wil - bereik. Dit is bereik ten spyte van, "Hang Murderers and Rapists", "No Mercy for Criminals", "Nail them, jail them", en, "Vat Misdaad Vas".

Op die agb Premier word 'n beroep gedoen om hoop te gee en om beloftes te vervul, om te s dat daar hoop vir die toekoms is en om te s dat die val van Nadia von Willingh, Jacqueline Smit, Valencia Farmer, Basie Herman, Jordenia Sampson, Bertie Louw en die vele ander inderdaad nie verniet was nie. Dit is immers die agb Premier wat praat van "integrity in political leadership" en "leaders they can believe in", en wat s, "it is our duty to provide the people of the Western Cape with such leadership". Die vraag word vandag pertinent gestel: word hierdie leierskap inderdaad gedemonstreer?

Mnr die Speaker, voordat ek verder gaan, wil ek graag die agb Premier in sy afwesigheid daarop wys dat sy aanstelling van die agb lid mnr Bester as die Minister van Gemeenskapsveiligheid nog nie sy eerste verjaardag gesien het nie. Hy hou nog nie sy pos vir 'n jaar of langer nie. Ek is derhalwe verstom dat die agb Premier in sy Openingsrede te kenne wou gee dat dit anders is, en ek verwys na bl 3 van sy gedrukte toespraak. Miskien voel hy onder druk, miskien is dit die magsverhouding tussen hulle twee, of miskien is dit die geval dat de jure teenoor de facto nie te lekker uitwerk nie. Hoe dit ook al sy, gegewe die feit dat die agb Premier in sy Rede veral sterk gesteun het op die kwessie van integriteit, is dit belangrik dat hy, veral as hy toesprake lewer, integriteit moet uitdra en ons nie moet mislei nie.

Ek het my probleme met oud-Minister Wiley gehad, maar om hom vroer uit te skop as wat hy as Lid van die Provinsiale Parlement gedien het, was nie billik nie, veral nie as daar op integriteit geroem word nie.

Ek moet egter s dat die aanstelling van die huidige Minister van Gemeenskapsveiligheid in 'n mate daartoe bygedra het om 'n einde te maak aan wat ek "die Mark Wiley-sindroom" noem. Dit is 'n sindroom van almal behalwe homself blameer en van almal behalwe hy het 'n rol te speel. Dit is net jammer dat dit so laat gekom het. Kosbare tyd is in die proses afgestaan, en misdadigers is onnodige vryheid en onnodige ruimte gebied. Dit alles het gebeur in die agb Premier se ampstermyn. As hierdie Regering maar net vroer beter erns aan die dag kon l!

Mnr die Speaker, dat die agb Premier in sy totale relaas slegs drie rels aan die bendeprobleem gewy het, skree ten hemele. Dit is 'n skreiende skande, gegewe die omvang en die impak van hierdie probleem. Wat hy daaroor te s gehad het, is in elk geval niks nuuts nie. As ek Elsiesrivier, Manenberg, Bishop Lavis of Dysselsdorp toe gaan, moet ek herhaal wat reeds ses jaar gelede en ook verlede jaar ges is: die plan kom nog. Ek moet s dat die agb Premier twee jaar lank die Minister van Polisiediens was, en dat die plan nog kom. Ek moet ook s dat die agb Premier nou reeds meer as 'n jaar lank die Premier is, en dat die plan nog kom. Ek moet verder s dat die Provinsiale Kommissaris van Polisie nou reeds ongeveer 'n jaar gelede aangestel is, en dat die plan nog kom. En dan praat ons van, en ek haal die agb Premier aan:

Ons mense eis tereg integriteit van politieke leierskap. Hulle wil leiers h waarin hulle kan glo.

Nee, ons moet nou ernstig word. As ek daardie verhaal vertel, word die storie van leiers in wie ons kan glo baie sterk onder verdenking geplaas. Maar nou-ja, dit is die agb Premier.

Mnr die Speaker, ek wil tog daarop wys dat ons, wat die bendeprobleem betref, nie weer die oefening moet deurgaan van die wiel van vooraf uitvind nie. Bendes bestaan dekades lank. Bendes is lankal deel van ons bestaan. Baie kennis is al omtrent bendes en hul bedrywighede opgedoen. Baie pionierswerk is reeds afgehandel. My versoek is derhalwe, put daaruit en stel 'n daadwerklike program in wat daarop gemik is om bendes sistematies met wortel en tak uit te roei. Die tyd van beloftes maak is verby. Die tyd vir net praat is verby. Die plan moet nou kom en daadwerklike aksie moet volg.

Meneer, ek wil verder vra dat hierdie aksie nie uitsluitlik die verantwoordelikheid van 'n staatsinstelling sal wees nie, maar dat instansies soos NIMRO, die Western Cape Anti-Crime Forum, buurtwagte, polisieforums, Mothers Against Crime en ander soortgelyke organisasies betrek moet word. Ek versoek dat dit 'n ware volksinisiatief sal wees. "Ontwikkel wye besit, ontwikkel wye betrokkenheid", dit is die kreet wat die ANC voortdurend sal uitdra.

Mnr die Speaker, ek wil aan die agb Premier en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid s dat ons uit die rat moet kom waarin daar van jaar tot jaar met die feesgety gou geld beskikbaar gestel word vir 'n Slaan Misdaad Hok-veldtog. Ons kan werklik nie reken dat ons so misdaad op die beste moontlike manier aanspreek of bekamp nie. Ja, toeriste moet beskerm word. Ja, miskien moet met hulle blad geskud word op die strande. Maar, dit is eweneens belangrik om die mense van die Wes-Kaap te beveilig. Ons programme en ons aksies moet daarop rig word.

Ek het gehou van wat ek gehoor het toe die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ges het ons moet prakties wees en mense moet die verskil voel. Miskien is dit die boodskap vir almal van ons, maar veral vir die agb Premier en vir die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid.

Mnr die Speaker, ek wil verder daarop wys die Provinsiale Kommissaris van Polisie nou reeds ongeveer 'n jaar gelede aangestel is. Waar is sy plan en wat is sy plan? Op grond van ons ervaring skiet die misdaadsyfer eenvoudig die hoogte in. Die Provinsiale Kommissaris van Polisie is teenoor hierdie Huis rekenpligtig. Ek wil dit vir die agb Premier en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid beklemtoon dat ons in hierdie opsig sekere verantwoordelikhede geniet. Die golf van misdaad moet gestuit word. Die Provinsiale Kommissaris van Polisie moet verantwoordbaar gehou word. Ons kan nie meer s dat ons nog op die Provinsiale Kommissaris van Polisie wag nie; hy is aangestel. Ons het hom gevind en ons moet sy plan kry.

Ek wil vandag namens die ANC voorstel dat die Provinsiale Kommissaris van Polisie drie maande gegun moet word om die gety te laat draai. As hy dit nie regkry nie, moet ons weet waarom hy dit nie kon regkry nie en ons moet weet wat ons daaromtrent gaan doen. As ons nie ons aksies en ons doen en late op daardie manier gaan rig nie, gaan ons aanhou mistas, soos wat ons plek-plek al redelik ernstig misgetas het, veral onder die leiding van Oud-Minister Wiley.

Mnr die Speaker, ek moet verder ook daarop wys dat die inisiatiewe wat onlangs geloods is na sekere misdadige bedrywighede langs die N2, verwelkom word. Wat ek egter moet byvoeg, is dat ons op dieselfde manier sterker in ons woongebiede, in die woongebiede op die Kaapse Vlakte en in die townships, die gevoel by die mense moet laat posvat dat hulle veilig is en dat hulle inderdaad beveilig word. Ons mense in daardie gebiede moet dieselfde soort passie ondervind en aksie sien wat langs die N2-snelweg te bespeur is.

Gereelde patrollies in die gebiede waar misdaad die meeste voorkom, is vanselfsprekend 'n moet. In hierdie verband kom die verspreiding van bronne natuurlik pertinent na vore. Bronne moet volgens die bestaande behoeftes prioriteitsgewys versprei word, en wel na die gebiede waar misdaad die meeste voorkom. Seepunt kan nie langer meer gepatrolleer word as Elsiesrivier nie. Ons kan nie, soos wat daar op Villiersdorp beweer word, die situasie h waar slegs dorpe gepatrolleer word nie. Dit is 'n spesifieke uitdaging waarop die Regering sal moet reageer, en ek s dit weer eens in die afwesigheid van die agb Premier, maar in die teenwoordigheid van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid.

As dit nie gebeur nie, sal 'n goeie geleentheid soos di met die N2 niks anders as politieke opportunisme veronderstel nie. Ons moet gelyke en regverdige dienslewering kry. Die agb Premier, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid en die Provinsiale Kommissaris van Polisie sal hul plan aksiegewys moet rig. Die tyd van grootpraat, foto's en blad skud is verby. Ons hand moet gevoel word, en die misdadiger moet daardie hand voel. Ons moet die implementering van plan, program en aksie duidelik waarneem. Dit moet met stukrag gedryf word en goed gemoniteer word.

Daar sal ook ernstig gedink moet word oor die aanstelling van 'n swart Provinsiale Adjunkkommissaris van Polisie. Die Wes-Kaap het steeds nie 'n Provinsiale Adjunkkommissaris van Polisie nie. Die ANC wil vandag di uitdaging aan die agb Premier rig, en deur hom aan die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid. Ons daag die agb Premier uit om daadwerklik te wys dat hy die Premier van almal in hierdie provinsie is, soos wat hy dit self stel. Niemand in die Provinsie Wes-Kaap moet uitgesluit voel nie. 

Mnr die Speaker, ek wil vervolgens kortliks verwys na die moniteringskameras en die uitbreiding van die program. Ek wil die punt maak dat die tyd vir moniteringskameras op die grense van die townships verby is. Dit het tyd geword dat die moniteringskameras ook in die townships aangebring word, want dit is waar misdaad die ergste gevoel word. Ons moet moniteringskameras in Guguletu laat installeer, en so ook in Khayelitsha, Bishop Lavis en Elsiesrivier. Ons kan nie die verskoning gebruik dat daar nie geld vir moniteringskameras is nie. Ons kon moniteringskameras langs Vanguard-rylaan laat installeer met die hulp van die besigheidsektor, en so ook in die sakekern van Kaapstad. Ons moet ook deur middel van proaktiewe optrede dieselfde soort vennootskappe vir die ander gebiede probeer vestig, veral die gebiede waar misdaad die ergste voorkom.

Mnr die Speaker, ek wil ook kortliks verwys na wat die agb Premier as "'n munisipale polisieteenwoordigheid" beskryf. Ek wil hom pertinent vra wat presies hy met "'n munisipale polisieteenwoordigheid" bedoel. Is dit overblindery? As 'n ANC-lid hierdie aspek in 'n toespraak genoem het, sou hy/sy dit "'n munisipale polisiediens" genoem het. As dit is wat die agb Premier bedoel, moet hy dit s. As hy 'n probleem met taal het, kan hy hulp kry, maar die bedoeling moet duidelik oorgedra word.

Ons volk skree daar buite. Ons moet die boodskap van hoop uitdra, anders is daar 'n probleem. Ons soek 'n daadwerklike verbintenis en toegewydheid tot hierdie saak. Trouens, dit was die verkiesingsbelofte van die agb Premier en van die DA. As hy nou vinnig wil omswaai, moet hy omswaai, maar dan sal die volk daarvan moet hoor.

Mnr die Speaker, die laaste twee punte wat ek wil uitlig, is die bomplantings en die taxigeweld. Ek vind dit jammer dat die agb Premier nie erkenning gee waar erkenning gegee moet word nie. Agb lede weet dat die nasionale Regering in beide kwessies 'n sterk rol gespeel het in die aanspreek en die oplos daarvan. Ek kan net 'n paar voorbeelde noem. Ons sien nou gespesialiseerde prokureurs. Sekere bronne is beskikbaar gestel, wat ons rigting gegee het rakende die terreur en die bomplantings. Die inisiatief om die Nasionale Adjunkkommissaris van Polisie, Andr Pruis, voltyds na hierdie Provinsie te sekondeer om in samewerking met andere aandag aan die taxiprobleem te gee, was 'n nasionale inisiatief. Agb lede is bewus dat baie van hierdie operasies intelligensiegedrewe operasies was. 'n Mens kan nie noodwendig te veel hieroor s nie, maar vir die agb Premier om bloot te s dat dit as gevolg van die toetrede van die Wes-Kaapse Regering is dat ons hierdie suksesse kon behaal, kom 'n persoon van sy statuur nie toe nie, veral nie as hy roem op die kwessie van integriteit nie.

Meneer, ek gaan nie lank uitwei oor die rol van die Skerpioene nie. [Tyd verstreke.] 

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, laat my toe om ook my stem te voeg by diegene wat die agb Premier met die herdenking van sy 60ste geboortedag geluk gewens het. Ons vertrou dat die nuwe lewensjaar vir hom voorspoed en geluk sal inhou.

Mnr die Speaker, wanneer ons praat oor die geweld in ons provinsie en in ons land, mag dit onder geen omstandighede plek of ruimte laat vir afbrekende kritiek, vir snedige opmerkings en in sommige gevalle selfs beledigende opmerkings nie. Ons moet dan te alle tye koelkop bly en wedersyds gedagtes uitruil, juis om daardie sfeer van geweld te bekamp.

*Mnr die Speaker, dit is inderdaad 'n eer om deel te neem aan die debat oor gister se Openingsrede van die agb Premier in die Parlement. Ek wil die agb Premier graag gelukwens met die toegewyde leierskap wat hy tydens sy Openingsrede vertoon het. Meneer, al wat ek kan s, is: wat 'n Provinsie! Wat 'n Kabinet! Watter manjifieke leierskap! Wat 'n Parlement! Wat 'n formidabele en toegewyde Staatsdiens!

Wat ons gister gehoor het, spreek van toewyding, van vasbeslotenheid, van verbintenis, van visie, van sorg, van inspirerende spanwerk, van sukses, van dissipline, van fiskale dissipline en doodgewoon van harde werk; ja, dit spreek van tyd wat aan werk bestee word. Daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie. Slegs harde werk bring sukses voort, en die soort sukses waarop 'n Premier, 'n Kabinet, leierskap en 'n parlement trots kan wees.

Mnr P C MCKENZIE: En die volgende ... [Onhoorbaar.]

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, die uitdrukking, "le blikke maak die meeste geraas", is tog so waar.

Mnr die Speaker, die aankondiging dat daar nog meer gefokus gaan word op plattelandse ontwikkeling word verwelkom.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, hierdie aankondiging is met groot waardering deur plattelandse gemeenskappe ontvang. Dit is 'n riem onder die hart dat hierdie Regering hom daartoe verbind het om veral geleenthede vir plaaswerkers en hul kinders te skep, en om te verseker dat die plase produktief en winsgewend bly. Wanneer plase nie meer produktief en winsgewend is nie, en wanneer plase as gevolg hiervan van eienaars verwissel, is dit dikwels die plaaswerkers en hul kinders wat aan die kortste end trek.

In hierdie verband wil ek die agb lid me Rossouw bedank. Sy wend in samewerking met van haar raadslede daadwerklik pogings aan om sulke praktyke te ondersoek en aan te spreek sodat die plaaswerkers nie aan die kortste end hoef te trek nie.

Mnr J P GELDERBLOM: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Plaaswerkers is die sout van die aarde. Dit is 'n jare lange versugting dat daar net vir hulle en hul kinders geleenthede geskep moet word. Hulle sal met die nodige ondersteuning en bystand 'n sukses van sulke geleenthede maak. Plaaswerkers dra 'n baie belangrike deel by tot die ekonomie van die provinsie. Plaaswerkers is trotse mense. Hulle het ook emosies. Hulle het ook ideale. Hulle wil nie net stemvee wees nie. Hulle het ook aspirasies.

*Mnr die Speaker, die agb Premier beoog ook om die aspirasies van plaaswerkers te bevorder as hy in sy Openingsrede s, en ek haal aan:

Daar is nie een mens in ons provinsie wie se aspirasies ek nie alles in my vermo sal doen om te bevorder nie.

Ek bring hulde aan die agb Premier vir hierdie inspirerende verbintenis.

Meneer, plaaswerkers wil doelmatige behuising met basiese geriewe h. Hulle wil h hul kinders moet opleiding ontvang sodat hulle die hoogste moontlike sport kan bereik. Hulle is hardwerkend en lief vir hul werk. Hulle is verantwoordelik en voer hul take nougeset uit.

Mnr die Speaker, ek wil 'n beroep doen dat daar daadwerklike pogings aangewend moet word om aan ons plaasmense 'n veilige omgewing te bied, en dat alle politieke partye in hierdie Huis sulke inisiatiewe sal steun en nie sal toelaat dat individue met duistere agendas 'n wig tussen werkgewers en plaaswerkers indryf om sodoende goeie verhoudinge te versteur nie. Ons almal in hierdie Huis het die verantwoordelikheid om te verseker dat niks die skepping van hierdie geleenthede vir plaaswerkers en hul kinders, waarvoor die agb Premier hom beywer, sal bedreig nie.

*Maar, meneer, net Maandag het die nasionale Minister van Arbeid 'n uitspraak gemaak wat juis die skepping van hierdie geleenthede vir plaaswerkers en hul kinders kan bedreig. Hy het ges dat boere moet aanpas of sterf. Ingeval die Minister nie weet nie, wil ek hom inlig dat boere en hul werkers ongelukkig besig is om deur die toedoen van brutale moordenaars te sterf. Daarom, meneer, is die stelling wat deur die Minister gemaak is nie net ongelukkig nie, maar ek beskou die wyse waarop die Minister ges het dat hulle moet "adapt or die" as hoogs onverantwoordelik. Hierdie stelling sou maklik deur daardie brutale moordenaars genterpreteer kon word dat hulle nou ministerile goedkeuring het om boere dood te maak. [Tussenwerpsels.] Alle pogings deur verskillende rolspelers om die sinnelose moorde in ons plaasgemeenskappe onder bedwang te bring, is van die tafel gevee deur die blatante stelling van die Minister. Hierdie stelling het ons direk teruggeneem na die tyd van Peter Makoba se "kill a farmer, kill a boer".

Mnr die Speaker, in die belang van landbou en die mense van die landelike gemeenskappe wil ek op President Mbeki 'n beroep doen om die stelling wat deur die nasionale Minister van Arbeid gemaak is, te repudieer. Hierdie stelling deur die Minister dien nie die saak van die werkers nie. Nog minder laat dit ruimte vir die skep van geleenthede vir plaaswerkers en hul kinders om hul aspirasies te bevorder.

Mnr die Speaker, die agb Premier wil ook die aspirasies bevorder van Lonwabo Makhoba, 'n graad 11-leerder, en van Lerato Gagela, 'n graad 12-leerder - albei van Khayelitsha - as hy s daar is niemand in ons provinsie wie se aspirasies hy nie tot die uiterste van sy vermo sal bevorder nie. Di twee leerders se omstandighede is gister in Die Burger deur Jorisna Bonthuys treffend beskryf onder die opskrif, "Talle kinders voer alleen oorlewingstryd in nuwe skooljaar". Hierdie artikel gryp elke meelewende burger in hierdie provinsie aan.

Meneer, die agb Premier het hom weer opnuut daartoe verbind dat hy die Premier is van al die mense van die Wes-Kaap. Dit sluit vanselfsprekend die ondersteuners van alle politieke oortuigings in. Ek wil op al die politieke partye in hierdie Huis 'n beroep doen om nie sy eerlike en opregte pogings om die Premier van al die mense in die Wes-Kaap te wees in die wiele te probeer ry deur kortsigtige en selfsugtige politieke oogmerke nie. Dit is nie bevorderlik vir die vooruitgang van ons provinsie en al sy mense nie.

Ek wil my waardering uitspreek dat die beveiliging van die inwoners van die Wes-Kaap hierdie Regering se eerste prioriteit is. Ek het dit voorwaar skrikwekkend gevind toe ek gister in net een koerant twee opskrifte lees, en ek haal aan op bl 2 van Die Burger, "Meisie (17) sterf in bendeskietery", en, "Bende-kruisvuur eis twee lewens". Soos reeds genoem, het hierdie sinnelose geweld ook ons plaasgemeenskappe bereik. Ons gemeenskappe is keelvol vir hierdie kultuur - 'n kultuur van nie omgee vir menselewens en vir die besittings van mense nie; 'n kultuur waarin kinders geen bestaansreg het nie; en 'n kultuur waar bejaardes wreed aangerand en vermoor word. Ten spyte van talle heldhaftige, prysenswaardige en opofferende pogings van ons Polisiemag skyn dit asof daar geen keer is aan die sinnelose geweld nie. Hierdie kultuur van geweld moet met wortel en tak uitgeroei word. Ek wil vir die agb lid mnr Byneveldt dit onder die aandag bring dat daar met hierdie kultuur van geweld nie politiek gespeel mag word nie. Al die politieke partye moet saamwerk om hierdie euwel uit te roei.

Mnr die Speaker, 'n veilige omgewing is een van die belangrikste pilare waarop voorspoed en vooruitgang gebou word. As hierdie pilaar wankel, kan dit tot grootskaalse chaos lei. Die drie prioriteite wat gedentifiseer is, sal die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid verder help in sy uitdagende taak.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, vergun my die geleentheid om die agb Premier geluk te wens met die vermeerdering van jare. My gebed is dat die Here hom met besondere wysheid sal toebedeel om sy belangrike taak te volvoer. Sy wysheid is duidelik te bespeur in sy Openingsrede, want 'n strategiese en verantwoordelike leier, ongeag in watter hoedanigheid hy dien of staan, weet hoe om die balans tussen verwagting en realiteit te balanseer. Indien 'n leier nie die balans tussen verwagting en realiteit kan handhaaf nie, kan hy in die proses homself as leier verongeluk.

Dit is duidelik dat die agb Premier vir homself ruimte gelaat het in sy Rede. Ons mense op voetsoolvlak kry t swaar, daarom kan ons as leiers nie op 'n onverantwoordelike wyse aan hulle beloftes maak, terwyl ons voor ons siele weet dat ons daardie beloftes nooit sal kan nakom nie.

Ek wil die PAWK en alle staatsamptenare bedank vir die rol wat hulle speel in die suksesse van die Provinsie. Staatsamptenare word baie keer as vanselfsprekend aanvaar omdat hulle uit die belastingbetalers se geld betaal word. Ek glo dat staatsamptenare nooit ooit gekompenseer sal kan word vir hul werk, hul tyd en die ywer waarmee hulle diens aan die gemeenskappe lewer nie. Daarvoor bedank ek hulle opreg.

Die agb Premier het al die belangrike en kontensieuse sake in sy Rede aangeraak, onder andere veiligheid en sekuriteit, ekonomiese groei, MIV/Vigs en werkskepping. In beginsel ondersteun die UDM hom in die fokus wat hy op die pas genoemde aangeleenthede geplaas het in sy beplanning die komende jaar.

Die punt waarop ek graag sou wou reageer, is iets wat hy nie in sy Rede genoem het nie. Dit is die inhoud van die programme wat ons by die doelwitte sal bring van die sake wat hy aangespreek het. Aan die ander kant besef ek ook dat hy dit moontlik vir sy Ministers gelaat het om daarop voort te borduur in hierdie sessie of moontlik tydens die debat oor die Hoofbegroting. Dit sal ons in staat stel om te kyk na die voertuie wat ons sal aanwend om te bepaal op watter manier ons di doelwitte in die komende jaar sal kan bereik. Ek sal wag totdat dit uitgestip is en dan daarop reageer.

Ek wil graag reageer op drie aangeleenthede. Die agb Premier het 'n pleidooi gelewer vir samewerking met ander regeringsvlakke, en spesifiek vir samewerking met plaaslike regeringsvlakke. Ek wil versoek dat hierdie pleidooi werklik ernstig opgeneem sal word en dat ons as Provinsie, veral in hierdie fase van oorgang na nuwe munisipaliteite en in die afwesigheid van rigtinggewende wetgewing rakende die funksies en verantwoordelikhede van die verskillende kategorie munisipaliteite, 'n moniterings- en ondersteunende rol sal speel ten einde te verseker dat munisipale dienste nie ineenstort nie, maar dat die gemeenskappe steeds die dienste sal kry waarop hulle geregtig is.

Ten tweede ondersteun ek die bevordering van KMMOs. Ek glo dit is die enigste manier waarop ons werklik 'n meganisme kan skep om op 'n betekenisvolle wyse by te dra tot die hele kwessie van werkloosheid in die provinsie. Die voorbeeld van Ierland, waarna die agb Premier verwys het, is iets wat ek dink ons as Provinsie werklik moet opvolg in 'n poging om te bepaal op watter manier ons buitelandse beleggers kan koppel met kleinsakeondernemings ten einde gestalte te gee aan di idee.

Mnr die Speaker, ek wil vervolgens die agb Premier gelukwens met die inisiatief van plattelandse ontwikkeling. Ek dink ons wat in die stad woon, sal nooit die pyn, ellende en swaarkry van die mense op die platteland besef nie, alvorens ons hulle nie besoek, met hulle gesels of met hulle saamwerk nie. Daar is baie dinge wat ons in die stad as vanselfsprekend aanvaar, maar wat vir die mense op die platteland 'n luukse is. Die UDM steun die agb Premier se inisiatief van 'n ontwikkelingsbeleid en werkskeppingsoudit ten opsigte van plattelandse ontwikkeling.

Mnr die Speaker, ek het gister tydens die Opening van die Parlement opnuut 'n knop in my keel gekry. Ek het opnuut besef watter groot en goddelike eer ons in die Huis het om op so 'n vlak ons mense te dien. Op een of ander wyse, dink ek, faal ons almal wat hier sit om werklik te dien in die gees waarin Jesus mense diensbaar was.

Ek wil vir die agb Premier s dat ek, siende dat hy in sy Openingsrede daarop gewys het dat hy die Premier van al die mense in die Provinsie Wes-Kaap is, hoop dat ons in die geskiedenis van die Huis nooit ooit die agb Premier en enige Premier wat na hom volg, in die posisie sal stel waar hy dit nodig sal vind om daarop te wys dat hy die Premier van al die mense in die Provinsie is nie.

Mnr die Speaker, ek glo dat ons eendag in die toekoms van die Huis die punt sal bereik waar geeneen in die Huis dit nodig sal vind om die Premier te konfronteer met en te bevraagteken oor of hy die Premier van al die mense van die Provinsie Wes-Kaap is nie. Meer nog, ek glo dat ons eendag in die toekoms van die Huis die punt sal bereik waar ons almal in die Huis kan s dat ons as openbare verteenwoordigers hier is om al die mense in die provinsie van diens te wees, ongeag waar hulle woon, die taal wat hulle praat en hoe hulle lyk, en dat ons nie onnodige vraagtekens oor daardie aspek sal rondswaai nie.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, dit is jammer dat die agb lid mnr A J Williams verkies het om die woorde "adapt or die" - wat duidelik 'n figuurlike uitdrukking is - te herhaal om 'n krisis in die landbougemeenskap te skep.

Wat die Minister in wese ges het - en dit sou die steun van hierdie Huis en hopelik die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke ook behoort te geniet - is dat daar boere is wat geweier het dat inspekteurs van die Departement van Arbeid toegang tot plase kry om vas te stel of kinderarbeid asook ander vorms van mishandeling daar voorkom. As sekere boere 'n wettige staatsdepartement daardie toegang weier, het die nasionale Minister van Arbeid die volle reg om dit as 'n probleem op te haal.

Mnr die Speaker, dit is jammer dat die agb lid mnr A J Williams nie vandag genoem het dat daar plaaswerkers op 'n plaas in die Wes-Kaap is wat R7 per week verdien nie. Hy buit die woorde van die nasionale Minister van Arbeid uit om wrywing te veroorsaak.

Ek ondersteun die Minister heelhartig as hy s dat boere aan die Departement van Arbeid toegang tot hul plase moet gee, want per slot van rekening moet ons die wette van hierdie land toepas. Ons moet nie uitdrukkings soos "adapt or die" misbruik nie. Die Minister doen 'n beroep om 'n houdingsverandering, wat in hoofsaak iets is wat ons almal behoort te ondersteun.

Mnr die Speaker, nadat ek na die toespraak van die agb Premier geluister het, is dit duidelik dat die DA in aanmerking moet kom vir die prys vir die politieke party wat sy verkiesingsbeloftes in die kortste moontlike tydperk vergeet het.

Die mense van die Wes-Kaap is nie gekke nie. Die agb Premier het die Provinsiale Parlement twee maande na die plaaslike regeringsverkiesings geopen en hy weet dat die DA baie beloftes gemaak het voor die verkiesing. Hulle het werk vir al die mense belowe. Die mense het gister verwag dat die agb Premier vir hulle sou s wanneer die werkgeleenthede vir hulle geskep sou word. [Tussenwerpsels.] Nee, ons het gehoor dat die agb Premier se tweede prioriteit ekonomiese ontwikkeling is.

Die agb Premier het gratis basiese dienste belowe. Die mense het verwag dat die agb Premier gister sou s wanneer hulle die dienste gaan kry. Nie 'n enkele woord is daaroor ges nie. Waarom is dit nie nou vir die DA 'n prioriteit nie?

*Mnr die Speaker, in vergelyking met die le verkiesingsbeloftes van die DA het die ANC reeds begin om in Beaufort-Wes gratis basiese dienste te lewer. In Beaufort-Wes, waar die ANC aan bewind is, geniet mense reeds 'n sekere hoeveelheid gratis basiese dienste. Die DA het ons verbintenis tot gratis basiese dienste binne dae nadat die President die aankondiging in Beaufort-Wes gemaak het, nageboots, maar terwyl ek hier praat is daar nie 'n enkele DA-beheerde raad wat hierdie belofte uitgevoer het nie. Ons moet onthou - en die kiesers van die Wes-Kaap moet daarvan kennis neem - dat nie een enkele DA-raad gelewer het ten opsigte van 'n verkiesingsbelofte wat hulle by die ANC afgekyk het nie.

Die agb Premier het ges dat politiek omskryf word deur die vermo om te lewer. Ooreenkomstig sy eie toets het hy sekerlik die mense van die provinsie in die steek gelaat. Mense onthou dat dit die ANC-beheerde plaaslike regerings in Plettenbergbaai, Worcester, Riversdal, Tygerberg en George is wat toekennings gewen het vir behuisingslewering, gesonde finansile bestuur en die Masakhane-veldtog. [Tussenwerpsels.] Ja, die Stad Kaapstad, dit is reg.

Mnr die Speaker, mense weet ook dat dit die ANC-beheerde ... [Tussenwerpsels.] ... Stad Durban is wat baanbrekerswerk gedoen het met die inwerkingstelling van munisipale polisiring. Die plaaslike regering in Durban toon die weg aan met betrekking tot die inwerkingstelling van munisipale polisiring. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Daardie polisiring is 50 jaar oud; waarvan praat u?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, dit is die Polisiewet, wat die ANC gewysig het, wat die daarstelling van munisipale polisie regoor die land moontlik maak.

Toe die ANC sy veldtog vir die 1999-verkiesings gevoer het, wat daartoe gelei het dat hy die grootste party in hierdie provinsie geword het, het hy beloof om vyf dinge te doen: om misdaad in die Wes-Kaap te verminder deur met die nasionale Regering saam te werk; om behuisingslewering te bespoedig deur grond beskikbaar te stel en te verseker dat plaaslike regering die nasionale subsidie aanvul; om ons ekonomie te laat groei en nuwe werk en sakegeleenthede te skep; om hulpbronne vir al die skole gelyk te stel; en om streng maatrels in te stel om die omgewing te beskerm.

Mnr die Speaker, ons bly verbind tot hierdie visie. Dit is duidelik dat daar 'n oorvleueling is tussen die ondernemings wat deur die ANC gegee is en die prioriteite van die Regering. Die sleutelverskil is dat die vertrekpunt van die ANC gegrond is op die feit dat ons moet aanvaar dat die Wes-Kaap geweldig verdeeld is tussen die welgesteldes en die armes, soos die agb Leier van die Opposisie ges het.

Dit is 'n feit dat armoede hoofsaaklik, hoewel nie uitsluitlik nie, 'n uitwerking het op die Afrikane en bruinmense, asook die landelike armes. Waarom is dit so dat die top 20 studente in die Wes-Kaap vir die tweede jaar na mekaar almal uit voormalige Model C-skole kom en almal uit die blanke gemeenskap is? Waarom is dit so? Wat s dit eintlik omtrent ongelykheid en wat is die uitwerking daarvan op ras in ons provinsie? Waarom verberg hulle die feit dat die matriekvrystellings in histories bruin en swart skole so skokkend laag is? Niks is ges oor die vlak van matriekvrystellings in die skole van die voormalige Huis van Verteenwoordigers en Departement van Onderwys en Opleiding nie. [Tussenwerpsels.] Maar op 'n baie oneerlike wyse, wat nie rekening hou met die feit dat die vlak van vrystellings in al daardie skole onaanvaarbaar laag is nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, wat ons nodig het is nie bloot 'n stelling oor vyf strategiese prioriteite nie. Ons het 'n spesifieke program nodig om te verseker dat die histories benadeeldes inderdaad bevoordeel word deur die verwesenliking van die prioriteite wat die agb Premier uiteengesit het.

Ek was uiters teleurgesteld dat die agb Premier dit nie goed geag het om behuising as een van sy prioriteite in te sluit nie. Al wat hy gedoen het, was om te meld dat die geskiedenis van die Departement van Behuising algemeen bekend is en dat die Provinsie projekte goedgekeur het wat die befondsing wat deur die nasionale Regering beskikbaar gestel is, ver oorskry.

Mnr die Speaker, die DA het die mense van hierdie provinsie in die steek gelaat as dit by behuisingslewering kom. Ek sal vier redes noem waarom. Daar is 'n tekort van 230 000 eenhede in die Metropool alleen. Dit is mense wat in krotte en in die agterplase van Khayelitsha, Manenberg, Bonteheuwel, Oostenberg en Philippi woon. Oor die afgelope jaar en tydens die feesgety het brande baie van hierdie gemeenskappe verwoes. Die hoogste hof in die land het die Provinsiale Regering, die DA-beheerde KMR en die Munisipaliteit van Oostenberg uitgetrap omdat hulle in gebreke gebly het om uitvoering te gee ...

'n AGB LID: Dit was die nasionale ... [Onhoorbaar.]

Mnr C M DUGMORE: ... - nee, luister na my - ... aan 'n onderneming wat hulle gegee het om woonplek te verskaf aan die Irene Grootboom gemeenskap. Nie die nasionale Regering nie, die Provinsiale Regering. [Tussenwerpsels.] Die regter het ges - en dit is die mees verdoemende aanklag teen hul geskiedenis van lewering - en ek haal aan:

However, the eviction was reminiscent of the past and inconsistent with the values of the Constitution. The respondents were evicted a day early, and to make matters worse, possessions were not merely removed but destroyed and burnt.

Dit is 'n oordeel deur die Konstitusionele Hof van hierdie land oor hul Regering. [Tussenwerpsels.] Nee, die lewering van die agb Premier het nie die reputasie van die Wes-Kaap as 'n stabiele en suksesvolle provinsie uitgebou nie. Die hoogste hof in die land het u gebrek aan besorgdheid oor die armes en die haweloses blootgel.

Mnr die Speaker, DA-rade, sonder enige magtiging deur die agb Minister van Behuising, gaan voort om HOP-huise op veilings aan die hoogste bier te verkoop, wat die mees kwesbare mense haweloos laat.
Ek het probeer om 'n voorstel in die Huis in te dien dat die Staande Komitee oor Regeringsake en Gemeenskapsveiligheid hierdie aangeleentheid moet bespreek, maar vanwe die verdedigende houding van die agb Minister van Behuising het mense natuurlik beswaar gemaak teen die voorstel. Waarom gebeur dit? Waarom word HOP-huise deur DA-plaaslike owerhede aan die hoogste bier verkoop? Dit is direk in stryd met nasionale beleid.

Die agb Minister van Behuising het 'n brief van die nasionale Minister van Behuising ontvang wat hom versoek om alle plaaslike owerhede in te lig dat hulle nie met die opveiling van HOP-huise moet voortgaan nie; nogtans laat hy toe dat dit in DA-plaaslike owerhede gebeur.

Mnr die Speaker, laat my toe om die Huis in te lig oor die toedrag van sake in Riebeeck-Kasteel, naby Malmesbury. Daarr het die DA-raad vier HOP-huise, wat saam op meer as R60 000 gewaardeer is, vir minder as R20 000 verkoop. Kom ons neem die geval van mnr Koopman van Watsonia 1193; hy het die raad net meer as R1 000 aan basiese diensgeld geskuld. Sonder enige kennisgewing aan hom is sy huis op 13 Desember 2000 vir 'n bedrag van R2 635 verkoop. Wat skokkend is, en ek is nie seker of die agb Premier hiervan bewus is nie, is dat regskoste van R1 494 die grootse deel van die verkoopprys uitgemaak het - selfs meer as die agterstallige geld wat aan die raad verskuldig was. Wat het geword van die onderneming wat die agb Premier oor 'n sekere hoeveelheid gratis basiese dienste gegee het? Mnr Koopman het nou te doen met die vooruitsig dat die persoon wat die huise gekoop het, mnr Tommie Moolman - wat 'n baie goeie slag geslaan het deur vier huise vir minder as R20 000 van 'n DA-plaaslike owerheid aan te koop - hom en ander mense nou wil uitskop.

Die agb Premier s dat hy die besorgdheid deel en 'n helpende hand aan die mense van hierdie provinsie wil verleen. Indien dit so is, dan moet hy die DA-raad stuit en die oproep van die ANC, naamlik dat die opbrengs uit hierdie verkope aan mnr Moolman teruggee moet word en dat die raad met die vier gesinne moet onderhandel, ondersteun. Dit gebeur nie net in Riebeeck-Kasteel en in Malmesbury nie; dit gebeur in Hermanus en in ander plaaslike owerhede.

Voor die Kersvakansie het die Burgemeester van die Unistad ges dat hulle 'n opskorting van uitsettings sal aankondig, maar op hierdie oomblik word mense in St Montague Village in Lavender Hill uitgeskop omdat hulle werkloos is en nie kan byhou met die huurbetalings nie. Was dit stellings wat bloot voor die verkiesing gemaak is as beloftes, of is die agb Premier van plan om 'n helpende hand aan die mense van St Montague Village en Riebeeck-Kasteel te verleen? Wat is die ware voorneme van die Provinsiale Regering? Waar is die helpende hand in hul lewensreis wat die agb Premier beloof het, of is dit weer eens net le woorde?

Mnr die Speaker, ek wil ook na die Wet op Huurnemings verwys. Dit is 'n verdoemende aanklag teen die Provinsie dat die Provinsie, ondanks die feit dat nasionale wetgewing staan en regulasies daargestel is, nog nie 'n huurtribunaal in die lewe geroep het nie. Die ou Huurraad is afgeskaf, maar huurders kry te doen met vinnig stygende huurgeld wat nie meer aan huurbeheer onderwerp word nie. Die Provinsie, weens onaanvaarbare redes, het nog nie 'n huurtribunaal in die lewe geroep nie. Waarom is dit? Is dit 'n goeie geskiedenis van regering? Is dit die lewering waarvolgens die agb Premier s die Wes-Kaap beoordeel moet word? Daar is geen rede waarom die Provinsie nie 'n huurtribunaal moet h om hierdie aangeleenthede te hanteer nie.

Die ANC se kiesafdelingskantore kry nou op 'n dag-tot-dag-grondslag te doen met oproepe van huurders wat voor vinnig stygende huurgeld te staan kom. Hulle het nrens om heen te gaan sodat hierdie sake hanteer kan word nie, want daar is nie 'n tribunaal om aan hierdie aangeleenthede aandag te gee nie. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, dit is vir my aangenaam om aan die begin van 'n nuwe jaar op te staan om al die mense te bedank wie se moeite bygedra het tot vordering in onderwys tydens 2000 en die opening van skole in hierdie provinsie op 22 en 23 Januarie 2001.

Ek het my eie toespraak om te maak en ek wil nie my aandag daarvan laat aftrek nie, maar ek moet eerlikwaar 'n paar opmerkings oor die vorige spreker maak. Die agb Leier van die Opposisie het veel te s gehad oor beeldpoetsers. Ons het so pas die inset gehoor van die hoofbeeldpoetser van die ANC. Kan 'n mens wonder waarom hulle die verkiesing verloor het? [Tussenwerpsels.] Dit is hierdie selfde beeldpoetser wat namens sy leier in die koerante s dat die geskiedenis aan die kant van die ANC is. Wel, as hy dit glo, is hy die enigste mens in Suid-Afrika wat glo dat die horlosie agteruit draai. [Tussenwerpsels.] Nee, dit is beslis nie die geval nie, want hul eie kiesers is besig om hulle te verlaat en hulle het nog nie bewus geraak van daardie klein waarheid nie. [Tussenwerpsels.] Ek sal hulle nou s. Om die waarheid te s, ek gaan nie my tyd op hulle mors nie, want ek kom juis nou by daardie punt. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, laat ek sommer nou by daardie punt kom. In my toespraak sou ek party van die mense aan die ander kant bedank wat inderdaad help om demokrasie te laat werk. Terwyl party van hulle help om demokrasie te laat werk, is daar egter ander wat eenvoudig geen begrip het van wat demokratiese regering behels nie, en ek verwonder my soms aan die feit dat hulle openbare verteenwoordigers is in 'n party wat daarop aanspraak maak dat hy aan die voorpunt van die stryd vir demokrasie was.

Ek wil 'n klassieke geval ter illustrasie onder die aandag van hierdie Huis bring, mnr die Speaker, want die ANC het dit nou in die Huis en gister tydens 'n perskonferensie in die stadsaal opgehaal, en voorspelbaar die feite verdraai, soos hulle aanhou doen. [Tussenwerpsels.] Ons sal in die komende weke baie van hierdie saak hoor en die waarheid sal uitkom, al probeer die ANC se beeldpoetsers, verteenwoordigers en boewe in Crossroads ook hoe hard om dit te verberg.

Soos alle ander DA- openbare verteenwoordigers het ek die verantwoordelikheid om aandag te gee aan die sorge van en kwessies rakende kiesers in 'n spesifieke geografiese gebied. Hoewel ons nie meer kiesafdelings het nie, verwys ons hierna as kiesafdelingsverantwoordelikheid, en dit is my voorreg om Crossroads te kan insluit in die gebied waarvoor ek kiesafdelingsverantwoordelikheid het; ... [Tussenwerpsels.] ... 'n gebied waarin ek vir sowat 25 jaar in verskillende hoedanighede gewerk het.

Die ANC het in die plaaslike regeringsverkiesing merkwaardig swak in hierdie wyk gevaar, en dit is heeltemal voor die hand liggend waarom. Die ANC in hierdie gebied weier eenvoudig om na die bekommernisse te luister wat baie gewone mense opper, en ten spyte van hul dekades van diepe lojaliteit teenoor die bevrydingstryd is die mense van Crossroads nou besig om dit wat hulle as die ANC se outoritre en ondemokratiese optrede en gesindheid in die regering beleef, te verwerp. [Tussenwerpsels.] As die ANC s dat ons ons verkiesingsbeloftes vergeet het, vra die mense van Crossroads wat hulle dink van die ANC se geheue ... [Tussenwerpsels.]

Plaaslike ANC-verteenwoordigers daar is bewus van meer as waarvan die agb Leier van die Opposisie aan die ander kant van die Huis bewus is, want hulle weet dat daar toenemende weerstand is teen hul outoritre benadering, en hulle is inderdaad baie bekommerd daaroor.

Dink agb lede dat dit hulle aanspoor om meer deursigtig, toeganklik en rekenpligtig te wees? Nee, meneer. In Crossroads is presies die teenoorgestelde aan die gang. Die ANC reageer op plaaslike kommer deur sy outoritre spiere te bult, sy wil op die mense af te dwing, enigeen te dreig wat hulle tegaan en verteenwoordigers van ander politieke partye, wat my insluit, te waarsku om uit Crossroads te bly. [Tussenwerpsels.]

Die huidige ontwikkelende krisis draai om die ontwikkeling in die noordelike gedeelte van Crossroads wat as Boystown bekend staan. Ek sal aan agb lede s wat daar aan die gang is, want hul verteenwoordigers weet dit klaarblyklik nie en hulle stel nie daarin belang om hulle in te lig nie. [Tussenwerpsels.] Baie mense daar is baie bekommerd dat die wanpraktyke van vorige ANC-gedrewe ontwikkelings voortgesit en vasgel sal word en hulle het rede om bekommerd te wees, want korrupsie kom daar voor.

Nadat hulle vergeefs probeer het om die plaaslike raadslid sover te kry om aandag te gee aan hul sorge, het hulle hul tot die DA gewend om hulle by te staan. Ek het op my beurt tevergeefs probeer om die ANC-raadslid to oorreed om sy demokratiese plig te verrig en met sy bekommerde kiesers te vergader sodat ontwikkeling op 'n gesonde grondslag kan voortgaan, maar hy weier eenvoudig om by die tafel te gaan sit met enigeen wat van hom verskil. Wat s 'n mens van so 'n begrip van demokrasie?

Inteendeel, mnr die Speaker, hy en sy ANC-meelopers dreig mense eenvoudig en dit sluit doodsdreigemente en geweld in. [Tussenwerpsels.] Toe mense hom openlik tegestaan het, het hy hulle laat verstaan dat hy in beheer was en dat hulle bekommernis niks getel het nie.

Ek dink iemand moet aan die ANC as geheel, veral aan daardie agb lede, s dat die ANC Kaapstad nie meer beheer nie, dat die DA inderdaad omgee oor wat plaaslike mense s en dink, en dat ons sal probeer om te luister na wat hulle s en aandag te gee aan sake wat by hulle kommer wek.

Ek het dit inderdaad in soveel woorde aan hom ges, wat die agb verteenwoordiger vir Crossroads voorspelbaar woedend gemaak het en hom aangespoor het om 'n kwalik bedekte dreigement aan my te rig om uit die gebied weg te bly. Hy tree op asof hy Crossroads en al die mense daarvan besit. Hy tree op asof Crossroads sy eie persoonlike koninkryk is en al die inwoners sy diensknegte is. Party van die mense wat hy veronderstel is om te verteenwoordig, vrees dat hy hul lewens sal neem. Wat s 'n mens van so 'n begrip van demokrasie?

Ek kan aan die ANC s dat indien daar oor 18 maande 'n tussenverkiesing in Crossroads sou wees, hulle nie sou wen nie. Dit is die omvang van die gesindheidsverandering by die mense. [Tussenwerpsels.]

Op 'n persoonlike noot, mnr die Speaker, is die grootste ironie dat ek, nadat ek vir 25 jaar gereeld in Crossroads gewerk het, vir die eerste maal daar bedreig word. Die apartheidsregering het sekerlik ook probeer om my te dreig en ek is in hegtenis geneem, daarvan aangekla dat ek sonder 'n permit in 'n sogenaamde swart gebied was en 'n opgeskorte vonnis van ses maande tronkstraf opgel. Ek het geweier om te aanvaar dat enigeen aan my kan voors waarheen ek kon gaan en wie ek kon besoek, en ek het dus aangehou om na Crossroads te gaan. Dink aan hierdie ironie, mnr die Speaker. Die ANC-verteenwoordiger daar is besig om weer hierdie dreigement te uiter, maar net op 'n baie meer listige wyse. Terwyl die apartheidsregering in hierdie geval ten minste die regsproses gevolg het, hoewel dit 'n onregverdige wet was, neem die ANC-verteenwoordiger sy toevlug tot intimidasie en bedekte dreigemente en maak hy staat op vrees om sy opponente daarvan te weerhou om met hul wettige werksaamhede aan te gaan. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Waarom het u nie 'n klag gel nie?

*Die MINISTER: Ja, daardie agb lede moet wag! Ons sal 'n klag l.

As 'n mens oor die regsorde en behoorlike prosesse praat, wat sleutelkonsepte in demokrasie is, sou dit vir die ANC-verteenwoordiger in Crossroads Grieks wees. Dit is werklik 'n skandaal, mnr die Speaker, en ek is nie van plan om dit daar te laat nie. Die beste punt daarvan dat die Wes-Kaap in DA-hande is - sowel die Unistad as die Provinsiale Regering - is dat ons aan gewone mense kan wys dat hulle nie hierdie soort arrogante, onderdrukkende behandeling hoef te aanvaar van die mense wat daarop aanspraak maak om hulle te verteenwoordig nie. Om die waarheid te s, die mense weet nou dat hulle absoluut niks gaan baat by die mislukte beloftes van die ANC-regering nie.

Nou sal ek na my toespraak terugkeer.

*Mnr C M DUGMORE: Wat is die kwessie?

*Die MINISTER: Die kwessie is dat indien daardie agb lede dink dat hulle demokrate verteenwoordig en dat hulle hul kiesers verteenwoordig, is daardie verteenwoordiging een van mislukte ontwikkeling, mislukte beloftes, korrupsie en die onvermo om te luister na ... [Tussenwerpsels.] Dit sal daardie agb lid laat uitkom waar hy hoort. [Tussenwerpsels.]

Kom ek keer terug na wat ek aan die begin van my toespraak wou doen voordat my aandag so kru afgelei is, en my dank teenoor verskeie persone betuig. Ek wil s dat ek spesifiek erkenning wil gee aan mense wat vrywillig verder gegaan het as wat van hulle verwag is om ons beleidsrigtings in onderwys verlede jaar in werking te stel. Ek dink byvoorbeeld aan die honderde opvoeders wie se hulp gevra is om die stempunte vir verlede jaar se plaaslike regeringsverkiesings te bestuur en wat ingestem het om tydens twee opeenvolgende naweke opgelei te word, in plaas van om tyd by die skool af te vat, soos opvoeders in ANC-beheerde provinsies gemaak het. Ek wil die OVK graag bedank vir sy samewerking met die inwerkingstelling van ons tyd-aan-taak-beleid, maar spesifiek daardie opvoeders wat bereid was om die opoffering tot voordeel van hul leerders te maak. Dit is onnodig om te s dat die Wes-Kaap die enigste provinsie is waar skooldae nie verlore gegaan het om opvoeders op te lei om die verkiesings te bestuur nie.

Hoewel die oorgrote meerderheid van opvoeders bereid is om die belange van hul leerders eerste te plaas, is die uitsonderings altyd daar. Hier moet ek my teleurstelling uitspreek oor die moeite wat party opvoeders en die ANC bereid is om te doen ten einde onderwysers vir politieke doeleindes uit die klaskamers te kry. Die ANC het byvoorbeeld besluit om op die eerste dag van die skoolkwartaal slypskole vir hulle plaaslike raadslede te rel, wat beteken het dat hulle wou h dat verskeie onderwysers wat as ANC-raadslede verkies is, die slypskole moes bywoon terwyl hul pligte en verantwoordelikhede in die klaskamer moes wees.

Ek wil hulde bring aan daardie skoolhoofde en kringbestuurders wat voet by stuk gehou het om ons tyd-aan-taak-beleidsrigtings toe te pas, dikwels ondanks geweldige druk van die ANC. In sommige gevalle, mnr die Speaker, verstaan ek dat senior ANC-politici telefoonoproepe gemaak het om druk toe te pas op amptenare om aan opvoeders tyd af te gee, direk in stryd met hierdie Regering se beleid en, eerlikwaar, niks anders as skandalig nie. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede beywer hulle inderdaad vir apartheidskole in ander gebiede. [Tussenwerpsels.] Hulle moet hul beeldpoetser vra. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Dit is eerstens vir my 'n bron van groot kommer dat ons wet opvoeders toelaat om terselfdertyd as plaaslike raadslede te dien, en dus twee staatsalarisse te verdien, en gewoonlik in gebreke bly om een van die twee werke behoorlik te doen. Verlede jaar het ek op 'n buitengewone geval afgekom van 'n ANC-raadslid wat ook 'n opvoeder was, maar hy is weens stres deur sy dokter op langverlof uit die onderwys geplaas, want hy kon nie aan die eise van albei poste voldoen nie. Hy was dus daar op volle salaris van die Departement van Onderwys, sonder stres en het doodtevrede rond gehardloop en politieke speletjies gespeel, terwyl ons die koste van 'n volle onderwyspos verkwis het en kinders in die klaskamer verdubbel is.

As mense my vra waarom ons sulke groot leerling:onderwyser-verhoudings het, wys ek op hierdie soort treurige wanpraktyk, waaroor die ANC altyd stilbly. Hulle bly altyd stil hieroor. Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys kon niks doen om hierdie man te tug nie, vanwe die belaglike arbeidsregime wat deur hierdie ANC-regering ontwerp is en wat besig is om hierdie land nie so geleidelik nie te verwurg.

Ek het regsadvies ingewin oor die posisie van onderwysers wat ook as raadslede dien en hierdie aangeleentheid breedvoerig met mnr O'Connell, Hoof van Onderwys, bespreek. Ons beleid is heeltemal duidelik. 'n Posvlak 1-onderwyser, 'n toetreevlakonderwyser, mag as 'n gewone raadslid dien, met dien verstande dat dit nie op enige wyse inmeng met die opvoeder se skooltyd, pligte en verantwoordelikhede nie. Hulle mag dit egter nie doen as hulle skoolhoofde of adjunkhoofde van skole is of as hulle as burgemeesters of uitvoerende komiteelede van hul onderskeie rade verkies is nie. [Tussenwerpsels.]

Ek is heeltemal bewus van party opvoeders, veral ANC-opvoeders, wat dit ignoreer, en dit was baie interessant dat die beeldpoetser van die ANC, die agb lid mnr Dugmore, of Dogmore, wat die geval ook al is, Beaufort-Wes spesifiek opgehaal het, omdat die ANC liewer op Beaufort-Wes in sy spoor moet trap. Ek is heeltemal bewus daarvan dat die plaaslike onderwyser ook die burgemeester is en twee dae vry geneem het vir hierdie slypskool. Dit is die ANC se geskiedenis van dienslewering en toewyding tot demokrasie in die belang van kinders in Beaufort-Wes.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil my beste wense vir 2001 aan u, die agb Premier en agb lede van die Huis oordra. Ek wil die agb Premier ook gelukwens met sy verjaardag. [Tussenwerpsels.]

Ek wil reageer op die agb Minister van Onderwys, wat na Crossroads verwys het. Wat sy vergeet het om te doen, was om die ANC te bedank ... [Tussenwerpsels.] ... omdat hulle haar van die onderdrukking bevry het wat in die verlede deur die NP veroorsaak is. Vandag kan sy oor demokrasie praat en na Crossroads as 'n kiesafdeling verwys. Vandag kan haar leier in die Provinsie aan ons s dat hy per bus na Khayelitsha gegaan het om 'n sekere beeld oor te dra. Waarom bedank die agb Minister nie eens die ANC nie?

Mnr die Speaker, as die Opening van die Provinsiale Parlement voor di van die nasionale Parlement 'n poging deur die DA-strate was om die kalklig by die nasionale Parlement en die President te steel, het dit misluk.

Die agb Premier het een van sy mees oninspirerende toesprake ooit gelewer. Dit is vaag oor konkrete strategie en net vol lof vir sy kollegas in die Regering en die DA. Die hele land en alle sektore van ons mense wag egter op die President van die Republiek om die prioriteite en die pad vorentoe vir hierdie land uit te stippel, wat die Wes-Kaap insluit. Op 9 Februarie 2001 sal die President die program van regering verskaf. Die mense van die Wes-Kaap sal ook die toespraak van die President met groot belangstelling volg. Hulle is volwasse genoeg om te weet dat die ontwikkeling van die Wes-Kaap onderling vervleg is met die ontwikkeling van Suid-Afrika.

Kom ons maak dit baie duidelik teenoor die agb Premier en sy kollegas. Daar is geen Wes-Kaapse prioriteit wat nie vir Suid-Afrika 'n prioriteit is nie, of dit nou deur die DA se kortsigtige pogings en misrekening is of nie. Daar is nie een nie. Die Openingsrede van die agb Premier was 'n ongebeurtenis, en heeltemal onbenullig as dit 'n poging was om die nasionale gebeurtenis in die skadu te stel. Ek wil 'n waarskuwing rig. In die toekoms sal dit vir ons raadsaam wees om onsself te posisioneer as 'n provinsie wat deel is van die mense van Suid-Afrika.

Dit is ons hoop dat die agb Premier die wil het om die beginsel van samewerkende regering met dieselfde ywer na te streef as wat hy teenoor Kaapstad openbaar. Hy het ges dat hy gehoop het dat ons met die Unistad sal saamwerk, veral met die burgemeester van Kaapstad. Ons neem met belangstelling daarvan kennis dat die Provinsie in die verlede hierdie beginsel, wat as belangrik beskou word, ondermyn en verwaarloos het. Is dit omdat Kaapstad nou onder DA-bewind is dat die agb Premier skielik hierdie beginsel aanvaar? Ons sal waaksaam wees en seker maak dat die konsekwentheid openbaar word in hul gesindheid teenoor die nasionale Regering en die ANC-beheerde rade en administrasies. Dit is 'n vereiste van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.

Ek is geskok deur die agb Premier se lof vir die agb Minister van Gesondheid. Dit was nog altyd die stryd van die ANC-beheerde Regering om farmaseutiese maatskappye sover te kry om voorskrifmedisyne toeganklik te maak vir die armes. Die agb Premier en sy Regering het nog nooit hierdie edele inisiatief van ons nasionale Regering ondersteun nie.

Hulle het vandag die DA voorgehou as 'n alternatiewe mag. Die Leier van die DA het oorsee gegaan met die agenda om verwarring te saai en die vertroue wat in ons land gestel word, te ondermyn. Die agb Premier moet aan ons s hoe die DA se negatiewe en afbrekende veldtog oorsee die samewerkende regering sal versterk en beleggings na hierdie land sal lok. Selfs die status wat mnr Tony Leon oorsee geniet het, dui duidelik op die optrede van iemand wat homself as 'n alternatief voorhou.

Kom ons herinner agb lede weer daaraan dat die meeste van die mense in Suid-Afrika tydens drie verskillende verkiesings gepraat het en ges het dat hulle vertroue in die ANC het om ons land te transformeer en 'n beter lewe te bou.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Vertroue ... [Onhoorbaar.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid weet hiervan. Ek het nie die antwoord op daardie vraag nie.

Mnr die Speaker, die ANC is en bly die grootste politieke party in hierdie Provinsiale Parlement. Laat ek agb lede daaraan herinner dat die ANC 42% van die stemme gekry het, die DP 11% en die NNP 38%. Dit is hoe dit is. Die ANC beheer party van die munisipaliteite in plaaslike rade buite die Metropool en geniet steeds steun onder sleutelsektore van hierdie provinsie. Dit sou vir die DA beter wees om sy borrelende selfvertroue te temper, want die ANC sal aanhou om die mense van die Wes-Kaap agter die program van transformasie te mobiliseer. [Tussenwerpsels.]

Die agb Premier, ten spyte van sy aansprake, is nie vol vertroue nie en is bekommerd, en s dat hy die Premier "van al die mense van die Wes-Kaap" is. Waarom is hy gevoelig oor hierdie saak, en waarom dink hy dit is nodig om sy posisie te verdedig? Wat is hierdie kommer?

Ons weet almal dat mnr Peter Marais na die Unistad gestuur is. Hy is waarskynlik gedreig. Kom ek s aan die agb Premier dat leierskap nie opgeis word nie; dit word deur harde werk verdien. Hy kan nie hier staan en 'n stelling maak wat op leierskap aanspraak maak en dink dat dit gelyk is aan harde werk nie. Daar is geen rook sonder vuur nie. Hy sal waarskynlik antwoord en vra waarom hierdie kommer bestaan.

Die ANC is gebou op die beginsel van nie-rassigheid en demokrasie. Hy het vir dekades gestry om al die mense van Suid-Afrika te verenig. Die party wat nie enige aandeel gehad het aan die vereniging van die mense van die Wes-Kaap nie, preek vandag vir ons oor hoe om nie die mense te verdeel nie! Die DA is 'n party wat geen ander geskiedenis of ervaring ken as om verdeeldheid te bewerkstellig nie. Hy het 'n plan van verdeel en heers onder die onderdruktes. Dit is hierdie besef wat inderdaad die agb Premier in die verleentheid gestel het en sy vertoning in die Provinsie geraak het. Dit is die nalatenskap. Mnr die Speaker, ek wil herhaal dat niemand aan hierdie kant van die Huis die mense van die Wes-Kaap langs rasselyne verdeel nie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Werklik?

*Mnr L RAMATLAKANE: Dit is die nalatenskap van apartheid van die party waarvan hulle deel uitgemaak het wat die mense van hierdie provinsie verdeel het - die DP. Dit is die ongelyke toekenning van polisiehulpbronne, die gebrek aan tendergeleenthede vir bruin en swart sakelui, hul mishandeling en swak behandeling van plaaswerkers, en 'n onverteenwoordigende Staatsdiens wat op 'n boetie-boetie-grondslag gebaseer is wat aanhou om gemeenskappe in die Wes-Kaap te verdeel. Dit is die armoede en gebrek aan werk vir bruin en swart gemeenskappe.

Waarvan praat ons? [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Mnr L RAMATLAKANE: Die voorspoed waarvan ons praat, kan slegs vir die minderheid wees. Dit is hierdie werklikheid wat die agb Premier prys en waarmee hy nie fout vind nie.

Die kritieke uitdaging vir die Wes-Kaap in Suid-Afrika as geheel is om die lewens van arm gemeenskappe te transformeer. Die agb Premier moet aan ons 'n plan voorhou wat die herverdeling van hulpbronne demonstreer en die lewens van hierdie gemeenskappe transformeer. Dit is ongelukkig nie die prioriteit van die DA Provinsiale Regering nie.

Laastens, kom ons praat oor die Wes-Kaapse ekonomie as deel van die nasionale ekonomie. Dit is nie gepas om van die Wes-Kaap te praat asof hy op sy eie bestaan nie. Daar is beduidende insette en bydraes wat deur die res van Suid-Afrika gelewer word, wat positief bydra tot die Wes-Kaapse ekonomie. Miskien moet ons hierdie beduidende insette ter wille van die agb Premier uiteensit. Die bevordering van die Wes-Kaapse ekonomie moet binne hierdie konteks plaasvind. Daar is nie iets soos die Wes-Kaapse ekonomie in isolasie van die res van die land nie.

Die agb Premier, getrou aan sy aard, maak aanspraak op die ongelyke ontwikkeling wat teweeggebring is deur baie dekades van DA-, of NNP/DP-, beleidsrigtings. Dit is nie die natuurlike orde van sake dat die Wes-Kaap 'n beter infrastruktuur as die Noordelike Provinsie het nie. Dit is as gevolg van apartheid. Die agb Minister van Onderwys weet dit. Dit is 'n nalatenskap wat deur apartheid gelaat is, waarop die agb Premier probeer om te gedy. Dit is hierdie werklikheid wat mense verdeel en wat sy Regering nie wil transformeer nie.

Mnr die Speaker, kom ek waarsku die agb Premier en gee vir hom 'n bietjie raad. Hy moet die werk doen voordat hy die praatjies maak.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, in antwoord op die agb Premier se Openingsrede gister wil ek begin deur groete en beste wense aan die agb lede van die Huis, die agb Ministers en hul departemente te bring vir 'n voorspoedige en betekenisvolle jaar, vol lewering vir al ons mense. Ek bring hierdie groete aan hulle nie net van myself nie, maar van my kiesafdeling, synde Plettenbergbaai en Knysna in die Suid-Kaap.

Ek wil ook by die agb Premier aansluit en ons twee nuwe kollegas verwelkom, naamlik die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding en die agb lid mnr Redcliffe.

Mnr die Speaker, die agb Premier het sy vyf sleutelprioriteite vir hierdie jaar genoem, en ek wens hom geluk hiermee. Die eerste prioriteit is die verskaffing van veiligheid aan al die mense van die Wes-Kaap. Dit is die hoeksteen van 'n regering se diens aan sy burgers, en ons in die land het te lank gebuk gegaan onder die greep en druk van misdaad. Soos deur die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid gemeld, deur 'n weldeurdagte en sistematiese proses kan ons hierdie kanker uit ons daaglikse lewens weer.

Melding is gemaak van bendegeweld, en in die Suid-Kaap kry ons ook geweldig swaar onder die sakebedrywighede van hierdie bendes. Ek praat van die dwelmhandel, hul belangrikste besigheid. Baie agb lede moes tydens die feesgety die koerante gelees het waarin melding gemaak is van die baie ho vlakke van dwelmhandel in die Knysna en Plettenbergbaai-gebiede. Die rede hiervoor is die maklike toegang wat dwelmverspreiders en smokkelaars deur die kuslyn het. Ons het ook geen hawebeheer nie.

Sake word vererger deur die ruwe kuslyn, wat dit 'n moeilike gebied maak om te polisieer. Dit lyk asof vissersbote beter vangste kan maak deur onwettig met smokkelware handel te dryf as deur 'n lyn in die water te gooi. En, natuurlik, die mark. As daar nie 'n mark was nie, sou hierdie bedryf uitsterf.

Tydens die feesgety sak al die ryk kinders van reg oor die land op die Tuinroete toe met hul sakgeld, en die dwelmmark floreer eenvoudig. Dit is nie slegs 'n seisoenale handel nie, maar buite die seisoen spits die bendelede cum dwelmhandelaars hulle toe op die jeugdiges by ons skole en in ons gemeenskap. Hulle gee eers aan hulle gratis monsters en as hulle eers verslaaf is, vra hulle groot bedrae geld van hulle. Dit dryf die verslaafde kinders tot misdaad. Hierdie dwelmhandelaars maak jag op kinders so jonk as sewe en agt jaar oud.

Mnr die Speaker, daar is 'n flikkering van lig aan die einde van hierdie lang en terneerdrukkende tonnel. Net verlede week het die George Narkotikaburo 'n paar beduidende arrestasies gemaak. Vier vooraanstaande sakemanne is in hegtenis geneem nadat die gebiedskommissaris van die polisie vir die Suid-Kaap begin het om toe te slaan op georganiseerde misdaad en sindikate wat in die gebied werksaam was. Toe hierdie mans in hegtenis geneem is, het hulle gevaarlike dwelmmiddels, soos kokane, ecstacy en LSD, in hul besit gehad. Ek wil supt Van Niekerk en sy span op George gelukwens met hierdie arrestasies en vertrou dat dit die begin is van die groot skoonmaakveldtog om ontslae te raak van hierdie onwelkome plaag in ons gemeenskap.

Ek wil ook die uitsprake van die agb Minister beklemtoon en my dank en waardering betuig teenoor al die verkeerspolisie in die provinsie. Ek kan getuig van die feit dat hulle regdeur die feesgety, toe ons paaie besig was en ons almal met vakansie was, op hulle poste was om te verseker dat die ongeluk- en sterftesyfer op ons paaie tot die minimum beperk is. 

Die agb Premier se tweede prioriteit het oor ekonomiese groei gegaan, en die vierde prioriteit oor ontwikkelingsbeplanning vir die platteland. In die landelike gebiede is hierdie behoefte aan groei, ontwikkeling en die skep van werkgeleenthede besig om kritieke afmetings aan te neem. Dit het tydens die verkiesingsveldtog verlede jaar meer en meer na vore gekom toe ons as openbare verteenwoordigers meer tyd bestee het in die gemeenskappe wat deur ons gedien word. Die agb Premier kan op my staatmaak as dit kom by skouer aan die wiel sit. Ons moet lewer vir al ons mense en nie net vir die uitgesoekte klompie nie.

Mnr die Speaker, gepraat van die uitgesoekte paar, dit laat 'n paar kommerwekkende sake opduik ten opsigte van die ANC se verbintenis tot demokrasie, veral in Plettenbergbaai. Dit is algemeen bekend dat die ANC-raadslede in Plettenbergbaai die boodskap gestuur het aan al diegene wat tydens die vorige verkiesing vir die DA gestem het, en veral die Griekwa-gemeenskap van Kranshoek wat ook vir die DA gestem het, dat hulle nou daarvan kan vergeet om enige ondersteuning van die raad te kry vir dienste of lewering van behuising. Ek moet weer eens vra: begryp die ANC-raadslede die betekenis van demokrasie? [Tussenwerpsels.]

Ek is bemoedig deur die opmerking wat die agb Leier van die Opposisie gemaak het, dat daar drie jaar tot die volgende verkiesing is en dat ons almal ons kragte moet saamsnoer ter wille van lewering vir die mense. Maar sal hy asseblief toesien dat die Burgemeester van Plettenbergbaai ook hierdie boodskap kry?

Mnr die Speaker, die derde prioriteit is MIV/Vigs. Die behoefte in die Suid-Kaap is weer eens besig om onmoontlike afmetings aan te neem. Ons word oorval deur MIV-positiewe pasinte van nie net die omliggende gebied nie, maar uit die Oos-Kaap. Hierdie arm mense stroom oor ons provinsiale grens en plaas geweldige druk op ons gesondheidswerkers en ons NROs. Ek glo dat die gemiddelde MIV-infeksiesyfer in die provinsie maklik verdubbel kan word as 'n mens kyk na die getalle in hierdie streek alleen. Hierdie prioriteit kan slegs die toedrag van sake op hierdie terrein verbeter, en ek is seker dat ons met die toewyding van die agb Minister van Gesondheid en sy departement sinvolle resultate sal sien.

Laastens is die vyfde prioriteit die veldtog om ons provinsie skoon te maak. Ek ondersteun dit ook heelhartig, en weer eens verwys ek na die Suid-Kaap, en veral die Tuinroete, of soos soms daarna verwys word, die rommelroete.

As ons maatskaplike welsyn, ons gesondheid, ons ekonomie, ons toeristebedryf, ons beeld as 'n speler in die globale ekonomie verbeter moet word, moet ons begin deur 'n skoon omgewing te h. Hierdie boodskap sal deur elkeen van ons in die Huis uitgedra moet word.

Mnr die Speaker, ek wil graag afsluit deur my kiesafdeling een laaste maal te noem. Ek wil die dorp Knysna en al sy inwoners gelukwens daarmee dat hulle Suid-Afrika se Engen Dorp van die Jaar-toekenning ontvang het. Ek is nie seker wat al die agb lede van die Huis tydens hul reses gedoen het nie, maar ek het my tyd deurgebring deur stemkaarte by Engen-dienstasies reg oor die provinsie in te vul. [Tussenwerpsels.] Daar is geen rels daaroor nie. Ek wil die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme ook bedank omdat hy ons vieringe bygewoon het en deel van die toekenningseremonie uitgemaak het. Die toerisme-verwante gemeenskap van Knysna se moraal het 'n groot hupstootjie hierdeur gekry en sal 'n selfs groter speler in die toeristebedryf word.

Ek moet ook, ten slotte, die Stad Kaapstad gelukwens met die verkiesing tot Engen se Stad van die Jaar. Ek dink dit is 'n eer dat albei hierdie toekennings in hierdie provinsie, die Wes-Kaap, toegeken is.

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, ek wil aan die agb lid mnr Winde s dat instroming van enige plek na enige ander plek 'n baie algemene verskynsel in die wreld is. Om die waarheid te s, ek dink dit is goed as mense van provinsie tot provinsie en stad tot stad beweeg. Dit breek baie van die skanse af wat ons in ons gemeenskap het.

Mnr die Speaker, dankie vir die geleentheid om deel te neem aan die debat oor die Openingsrede van die Premier. Die agb Premier sal natuurlik nooit 'n toespraak kan maak wat al die sake dek wat ons graag wil h hy moet dek nie, maar ek dink dat hy 'n stelling gemaak het sonder om werklik die volle konteks van hierdie provinsie en die stad te begryp. Hy het aan ons die bene gegee, sonder die vleis. Hy het 'n toespraak gemaak wat s dat alles goed gaan in die Wes-Kaap en dat ons eenvoudig die beste is. Ek glo dat ons ons oorwinnings moet vier en dat ons trots moet wees op hierdie provinsie, maar my vrees is dat die endemiese probleme wat ons in hierdie provinsie het, oor die hoof gesien sal word.

Die gaping tussen die rykes en die armes neem steeds toe en in hierdie provinsie gaan dit baie goed met die welgesteldes. Die armes, aan die ander kant, kry baie swaar. Vanoggend om 06:30 het my tante se buurvrou in Tafelsig my geskakel. Sy was in trane. Haar kind, wat na graad 9 moes gaan, is vandag nie weer by die skool toegelaat nie omdat sy nie haar skoolgeld kon betaal nie. [Tussenwerpsels.] Die kortpad was eenvoudig om die R250 vir verlede jaar te betaal.

As 'n mens daardie gesin as 'n verteenwoordiger van gesinne in die stad neem, sal jy hul vrees en angs ken. Ek weet dat die agb Minister van Onderwys ges het dat hulle relings moet tref, maar die feit is dat ons mense vervreemd voel. Hulle het nie geld nie en hulle is ook baie trots. Hulle wil nie na 'n skool toe gaan en s: "Ek het nie geld nie."

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Hulle moet 'n reling tref en die geld betaal.

*Me L BROWN: Dit is hoe dit maar in ons gemeenskap gaan. Ons sal daardie gemeenskappe moet bemagtig. Die agb Minister van Onderwys kan daar sit en soveel skree en raas as wat sy wil, maar dit is die probleem. [Tussenwerpsels.] Wat gebeur het, is dat hierdie gesin nog nie die skoolgeld kon betaal nie omdat almal in die huis werkloos is. Dit is 'n kleinigheidjie, en die agb Minister van Onderwys maak daarvan 'n kleinigheidjie.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Nee, ek s nie dat dit 'n kleinigheidjie is nie. Hulle kan vrygestel word. Hulle kan skool toe gaan.

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, ek is seker dat die agb Minister nooit die soort vrees sal begryp wat dit in die harte van ons mense laat ontstaan nie.

Hierdie kind woon langs die suidoostelike ekonomiese ontwikkelingslyn. Daar is geen nywerhede in die Mitchells Plain-Khayelitsha-gebied nie, daar is dus geen werk nie, en daar is geen vooruitsig op die skep van 'n beter lewe nie. Die agb Premier kom hierheen en s dat ons 'n paar merkwaardige ontwikkelings in ons stad gehad het. Ons het Canal Walk en GrandWest, maar hy laat na om te s dat hulle almal langs die noordwestelike ekonomiese lyn gekonsentreer is. Die feit van die saak is dat die meerderheid van die mense in die stad in die suidooste woon. Die ander feit van die saak is - ek weet dat dit daardie agb lede sal irriteer - dat hulle almal ook swart en bruin is. Die arm mense in die stad verdien minder as R1 000, en hulle maak 'n derde van die stad se mense uit.

'n Mens kan s dat dit 'n lang tyd sal neem om hierdie soort ekonomiese ontwikkeling in al ons gemeenskappe te h, maar kom ons gebruik een van die instrumente waaroor ons wel tans in ons Regering beskik, iets wat ons kan gebruik om die gesinslewe te herstel.

Die agb Premier het nie aan ons ges hoe ons die lewens van ons uitgebreide families in hierdie provinsie gaan herstel nie. Hy het nie met ons gedeel wat ons gaan doen omtrent die stygende getal straatkinders en kinderprostitusie, wat dui op die feit van disfunksionele families, nie. Waarom vertel die agb Premier ons nie van die syfers wat toon dat hierdie Regering in gebreke gebly het om te verseker dat die ontvangs van kinderondersteuningstoelaes deur die armste kinders in ons gemeenskappe behoorlik onder ons arm gemeenskappe bekendgestel is nie? Tot op hede het die Departement van Maatskaplike Dienste slegs een derde van die kinders bereik wat hulle teen einde van verlede jaar beplan het om te bereik.

Dit maak my woedend, want dit kom neer daarop dat arm mense 'n bietjie geld onts word wat hierdie Regering reeds beplan het om te versprei. Dit is geld wat hulle in hul rekening het. Dit is geld wat hulle behoort te bestee. Dit is geld wat hulle moet adverteer. Hulle moet seker maak dat mense aansoek om die kinderondersteuningstoelaes doen. [Tussenwerpsels.]

Die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake moet dit nie by die Lotto kry nie; hy moet dit kry waar ons is. Ons is hier in die Wes-Kaap. Kom ons werk dit hier uit. In plaas daarvan, soos die agb Premier Vrydag in sy repliek sal doen, sal hy s dat dit die nasionale Regering se fout is. Soos die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake s, dit is die Lotto se fout dat hierdie Regering die bestaande staatsonderhoudstoelaes moet verminder!

Die nasionale Regering het staatsonderhoudstoelaes verminder, maar ons het die morele verpligting om al die kinders in die stad en in hierdie provinsie wat arm is, te bereik. Ons kan nie doen wat die ou NP-regering gedoen het en staatsonderhoudstoelaes aan 'n klein groepie bruinmense, blankes en Indirs gee nie. Ons kan dit nie doen nie. Dit is nie deel van ons Christelike, Moslem of ander geloof nie. Dit is nie deel van ons menslikheid dat ons so iets kan doen nie.

Dit is 'n klein sakie, maar 'n mens moet 'n bietjie deur-tot-deur-werwing doen in 'n gebied soos Tafelsig, Elsiesrivier, Guguletu of Napier om te besef dat dit die feit is dat hulle nie eens 'n bietjie kos op hul eie tafels kan plaas nie wat dit vir mense onmoontlik maak om gehalte lewens te lei.

Die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding het ges dat hy werklik wil begin met 'n proses om gemeenskappe en die vroue wat nie meer die staatsonderhoudstoelaes gaan ontvang nie, te bemagtig. Ek is dankbaar en gelukkig dat dit is wat hy gaan doen, want al wat ons wil h dat hy en al die voormalige Ministers van Maatskaplike Dienste moes doen - en ons wou h dat die agb Premier beheer hiervan moes oorneem - was om die voorbeeld van die agb Leier van die Opposisie te volg. Toe hy Minister was, het hulle begin met twee belangrike projekte vir die vroue wat nie meer die staatsonderhoudstoelae sou ontvang nie. Dit het beteken dat vroue wat minder geld ontvang het, bemagtig sou word deur geld saam te voeg en met projekte te begin wat meer inkomste sou skep. Dit gaan daaroor om skeppend te wees en nie te probeer om kort paadjies te neem ten einde politieke munt daaruit te slaan nie, soos wanneer 'n agb lid daaroor kan skree dat dit die Lotto-geld of die nasionale Regering se fout is.

Ons hoef waarskynlik net met die N2 af te ry om te besef waarom klem van elk van ons partye soveel verskil. Die NNP en die DP, en baie mense in die Kaap wat na radiostasies kan bel, en so meer, glo dat wat ons in daardie gebied moet doen, is om dit te polisieer. Waarom is daar geen sprake daarvan dat ons die lewensgehalte van diegene wat langs die N2 woon moet verhoog nie?

As daar net oor die afgelope ses jaar groter klem daarop was. In plaas daarvan is daar 'n groot klomp vreugde oor hoe goed ons is! Die agb Premier het hierdie Provinsie nou al vir ses jaar bestuur. [Tussenwerpsels.] Voor daardie ses jaar het hulle dit vir 48 jaar gedoen. As hy aandag gegee het aan die ekonomiese ontwikkeling en bemagtiging van mense in daardie gemeenskappe en as hy werklik so eerlik is soos wat hy vandag hier s hy is, sou ons die lewens van mense wat langs die N2 woon, omgekeer het. Hulle sou 'n baie meer voorspoedige lewe gelei het.

Hulle mislei hulself deur te s dat ons slegs beter word en dat die ekonomie aan die groei is, dat dit aan die bloei is. Hulle bestook ons die hele tyd met gemiddelde syfers oor hoe ons nie regtig werkloos is nie. Om die waarheid te s, daar sou geen arm mense wees as dit gebeur het nie! Ons kan soveel ekonomiese ontwikkeling h as wat ons wil. Ons kan glo dat die towerkuur vir alle sake toerisme is, maar as ons nie gemeenskappe bemagtig en mense se lewensgehalte en waardigheid herstel nie, en hulle nie toelaat om oor rassisme te praat nie, sal ons nie 'n gesamentlike eindbestemming kan bou nie.

Dit is belangrik om skoon gemeenskappe te h, en die klem hierop is interessant. Skoon gemeenskappe moet egter gepaard gaan met ekonomiese ontwikkeling, en om te verseker dat kinders by die skool uitkom en moeders in huise nie geslaan en afgeknou word nie. Dit gaan daaroor om seker te maak dat al daardie dinge gebeur. Ons moet 'n veelfasettige benadering aanneem wanneer hierdie gemeenskappe ontwikkel word. 'n Skoon gemeenskap gee nie op die lang termyn aan ons 'n heel gemeenskap nie. 'n Skoon gemeenskap doen net dit - dit maak die gemeenskap skoon.

Dit is 'n pragtige provinsie van ons hierdie, maar ons weet dat die armes deur 'n swaar tydperk gaan. Ons praat in die Huis van rassisme, en dan doen ons iets so slegs soos om mense te ontslaan bloot omdat hulle die feit ophaal dat swartmense nie in die stad en in die provinsie erkenning geniet nie. Dit is 'n soort fascisme.

In die gemeenskap van Mitchells Plain is 'n swart priester vanoggend deur die kerkmense uitgeskop. Ek glo dit s vir ons in ons diepste wese dat dit nie die Christelike wyse kan wees om dinge te doen nie. Dit moet aan ons s dat dit rassisties is. Die feit dat die Hillstar-verkeersbeamptes nie die probleem kan ophaal dat hul bevordering nie deurgekom het nie, en dat hulle verskriklik bang is om met hul hoof te praat, moet aan ons s dat dit 'n pynlike endemiese rassisme is.

Mnr die Speaker, ons sal nooit toelaat dat daar weer in die wreld 'n volksmoord is nie en ons moet rassisme nooit in die wreld toelaat nie. 'n Mens kan dit nie bewerkstellig deur aan diegene wat onder rassisme gely het, te s dat hulle nooit weer daarvan moet praat nie, en dat hulle op hul plek gesit sal word as hulle wel daaroor praat nie. Ons kan dit nie doen nie.

Omdat ons eindbestemmings so onderling vervleg is, moet ons gesamentlik 'n oplossing daarvoor vind. Ons moet oor die kwessie van ras praat, en diegene wat oor die kwessie van ras praat, is nie rassisties nie. Diegene wat oor die kwessie van ras praat, sal aan ons s dat dit daaroor gaan dat 'n mens praat oor diegene wat arm is. Dit gaan ook daaroor dat 'n mens oor geslagskwessies praat. Dit gaan ook daaroor dat ons oor die mees kwesbares in ons gemeenskap praat. [Tyd verstreke.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Ter wille van daardie agb lede wat 'n bietjie geskok kan wees om my, en nie die Speaker nie, in die Stoel te sien, ek is net een van die paneel van tydelike voorsitters. Daar het niks onbehoorliks gebeur nie. Ek los bloot die Speaker af.

*Mnr Y GABRU: Mnr die Voorsitter, op 'n punt van orde: sal u as Voorsitter gebruik maak van hierdie geleentheid om nou die Huis tot mre te verdaag?

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Dit sou dalk die ergste agterdog van sekere lede van die Huis bevestig, daarom sal ek dit nie kan doen nie. [Gelag.]

Me A ROSSOUW: Mnr die Voorsitter, ek het dit vroer interessant gevind toe die agb lid mnr Byneveldt die opmerkings oor integriteit gemaak het, waarmee hy by implikasie ges het dat die DA, en meer spesifiek die agb Premier, meesters is as dit kom by die suksesse van ander mense vir onsself toeien. Ek dink dit is by uitstek die ANC wat hulself daaraan skuldig maak. [Tussenwerpsels.] Neem die gebeure by Vanrhynsdorp as voorbeeld, en kyk wie het homself die sukses van ander mense toegeien. Ek kan nog vele soortgelyke gevalle opnoem.

Meneer, dit is vir my 'n voorreg om vandag aan die debat oor die Openingsrede van die agb Premier deel te neem. Sy uitstaande boodskap bewys weer eens waarom die agb Premier weer die toekenning as Beste Premier ontvang het. Ek wil hom opreg bedank vir die daadwerklike manier waarop hy die Regering lei om 'n regering vir al die mense van die Provinsie Wes-Kaap te wees. Hier word 'n gunstige klimaat vir ontwikkeling geskep sodat geleenthede daargestel kan word om die lewenskwaliteit van almal te verbeter.

Die hoogtepunt is vir my dat die agb Premier aangekondig het dat een van die vyf fokuspunte vanjaar sal wees dat die Provinsie beplan om in samewerking met plaaslike bestuur te fokus op die ontwikkeling van die platteland, met spesiale verwysing na die plaaswerkers. Dit val soos musiek op die ore van elkeen wat die belang van die landelike gebied op die hart dra. Inwoners van die platteland stroom in groot getalle na die stad met die hoop op werk.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Dikwels is daar in 'n groot mate slegs seisoenale werk op die platteland, en dit is beperk tot 'n paar weke van die jaar. Dit beteken vir die oorgrote meerderheid van die inwoners op klein dorpe en in klein gemeenskappe is daar geen hoop op vaste betrekkings nie. Om di rede begin die tendens van diefstal, dwelmmisbruik en dwelmhandel, waarmee prostitusie dikwels gepaard gaan, ook in die kleinste van ons gemeenskappe vastrap plek kry.

As ons nie ons jong matrikulante help om die geleentheid te h om werk te bekom nie, raak hulle in die massas weg en begin hulle wonder of dit enigsins die moeite werd was om met baie moeite en groot finansile ontberings die belangrikste mylpaal in hul jong lewens te behaal, om matriek te slaag.

Die afgelope naweek het Rapport berig dat die ANC die Wes-Kaap wil bevry teen 2004. Ek vra myself af: bevry van wat? Bevry van die DA-unistad? Bevry daarvan dat hulle net die beheer van een distriksmunisipaliteit kon kry? Bevry daarvan dat hulle slegs vyf Kategorie B-munisipaliteite kon verower? Is dit waarvan hulle ons wil bevry? Wil hulle ons daarvan bevry dat ons 'n 80,6%-matriekslaagsyfer gehad het; dat ons die beste Vigs-programme in Suid-Afrika het; dat ons die beste gesondheidsdienste in Suid-Afrika het; dat ons 'n skoon Administrasie het; en dat ons 'n bogemiddelde ekonomiese groei in Suid-Afrika toon, ten spyte van 'n swak landboujaar? So kan ek opnoem en die lys kan net al langer word.

Nee, meneer, die kiesers van Suid-Afrika is bevry - hulle het hul keuse gemaak op 5 Desember 2000 - omdat hulle vir hulself kan dink. Of wil die ANC insinueer dat die Wes-Kaapse mense nie vir hulself kan dink nie? Die ANC dobbel met die kiesers van Suid-Afrika, en hoop iewers wil die geluk hulle beter tref, maar die dice is al hoe meer besig om vir hulle verkeerd te val, en dit maak hulle benoud.

Mnr die Speaker, dit is altyd vir my 'n voorreg om na die Adjunkspeaker aan die woord te wees. Ook sy was 'n slagoffer van die ANC-verkiesingsveldtog. Ek bewonder die agb lid me Brown vir die waagmoed wat sy aan die dag gel het om op kort kennisgewing in te willig om as die ANC-burgemeesterskandidaat vir die unistad te staan. Waarom het die agb lid mnr Rasool as leier nie kans gesien vir hierdie uitdaging nie? Of het die ANC nie eintlik vir hom kans gesien nie? [Tussenwerpsels.] Ons sal hulle dophou om te sien of die ANC die moed het om later in die loop van die jaar vir die agb lid me Brown te beloon vir haar harde werk. [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Ek hoor Byneveldt is ook in die job.

Me A ROSSOUW: Daar sal seker baie mense wees. [Tussenwerpsels.]

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Orde! [Tussenwerpsels.]

Me A ROSSOUW: Meneer, die ontwikkeling van die landelike gebiede ...

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde!

Me A ROSSOUW: ... gaan vanjaar spesifiek aandag geniet. Wanneer ek aan die landelike gebied dink, is ... [Tussenwerpsels.] ... die eerste groep mense wat by my opkom die plaaswerkers en 'n groot persentasie van ... 

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Ek doen 'n beroep op agb lede aan albei kante van die Huis om aan die agb lid me Rossouw die geleentheid te bied om haar toespraak te lewer. Dit is selfs vir my moeilik om te hoor wat sy s. Tussenwerpsels kan toegelaat word, maar ons moet nie 'n aanhoudende stortvloed h nie. Die agb lid me Rossouw mag voortgaan met haar toespraak.

Me A ROSSOUW: Mnr die Voorsitter, wat die ontwikkeling van die landelike gebiede betref, dink ek spesifiek aan die plaaswerkers en die groot persentasie inwoners van die dorpe wat werklik net afhanklik is van seisoenale werk. Die ANC het ook tydens hul pas afgelope lekgotla op Citrusdal aangedui dat hulle spesiale aandag aan die platteland wil skenk.

Met die voorval op Redelinghuys, waarna die agb lid mnr Dugmore kortliks verwys het, het die ANC weer eens uitgeblink om mense met halwe waarhede, ook met behulp van die media, aan te hits en weer eens 'n negatiewe beeld van die landbou uit te dra. [Tussenwerpsels.] Ek wil agb lede van die ANC verseker dat ontwikkeling in die landelike gebiede nooit sonder die landbou gedoen kan word nie.

Wie was in die Redelinghuys-geval die verloorders? Die verloorder was die landbou as geheel - die werkers, die werkgewers, die gebied en uiteindelik ook Suid-Afrika.

Ek wil vandag 'n waarskuwing rig tot almal wat so optree onder die voorwendsel dat hulle mense probeer help: hulle vernietig keer op keer meer werkgeleenthede, menseverhoudinge en die toekoms van baie mense wat van di werkgeleenthede afhanklik is. Hulle gee nie om vir die armstes onder die armes nie. Hul woorde is leeg en betekenisloos.

Die ANC het weer eens bewys hulle stel nie belang in konstruktiewe oplossings nie. Hulle teer op sensasie en is so vasgevang in hul eie negatiwiteit en met die mentaliteit van die agb Leier van die Opposisie wat dreig om terug te keer tot die struggle-politiek, die strate en die loopgrawe. [Tussenwerpsels.]

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: [Onhoorbaar.]

Me A ROSSOUW: Die agb Leier van die Opposisie is so aangehaal en hy het dit nie gerepudieer nie.

Mnr die Speaker, die ANC praat so graag van demokrasie, maar hulle verstaan dit net wanneer hulle in beheer is. In die pas afgelope verkiesingsveldtog het ons ook ervaar dat ons plaaswerkers by meer as een geleentheid gedreig was met, "Stem vir die DA, dan word julle saam met die boere doodgemaak". [Tussenwerpsels.] Dit was op stemdag nog in lokale in my bedieningsgebied gedoen. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hier het ek die berig waarna ...

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil my kommer uitspreek oor daardie opmerking en die vrae wat dit in die Huis kan laat ontstaan. Dit blyk dat die agb lid me Rossouw gempliseer het dat die ANC verantwoordelik sou kon wees daarvoor om aan mense te s dat indien hulle nie vir die ANC sou stem nie, hulle doodgemaak sou word. Ek glo dit verg 'n beslissing, want dit sou 'n baie ongelukkige opvatting by die Huis kon laat ontstaan. Ek vra u eintlik om ernstig te oorweeg om die agb lid me Rossouw te versoek om daardie opmerking terug te trek.

*Die SPEAKER: Orde! Nee, ek kan nie die agb lid mnr Dugmore se punt van orde handhaaf nie. Die agb lid mnr Dugmore het 'n saak van kommer opgehaal, en dit is presies wat dit is. Dit is inderdaad nie 'n geldige punt van orde nie, want die agb lid me Rossouw is daarop geregtig om sodanige stellings te maak, en agb lede aan die ander kant van die Huis doen dit by herhaling. Die agb lid me Rossouw mag voortgaan.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: is dit nie vir u ook kommerwekkend dat 'n man wat so pas in die Stoel was, nie weet wat 'n punt van orde is nie? [Gelag.]

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid me Rossouw mag voortgaan met haar toespraak. [Tussenwerpsels.]

Me A ROSSOUW: Mnr die Speaker, ... [Gelag.] Meneer, u het die debat seker op kringtelevisie gevolg. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek het hier die berig waarna die agb lid mnr Dugmore verwys het. Hieruit is dit duidelik dat die berig genisieer is deur ons ANC-vriende aan die ander kant van die Huis.

Mnr M L FRANSMAN: Noem hulle name.

Me A ROSSOUW: Ek ken die persoon wat hierdie berig genisieer het. Ek ken die persoon wat na daardie plaas gegaan het. Hy het as 'n ANC-kandidaat in die verkiesing gestaan, maar het wel nie die paal gehaal nie.

Di persoon het op 'n plaas in die Redelinghuys-distrik gewerk. Deur sy toedoen was daar 'n staking op die plaas. Dit het uiteindelik daartoe bygedra dat die boer die plaas moes verkoop. Hordes mense het hul werk verloor as gevolg van hierdie selfde persoon wat met hierdie probleme tussenbeide getree het. Hierdie persoon het op 'n arrogante manier ... [Tussenwerpsels.] ...

'n AGB LID: Weet jy van wie jy praat?

Me A ROSSOUW: Ek weet presies van wie ek praat. [Tussenwerpsels.] Ek weet presies van wie ek praat. Daardie agb lid hoef my nie daaroor in te lig nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, uiteindelik het di persoon daardie mense so benvloed dat, ten spyte daarvan dat daardie werkgewer by die ANC-kantoor met die werkers wou gaan onderhandel, en ten spyte daarvan dat die dame van Beaufort-Wes hulle gesoebat het om na die plaas terug te keer, het hy geweier dat die boer weer met hulle kan onderhandel om na die plaas terug te keer.

Laat ek vir daardie agb lede wat nie kan verstaan hoe 'n persoon R7 per week kan verdien nie, verduidelik wat daar gebeur het. Daardie mense het kontrakte geteken vir stukwerk op die plaas. [Tussenwerpsels.]

AGB LEDE: Verdedig jy dit?

Me A ROSSOUW: Ek verdedig nie swak betaling nie. My probleem met die ANC is dat hulle kant kies vir 'n persoon wat nie bereid is om te werk nie en hom as voorbeeld gebruik. Wie is die slagoffers? Die slagoffers is die persone wat bereid is om tot 120 kissies druiwe per dag te pluk. Nou is hulle almal opgesweep en almal vat hulle goed en ...

'n AGB LID: Dit was nie kissies nie.

Me A ROSSOUW: Meneer, ek woon op 'n plaas waar druiwe gepars word; ek weet hoe pars 'n mens druiwe. [Tussenwerpsels.] Ek weet, so moet nie vir my daarop probeer regstel nie.

Meneer, daardie persone het maar sewe kissies druiwe gepluk. 'n Persoon wat sewe kissies druiwe pluk kan mos nie verwag om dieselfde loon te ontvang as 'n persoon wat bereid is om tot 120 kissies te pluk nie. Met ander woorde, ... [Tussenwerpsels.] ... wat die ANC eintlik doen, is om die persoon wat nie bereid is om te werk nie vorentoe te stoot en die persone wat werk word benadeel. [Tussenwerpsels.] As 'n persoon werk en bereid is om hom vir stukwerk uit te gee ...

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid me Rossouw moet die Stoel aanspreek.

Me A ROSSOUW: Ekskuus, mnr die Speaker. Dit is sy versoeking wanneer daardie mense ...

Mnr R J KING: Sy spreek die werkers aan! [Gelag.]

Me A ROSSOUW: Mnr die Speaker, wat ek hartseer vind, is dat die dag nadat daardie mense weg is - en deurdat die DA-raad daaroor 'n besluit geneem het, en die DA-raadslid vir hulle die aand kos gegee het en hulle met DA-voertuie Worcester toe te vervoer is ...

Mnr M L FRANSMAN: Weggejaag.

Me A ROSSOUW: Niemand is weggejaag nie, hulle het gedros. [Tussenwerpsels.] Ek ken my feite. Die dag nadat daardie mense weg is, het die boer sy buurman se oesmasjien gebruik om die oes af te haal. Is dit hoe die ANC wil help? Is dit hoe die ANC wil h ons probleme moet oplos en werkgeleenthede moet skep?

Meneer, ek s nie ons moet ons blind hou vir probleme op plase nie. Ek nooi ons kollegas aan die ander kant van die Huis uit om saam met ons konstruktief op te tree, om te gaan onderhandel daar waar probleme is. Sodoende kan ons werkgeleenthede behou en daartoe bydra dat almal wat weke lank op die stoep sit en miskien net vir twee, drie weke op die platteland werk het, ook hul werk kan behou. [Tyd verstreke.]

Mnu P M JACOBS: Somlomo, iNkulumbuso engekhoyo ngeli thuba, ithe kwintetho yayo yachaza ukuba ichiza i-nevirapine liza kusetyenziswa ukukhusela ukusulelwa komntwana ngunina ngentsholongwane ebanga iSifo sikaGawulayo. Iqhube yathi eli phondo alisayi kuthintelwa nayiyiphi na imiqathango eya kuthi ibekelwe amanye amaphondo emva kokuba luqoshelisiwe uvavanyo. Ibuye yathi eli phondo liya kucela i-Sixeko soBumbano kunye nabanye oomasipala ukuba bawukhawulezise lo msebenzi wokunqanda ukusulelwa komntwana ngunina.

Nam mandithabathe eli thuba ndongeze kumazwi enkuthazo ngokubhekisele kulo nyaka mtsha siwuqalayo, ndinqwenelele onke amalungu ale Ndlu nabasebenzi bayo unyaka omtsha onamathamsanqa.

(Vertaling van isiXhosa-paragrawe volg.)

[Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, die agb Premier, wat nie op hierdie oomblik teenwoordig is nie, het in sy Openingsrede ges dat die middel Nevirapine nie gebruik sou word om moeder-tot-kind-oordrag in die provinsie te voorkom nie. Hy het voortgegaan deur te s dat hierdie Provinsie nie aan bande gel sou word deur voorwaardes wat vir ander provinsies neergel word sodra die toetsfase afgehandel is nie. Hy het ook ges dat hierdie Provinsie die Unistad, saam met die ander provinsies, sou versoek om die proses van voorkoming van moeder-tot-kind-oordrag te bespoedig.

Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om my stem te voeg by diegene wat alle LPPs en personeellede reeds 'n gelukkige en voorspoedige nuwe jaar toegewens het.]

*Mnr die Speaker, die ANC verwelkom hierdie inisiatief. Die agb Premier het egter in gebreke gebly om aan die publiek te s waar hierdie inisiatief vandaan kom. Op 12 en 13 Augustus 2000 het die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad 'n vergadering bel om die navorsingsbevindings en opleidingspersele van die MTKO-program (moeder-tot-kind-oordrag) bespreek en na wetenskaplike en bedryfskwessies te kyk. Vervolgens het die nasionale Minister van Gesondheid besluit dat elke provinsie twee persele moet h waar hulle navorsing sou doen oor die wetenskaplike en bedryfskwessies rakende MTKO. Na hierdie proses sou 'n besluit oor die toekoms van MTKO in hierdie land geneem word. Raai wie was nie daar toe al die Ministers van Gesondheid daar was nie?

In die lig van die onlangse navorsingsresultate uit die VSA dat daar versigtig te werk gegaan moet word in die inwerkingstelling van hierdie programme, is daar bewys dat party van die anti-retrovirale middels skadelike en giftige newe-effekte kan veroorsaak, soos bloedafwykings. Dokters in die VSA word dus versoek om die aanvang van anti-retrovirale terapie in pasinte wat MIV-positief is, te vertraag. Daar moet kennis geneem word van hierdie ommeswaai van hul vorige beleid, waarkragtens sodanige anti-retrovirale middels baie vroer en meer aggressief toegedien is, en dit moet 'n uitwerking h op 'n rasionele benadering tot hierdie debat.

'n Versigtige benadering is sekerlik die regte en wetenskaplike wyse waarop 'n mens die kwessies rakende MTKO-behandeling moet hanteer. Dit is immoreel om ter wille van die aanteken van goedkoop politieke punte speletjies te speel met die lewens van onskuldige mense wat daagliks saamleef met die diskriminasie en stigma dat hulle MIV-positief is.

Mnr die Speaker, een van die besluite wat tydens hierdie vergadering geneem is, het verband gehou met die toediening van Nevirapine. Die voorgestelde plekke vir Nevirapine, gegrond op die MTKO-program vir die Wes-Kaap, het Khayelitsha, die Paarl, Worcester, Guguletu, Bonteheuwel en George ingesluit.

Die agb Premier het ges, en ek haal aan:

Ons verkies om nie gebind te word deur enige beperkings wat ingestel kan word op die ander provinsies wanneer die toetstydperk voltooi is nie.

Enige regdenkende persoon sou sekerlik die volgende vrae vra: beteken dit dat die uitslae wat uit die toetstydperk na vore kom nie in aanmerking geneem sal word nie, ongeag wat dit is? Stel die agb Premier voor dat die Wes-Kaap die voorstelle van die mees vooraanstaande wetenskaplike akademiese gesag in die wreld oor MTKO-sake moet ignoreer en die lewens van duisende swanger vroue, asook hul ongebore babas, in gevaar moet stel? Stel die Wes-Kaap voor dat hy ten opsigte van die MTKO-kwessie van die res van die land en die wreld afskei? En, laastens, is die agb Premier bereid om verantwoordelikheid te aanvaar vir die skadelike newe-effekte van hierdie middele?

My onmiddellike gevolgtrekking is ja, die agb Premier is bereid om duisende swanger vroue, hul ongebore babas en hul gesinne te verbind tot voorkomende behandeling deur die gebruik van AZT en Nevirapine, terwyl die langtermyn wetenskaplike profiel van Nevirapine en AZT nog nie behoorlik bepaal is nie.

Mnr die Speaker, die agb Premier het voortgegaan deur te s dat die Unistad en ander munisipale owerhede genader sal word met die oog op die bespoediging van die program. Die agb Premier ignoreer doelbewus die waarskuwing wat onlangs deur die wetenskaplike gemeenskap in die VSA gerig is.

Boonop, en miskien nog belangriker, is die stryd teen MIV/Vigs gekoppel aan die stryd teen armoede. Die agb Premier het geswyg oor hierdie saak. Die stryd teen MIV/Vigs is gekoppel aan die verskaffing van basiese dienste, gesondheid, behuising, skoon water, riolering, verbeterde voeding en voedselsekuriteit, en 'n stryd teen siektes soos TB, SOSe en wanvoeding. Die bevordering van die bemagtiging van vroue en jong mense is net so 'n belangrike saak.

Toe 'n vraag oor die Provinsiale Vigsraad aan die agb Minister van Gesondheid gerig is, was sy antwoord, en ek haal aan uit vraag 2(2)(a) en (b) in Hansard: Wes-Kaap, 17 Oktober 2000, deel 5, Interpellasies, Vrae en Antwoorde, bl 507:

Die kabinetsvoorlegging bevat 'n wye reeks van regerings en burgerlike samelewing rolspelers. ... die Provinsiale Vigsraad 'n verenigende forum sal wees ... Organisasies en individue sal uitgenooi word om verteenwoordigers of individue tot die raad te nomineer.

Mnr die Speaker, ons verwelkom die feit dat die raad sy eerste vergadering later vandeesmaand sal hou. Die agb Minister van Gesondheid het bloot lippediens bewys aan die saak deur 'n handjie vol organisasies en individue by hierdie proses te betrek. Dit is nie demokrasie nie; dit is sekerlik nie die wyse waarop die mense in hierdie provinsie behandel behoort te word nie. Daar is verskeie organisasies wat in gemeenskapstrukture werksaam is, wat nie geraadpleeg is nie. Die ANC beskou dit as 'n neerbuigende konsep van demokrasie. Dit is nie 'n oorlegplegende forum nie. Ons eis dat 'n behoorlike proses gevolg word, met duidelik omskrewe uitsette en deursigtige oogmerke. Ons eis dat MIV-positiewe mense nie hoofsaaklik ter wille van vertoon by hierdie proses ingesluit word nie, ... [Tussenwerpsels.] ... maar dat hulle werklik s kry in die besluite wat hul lewens raak.

Mnr die Speaker, die agb Premier en die agb Minister van Gesondheid het teenstrydige stellings oor hierdie saak gemaak; wat die agb Premier ges het, verskil van wat die agb Minister ges het. Hy het ges dat ons eers 'n provinsiale vigsraad sou h, wat later vandeesmaand sou vergader, en dan sou daar oorlegpleging wees as een van die oogmerke om samewerking tussen die Regering en verskeie ander sektore wat by die stryd teen MIV/Vigs betrokke is, te bevorder.

Die ANC glo dat die stryd teen Vigs nie sonder die persoonlike betrokkenheid van alle Suid-Afrikaners - hetsy as individue, NROs, gemeenskappe, welsynsorganisasies, private ondernemings, gesondheidsorganisasies of regering - in vennootskap teen Vigs gewens kan en sal word nie.

Mnr die Speaker, dit is hoe ons genterpreteer het wat die agb Minister ges het toe hy destyds op ons vrae gereageer het.

Ongelukkig is die agb Minister van Onderwys nie in die Huis teenwoordig nie. Ek wou reageer het op 'n paar van die sake wat sy opgehaal het. Die agb Minister het 'n kwessie opgehaal rakende Crossroads. As sy hier was, sou ek aan haar s dat ek in verskillende hoedanighede in Crossroads werksaam was - soveel soos sy was; ek ken Crossroads so goed soos sy; ek het in Crossroads gewoon - ek twyfel of sy dit gedoen het.

Die kwessie is die behuisingsontwikkeling in daardie gemeenskap en of oorlegpleging plaasgevind het of nie. Die oorlegplegingsproses ten opsigte van behuisingsontwikkeling in daardie gemeenskap is in 1997 deur die HOP begin. Gelukkig was die voorsitter van die HOP in die stadium toe die proses 'n aanvang geneem het, ene mnr Noludwe, maar hy is nie meer die voorsitter van die HOP daar nie. Die kwessie is weer eens of oorlegpleging plaasgevind het in daardie gemeenskap of nie. [Tussenwerpsels.] Die agb Minister kan dalk korrek wees, want, soos ek in haar afwesigheid ges het, die voorsitter van die HOP in die stadium toe die oorlegpleging begin het, was mnr Noludwe. Hy het aan die agb Minister ges dat oorlegpleging nie plaasgevind het nie. Hy was die een wat aan die spits van die oorlegplegingsproses gestaan het. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, verskeie vergaderings is gehou en in 1999 is begin met 'n proses om begunstigdes te identifiseer. [Tussenwerpsels.] Mnr Noludwe was nog steeds destyds die voorsitter van die HOP. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER VAN ONDERWYS: [Onhoorbaar.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb Minister van Onderwys mag nie tussenwerpsels maak uit 'n ander sitplek as haar eie nie.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, mnr Noludwe was destyds nog die voorsitter van die HOP, wat hy nie nou is nie. Die saak wat die agb Minister van Onderwys nagelaat het om die Huis oor in te lig, is dat die ontwikkeling gestaak is omdat mnr Noludwe en sy groep eis dat die HOP 'n algemene jaarvergadering hou. [Tussenwerpsels.] Dit is nie wat aan ons ges is nie, en dit is 'n kwessie. [Tussenwerpsels.] 

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Op grond van die korrupsie in die ANC se toekenning van standplase en huise; dit is die probleem.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek wil nie daarop reageer nie, want mnr Noludwe was self betrokke by die toekenning van die persele. [Tussenwerpsels.] 

Geen ANC-raadslid het die bevoegdheid om van die HOP te vra om 'n algemene jaarvergadering te hou om mnr Noludwe tevrede te stel nie. Weer eens, wat nie aan ons ges word nie, is dat die mense wat die ontwikkeling ophou, die mense van die Unati-seksie is. Die Unati-seksie het steenhuise.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Boystown.
*Mnr P M JACOBS: Die agb Minister het reg. Die mense wat voordeel uit die ontwikkeling behoort te trek, is van Boystown, maar hulle is nie die mense wat die ontwikkeling ophou nie. Die mense wat die ontwikkeling ophou, kom uit Unati.

Mnr die Speaker, ek wou hierdie aangeleentheid in die regte perspektief stel. Dit is nie soos die agb Minister dit aan ons voorgehou het nie.

*Mnr C R REDCLIFFE: Mnr die Speaker, dit is inderdaad aangenaam om terug te wees in hierdie plek. Ek wil al my kollegas bedank vir die hartlike wyse waarop hulle my verwelkom het die oomblik toe ek die 5de Vloer betree het. Ek betuig ook my dank teenoor die amptenare van die Parlement. Ten spyte van die feit dat dit lyk of sake 'n bietjie deurmekaar is, wat kantore betref, doen dit nie afbreuk aan die hartlike ontvangs wat ek ontvang het nie. As al die vernuwings finaal afgehandel is, sou die tydelike ongerief hopelik die moeite werd gewees het. Meneer, dit handel party van die hoflikheidsgebare af.

Mnr die Speaker, my parlementre loopbaan tot dusver was nogal soos 'n tuimelwaentjierit; dit is hoe die wisselvalligheid van die openbare lewe nou maar is. Dit is altyd aangenaam om terug te keer, want as 'n mens buite is en na binne kyk, ontwikkel eiesoortige perspektiewe ook onvermydelik. Ten spyte van die feit dat ek vir 'n kort tydperk nie 'n parlementre verteenwoordiger was nie, was ek nogtans steeds polities baie aktief. Om die waarheid te s, dit was aangenaam om in die Suid-Skiereiland vir die DA betrokke te wees by die plaaslike regeringsverkiesings, waar ons 13 uit 13 wyke gewen het. Laat ek egter nie te lank by die verkiesings stilstaan nie. Ek weet dit maak agb lede aan die ander kant van die Huis terneergedruk.

Kom ek s egter ...

*Mnr Y GABRU: Onthou u dat u by Pick 'n Pay aan my ges het dat u gewens het u was in die ANC? [Gelag.] Onthou u?

*Mnr C R REDCLIFFE: Meneer, dit maak nie saak hoe die ANC syfers wil bewimpel nie. Die feit van die saak is dat hulle 'n pak slae gekry het. In een koerantberig is daar ges dat die ANC eintlik 'n wins by die stembus gemaak het. As hulle hulself mislei, soos hulle onlangs by hul lekgotla in Citrusdal gemaak het, sal hulle aanhou om slae te kry by die stembus. Dit was tydens die verkiesingsveldtog 'n uitgemaakte saak dat hul kiesers hulle in die steek sou laat. Hul tradisionele ondersteuners is siek en sat vir die verbreekte beloftes; hulle is siek en sat vir die gebrek aan werk wat in 1994 belowe is; hulle is siek en sat vir die ho misdaadvlakke ten spyte van die verbloeming van die ware syfers; en hulle is siek en sat vir die korrupsie wat alles deurdrenk - selfs binne die geledere van die ANC.

Mnr die Speaker, ten spyte van 'n belofte deur President Mbeki dat hy nie enige korrupte raadslede sal duld nie, lyk dit asof hierdie belofte ook by die venster uit sal waai. Die Sunday Times het 'n paar dae gelede berig oor 'n raadslid wat twee salarisse per maand ontvang. Die berig s dat Bongani Zondi twee salarisse per maand ontvang - een as 'n ANC-plaaslike raadslid en een as 'n onderwyser - hoewel hy vir 17 maande nie sy voete in 'n skool gesit het nie.

Ek stem saam met wat die agb Premier gister ges het, "Suid-Afrika eis deursigtige, korrupsievrye regering."

Nogtans wil die nasionale Regering nou die Heath-ondersoekeenheid ontbind. Wat die redes ook mag wees, die opvatting bestaan dat die Heath-kommissie van die toneel verwyder moet word, want dit het so 'n doring in die vlees van die Mbeki-administrasie geword. Die skrikwekkende implikasie van daardie opvatting is dat die nasionale Regering traag sal wees om teen korrupsie op te tree. Dit hou sekerlik niks goeds in vir beleggersvertroue nie. Korrupsie en algemene wanadministrasie is regdeur die wreld die grootste struikelblok op die pad na behoorlike ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling.

Dit verskaf aan niemand plesier as sake in hierdie land skeefloop nie. Ons het 'n pragtige land met die potensiaal om 'n wennernasie te word. Ons het sowel die fisiese as menslike hulpbronne. Ons het 'n gesofistikeerde infrastruktuur gerf waarop ons kan bou. Ons is almal in dieselfde bootjie. Ons vryheid is 'n onverdeelbare vryheid. In 'n Suid-Afrikaanse konteks is dit nie in enigeen se belang om verarmde bure te h nie. Dit is waarom ons so geskok en hartseer is oor wat in Zimbabwe aan die gang is. Wat nog meer skokkend is, is die oorverdowende stilte van die kant van President Mbeki en die ANC oor die absolute wetteloosheid wat in daardie land aan die gang is.

'n AGB LID: U is besig met vergeefse werk.

Mnr C R REDCLIFFE: Dit is nie vergeefse werk nie. Dit is een van die redes waarom hierdie land se aandeel aan direkte buitelandse besteding besig is om 'n afwaartse neiging te toon.

Mnr die Speaker, daar word ges dat swye dui op instemming. Terwyl die ANC swyg oor die gebeure in Zimbabwe, kan daar met reg afgelei word dat hulle hierdie wetteloosheid goedkeur.

Gister het die agb Premier tydens sy Openingsrede ook ges dat ons ook byeenkom in die wete dat die vertroue en geloof van die publiek in baie van die politieke leierskap in ons land besig is om vinnig af te neem. Die agb Premier huldig nie daardie mening alleen nie. Ek wens die agb lede aan die ander kant van die Huis wil die moeite doen om die gereelde rubriek van mnr Kaizer Nyatsumba in die Cape Argus van verlede Woensdag, 31 Januarie 2001, te lees, waarin hy s, en ek haal aan:

We have a developing crisis on our hands, but unfortunately it does not seem that the country's leaders have recognised it for what it is.

Hy gaan verder deur te s:

It is a crisis of confidence, where more and more people across the colour line increasingly take whatever the government says with much more than a pinch of salt.

'n Paar dae later het Max du Preez in sy gereelde rubriek in die Cape Argus presies dieselfde standpunte uitgespreek. Verskeie van die kommentators wat hul kommer hieroor uitspreek, is nie vriende van die DA nie.

As ons aandag wil gee aan die belangrike kwessies van werkloosheid en armoede, moet ons 'n volhoubare ekonomiese groeikoers van die orde van ten minste 4% tot 5% per jaar h. Gebrek aan vertroue in die nasionale Regering is 'n hindernis vir sodanige groei. Ons hoop derhalwe opreg dat President Mbeki die geleentheid van die opening van die nasionale Parlement op Vrydag sal gebruik om weer daardie vertroue in hierdie Administrasie te vestig. As dit nie gedoen word nie, sal dit lei tot verdere werkloosheid en armoede.

Mnr die Speaker, ek moet die agb Premier ook gelukwens met 'n uitstekende Openingsrede gister. Dit het verskeie uitsprake met iets om die lyf en ander inisiatiewe bevat. Ek verskil van die agb Leier van die Opposisie dat die toespraak diepte kortgekom het, soos hy in die Cape Times van 7 Februarie 2001 aangehaal is. Die agb Premier het byvoorbeeld verwys na klein en medium ondernemings en ges dat dit die tweede sleutelstrategie vir die bevordering van ekonomiese groei en werkskepping in die provinsie sal wees. [Tyd verstreke.]

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, die agb Premier het gister in sy Openingsrede herhaaldelik genoem dat sy Regering 'n regering vir al die mense van die Provinsie Wes-Kaap is. Ek moet die agb Premier daarop wys dat die teendeel inderdaad waar is.

My daaglikse ervaring op plase in die Wes-Kaap is vir my as Lid van die Provinsiale Parlement 'n absolute ontnugtering. Die ho syfer van aanrandings, rassisme, uitsettings en uitbuiting van ongeskoolde plaaswerkers is vir die ANC 'n steen des aanstoots in sy strewe na 'n demokratiese, nie-rassige Suid-Afrika. [Tussenwerpsels.] In die Wes-Kaap blyk hierdie optrede egter aanvaarbaar te wees vir die agb Premier, sy Minister en die res van sy koalisieregering. [Tussenwerpsels.]

Kom ek noem vir die agb Premier 'n voorbeeld. Mnr Charles Petersen was tot en met sy rugbesering, wat hy tydens een van sy normale werkdae opgedoen het, 20 jaar lank op die plaas Lustigaan werksaam. Nadat sy dokter hom medies ongeskik verklaar het, is hy sonder enige vergoeding van die plaas afgesit.

Meneer, kom ek noem nog 'n voorbeeld. 'n Bejaarde man, mnr Hanker, het tuberkulose opgedoen nadat hy agt jaar lank op die plaas Verwoed in Suider-Paarl gewerk het. Nadat sy dokter hom medies ongeskik verklaar het, moes hy ook die plaas verlaat.

Pas verlede week weer het die naakte werklikheid van die rassistiese praktyke en uitbuiting op plase en in landelike gebiede ons weer hard getref. Die Cape Argus van 2 Februarie 2001 en plaaslike radiostasies het die berig oor die 23 werklose arbeiders wat in die Beaufort-Wes-omgewing onder valse voorwendsels deur 'n wit boer na die Boland gebring is, uitstekend gedek. Wat veral ontstellend is van die skokkende voorval, is die feit dat ng die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke, ng sy Kantoor die betrokke boer en ander betrokkenes in die openbaar veroordeel het. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Dit was nie 'n boer nie. Dit was 'n arbeidskonsultant.

Die SPEAKER: Orde!

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, dit is juis hierdie soort blatante miskenning van die menseregte van plaaswerkers wat my weer eens oortuig het dat hierdie Regering slegs die voorregte van die minderheid beskerm.
Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, voordat ek by my repliek kom, wil ek almal in die Huis baie voorspoed toewens vir die jaar wat voorl. Mag dit vir ons almal 'n aangename jaar wees en mag ons almal saam positief werk om 'n verskil te maak aan die lewens van die mense daar buite wat kyk wat ons hier doen.

Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier gelukwens met sy weldeurdagte en rigtinggewende Openingsrede. Sy Rede gaan ook 'n verskil maak. Dit was weer eens die bewys van 'n provinsie wat 'n regering het wat werk. Ek dink die ander provinsies begeer om so 'n Premier te h as wat ons in die Wes-Kaap het.

Mnr J P GELDERBLOM: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Mnr die Speaker, die agb Premier het aangekondig dat hierdie Regering gaan fokus op landelike ontwikkeling en dat 'n span deskundiges aangestel is om 'n omvattende beleid vir landelike ontwikkeling saam te stel. 

Dit is wreldwyd bewys dat lande wat armoede in landelike gebiede aanspreek, meer impakteer op nasionale welvaart as lande wat op stedelike armoede klem l. Argentini, wat een van ons sterkste mededingers in die internasionale landbou arena is, het juis gefokus op die bekwaamhede van hul landelike bevolking. 

Hierdie tema wat die Provinsiale Regering vanjaar gaan aanpak, is die implementering van ons tiende voorgenome doelwit - om te fokus op volhoubare landelike ontwikkeling. Hierdie doelwit gaan verseker dat die noodsaaklike infrastruktuur ontwikkel word om die nodige stimulus te verleen en dinamiese werkskeppingsprogramme ontwikkel. Dit sal landelike gebiede gentegreerd ontwikkel, en sodoende 'n balans teweegbring sodat ons armoede stelselmatig kan uitwis. Ek glo dat hierdie doelwit die sleutel is tot die mobilisering van groeipunte in die landelike gebiede. 

Mnr die Speaker, die vestiging van 'n belangekantoor in Brussels om ons produkte in die EU en elders te bemark, is 'n deurbraak vir die landbou. Bykans 80% van die Wes-Kaap se uitvoere gaan na Europa, terwyl 60% van die landwye landbou-uitvoere uit hierdie provinsie kom. 

Die EU-regulasies en -vereistes ten opsigte van landbouprodukte word gedurig gewysig en het 'n bepalende invloed op ons uitvoere. Ons teenwoordigheid daar sal beteken dat ons inspraak sal h op EU-regulasies voordat dit amptelik aangekondig word. Voorts gaan daardie kantoor ons in staat stel om kongresse en konferensies by te woon, sonder dat dit noodwendig ho kostes sal meebring.

Mnr die Speaker, ek wil vervolgens oor plaasmoorde praat. Dit is met verslaenheid dat die landbougemeenskap van die Wes-Kaap week na week hoor van die moorde wat op ons plase gepleeg word.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Die MINISTER: In die Wes-Kaap is ons oor die afgelope ses maande, en in die feesseisoen, geskok deur plaasmoorde. As gevolg van die verbod op die bekendmaking van misdaadstatistiek, kan ek nie eens vandag opgedateerde statistiek gee oor die getal boere en hul vroue wat op plase vermoor is nie. Verlede jaar was daar 804 aanvalle op plase landwyd, waarin 119 mense hul lewens verloor het. 
Ek kom nou by die Veediefstaleenhede. Meneer, nadat die nasionale Regering verlede jaar aangekondig het dat hulle spesialis polisie-eenhede regoor die land gaan sluit, en daarmee saam die Veediefstaleenhede, het ek 'n gesprek gerel tussen Agri Wes-Kaap en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid.

Ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid opreg bedank vir die maatrels wat hy bereid is om te tref om ander mense se foute reg te stel. 

Meneer, Agri Wes-Kaap se voorlegging het skokkende statistieke opgelewer. Daar word bereken dat die Wes-Kaap alleen 300 000 ooie jaarliks aan veediefstalle verloor - 'n ooi is 'n skaap wat nie horings het nie, maar wat twee spene het. In geld bereken, beteken dit 'n finansile verlies van byna R400 miljoen per jaar aan skaapdiefstal alleen. Di R400 miljoen beland in die diewe se sakke. Die verlies aan BTW, in hierdie geval, beloop R65 miljoen. Di R65 miljoen kon in die Polisie se sak gewees het en dit kon beter polisiring moontlik gemaak het. Meneer, ek praat hier nie eens van die diefstal van beeste, varke en ander vee nie. As die verlies bloot finansieel was, was dit een ding, maar hierdie verliese lei tot 1 500 minder werkgeleenthede in die formele en informele landbousektore van die Wes-Kaap. 

Agb lede kan dus sien dat die nasionale Regering met die sluiting van die Veediefstaleenhede die boodskap aan die landbougemeenskappe uitstuur dat veediefstalle nie hul probleem is nie; dat hulle nie omgee vir die welvaart van die landelike gebiede nie. 

Mnr die Speaker, ons is dankbaar dat die situasie in landelike gebiede vir die agb Premier 'n saak van erns is. Hy het hom verlede week beroep op 'n vennootskap tussen die polisie, die Regering, die sakesektor en die landbouprodusente om die euwel van plaasmoorde en -aanvalle te bestry. Die Provinsie Wes-Kaap stuur 'n duidelike boodskap aan die landbouers dat ons bekommerd is oor plaasmoorde. Ek wil die agb Premier bedank omdat hy 'n leier vir al die mense van die Wes-Kaap is.

Meneer, intussen wag die landboubedryf angstig op die Begrotingsrede van die nasionale Minister van Finansies, wat hy op 21 Februarie 2001 sal lewer. Dit is met skok dat ons verlede jaar kennis geneem het van 'n styging van 37c per liter in die prys van diesel. Die verlaging van 16c per liter wat vandag in werking tree, is 'n verligting, maar die instelling van 'n rabat wat 'n werklike verskil gaan maak aan die verlaging van insetkoste, het ons bitter nodig. Verlede jaar het die nasionale Minister van Finansies 'n rabat aan die vissersbedryf toegestaan; ons glo hy kan nie anders nie as om dit vanjaar ook aan die landboubedryf te gee.

Ons lees in die Januarie 2001-koerante dat die ANC 'n plan het om 'n einde te maak aan die uittog van mense uit die landelike gebiede. Die plan wil verseker dat landelike gebiede nuwe lewe kry. Is die ANC regtig ernstig hiermee? Gaan hulle die uittog stop as hulle veediefstaleenhede sluit? Gaan hulle met di plan die uittog stop as die aanvalle op plaaseienaars en -werkers voortgaan? Gaan hulle die uittog stop deur die versoek om die Suid-Kaap 'n rampdroogtegebied te verklaar, ignoreer? Hulle maak asof dit nie bestaan nie.

Mnr die Speaker, ek is jammer die agb lid mnr Fransman is nie hier nie. Hy het melding gemaak van 'n voorstel wat hy wil indien, wat ons sal noop om die uitsettings op Elsenburg te stop. Ek wil vir hom s ek sal die uitsettings nie stop nie. Daardie mense is mense wat meer as R5 000 skuld en ook mense wat aangekla en skuldig bevind is aan wangedrag. Ek is nie aan die kant van mense wat die wet oortree nie. Daar is ander wetsgehoorsame burgers wat wag vir dieselfde huise. As die agb lid mnr Fransman vir die wetsoortreders wil werk, kan hy dit doen. Ek werk vir wetsgehoorsame burgers.

Me L N PHIKE: Ondersoek die saak!

Die MINISTER: Die Prokureur-generaal ondersoek dit; dit is nie eens nodig dat ons dit ondersoek nie.

*Mnr die Speaker, op Dinsdag, 22 Augustus 2000, het die agb lid mnr Dugmore die volgende voorstel in die Huis voorgestel, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, deel 5, bl 1818:

Dat die Huis kennis neem van die invloed van die droogte op boere van die Suid-Kaap/Klein Karoo, en 'n beroep op die nasionale Minister van Landbou en Grondsake doen om die streek te besoek en kontak met die boere en werkers in die streek te maak en om die invloed van die droogte te bepaal.

Die Huis het die voorstel goedgekeur. Tot op hede het die nasionale Regering geen kennis geneem van die droogte in die Suid-Kaap nie, ... [Tussenwerpsels.] ... maar die Provinsiale Regering het. Die Regering van hierdie Provinsie het die besluit geneem om plaaswerkers in die droogtegeteisterde gebiede van die Suid-Kaap se inkomste aan te vul. Dit beteken dat hierdie Regering 'n eenmalige bedrag van R2 miljoen aan plaaswerkers in die Suid-Kaap sal uitbetaal. Terwyl ons hier praat, is amptenare besig om op plase in hierdie gebiede te vergader en inligting te bevestig ten einde die uitbetalings moontlik te maak.

Ons navorsing het getoon dat die getal permanente werkers en hul afhanklikes op plase in die omgewing van 35 000 in 1995 tot 21 000 verlede jaar afgeneem het. Dit is 'n afname van 41%. In ooreenstemming hiermee het die getal permanente plaaswerkers van 8 900 in 1995 tot 5 200 in 2000 afgeneem. Dit beteken dat boere hul permanente arbeidsmag afgeskaal het. 

As die 1 500 boere hul plase vanwe die huidige ernstige droogtetoestande moet verlaat, sal 5 200 plaaswerkers en hul gesinne onsekerheid h oor hul onmiddellike toekoms. Baie van hulle sal nie ander inkomstebronne kan kry nie, wat sal lei tot maatskaplike probleme, soos kriminele bedrywighede, wanvoeding en alkoholmisbruik.

Hierdie ongunstige toedrag van sake sal nie net die primre en sekondre nywerhede en die gemeenskap van die Suid-Kaap skaad nie, maar ook die prestasie van die groter Wes-Kaap. Om di rede sal hierdie Regering 5 200 permanente plaaswerkers met 'n eenmalige uitbetaling van R400 per werker ondersteun. Ons glo dat hierdie bedrag 'n finansile inspuiting vir die streek sal wees.

Mnr die Speaker, ek wil die agb lede mnr A J Williams en me Rossouw opreg bedank vir hul positiewe toesprake ten opsigte van plaaswerkers. Ek kan hulle verseker dat daar mense daar buite is wat dit geweldig baie waardeer.

Meneer, ten slotte wil ek die Huis weer eens wys op die ANC se veldtog teen die landbouers, en veral die landbouers in die Suid-Kaap. Verlede jaar is in hierdie Huis 'n debat aangevra oor aanvalle op plaaswerkers. Daar is met groot bravade algemene stellings gemaak wat die landbouers uitmaak as gewelddadige en genadelose werkgewers. 

'n Boer van Albertinia, mnr Andrew Jonker, is verlede jaar van poging tot moord aangekla na bewerings dat hy met 'n bakkie oor 'n plaaswerker gery het. Di persoon was nie van plan om 'n klag te l nie, maar na politieke inmenging het hy 'n klag gel. Mnr Jonker het nog nie eens in die hof verskyn nie, toe het die ANC ...

Mnr C M DUGMORE: Jy s dit was goed dat die man oor hom gery het?

Die MINISTER: ... hom reeds skuldig bevind.

Mnr C M DUGMORE: Dit is die hof.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER: Daar was berigte met volkleur foto's in Kaapse koerante. Die SABC was daar. Die ANC se leiers het in groot getalle by die hof opgedaag nadat mnr Jonker die nag in selle moes slaap. 

Ek het onlangs verneem dat die klag teen mnr Jonker teruggetrek is en dat die Direkteur van Openbare Vervolging nie gronde kon vind om met die saak voort te gaan nie. [Tussenwerpsels.]

Wou die ANC maar dit met soveel geraas aankondig? [Tussenwerpsels.]

Mnr C M DUGMORE: Dit is reg dat die man oor hom gery het met 'n bakkie.

Die MINISTER: Ja, die agb lid mnr Dugmore was ook daar.

Is dit 'n geval dat le blikke 'n groot geraas maak? Wou die ANC met hul optrede 'n verdraaide beeld van die produsent skep? Dit lyk soms of daar 'n doofheid ontwikkel word wanneer dit kom by kommersile landbouers. 

Ek wil vir die leiers van die ANC vra om die eerbare weg te volg en om vir die mense daar buite te s dat hulle jammer is. [Tussenwerpsels.] Ek vra vir hulle om vir die mense te s hulle is jammer, want dit lyk asof hierdie muis 'n olifant gebaar het. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die landbou dra 4% by tot die ekonomie, maar 10% tot die werkmag in die provinsie. Dit is daarom hierdie Regering se verantwoordelikheid om in vennootskap met die landbouers die pad te loop. Die agb Premier se visie vir vanjaar ondersteun die landbou en landelike ontwikkeling, en daarvoor is die landboubedryf baie dankbaar.

Laat ons nie so besig wees met partypolitiekery dat ons vergeet dat dit die landbou is wat die voedsel vir ons tafels produseer nie. Laat ons nooit die mense in die landelike gebiede en in die uithoeke van ons provinsie vergeet nie. As ons dit doen, sal die gras in Adderleystraat en in Waalstraat groei.

Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, ek wil ten eerste ook my stem voeg by die koor van gelukwense aan die agb Premier met sy 60ste verjaarsdag. Ek wil kortliks verwys na wat die agb Leier van die Opposisie ges het en na sy fyn ontleding van die leemtes en tekortkominge in die Openingsrede van die agb Premier gister.

Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier egter gelukwens met sy Openingsrede. Dit was 'n toespraak wat seer sekerlik heelwat mense in hierdie provinsie tevrede en gerus sou stel. Ek verwys na diegene wat wil toesien dat hul bevoorregte posisie in hierdie provinsie steeds gehandhaaf en beskerm word. Hulle was gister deur di toespraak tevrede en gerusgestel.

Ander mense wat onder die dekmantel van 'n vryemarkstelsel van die mees weerlose mense in ons provinsie en veral in ons plattelandse gebiede, die landelike armes, uitbuit, sal ook na gister se toespraak tevrede en gerus voel oor hul toekoms in die provinsie. Hulle is tevrede dat hulle kan voortgaan om hul voorspoed en welvaart te bou op die ellendes van ander.

*Mnr die Speaker, die agb Premier se Openingsrede was sekerlik merkwaardig weens verskeie edelklinkende idees, asook 'n paar self-aanprysings. Die agb Premier het ges, en ek haal aan:

Ons visie is van 'n veilige, welvarende provinsie waarin niemand agtergelaat word nie, en waar elke burger toegang het tot die geleentheid om die gehalte van sy of haar lewe te verbeter.

*Mnr N M ISAACS: Dit is edel.

*Mnr R WILLIAMS: Ek het ges dit klink 'n edel. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die agb Premier het ook ges, en ek haal aan:

... niemand ... hoef egter ooit te voel dat hierdie Regering iets anders is as 'n helpende hand in hul reis deur die lewe nie.

Die werklikheid wat deur die meerderheid van die mense in hierdie provinsie beleef word, verskil grootliks van die opvatting wat die agb Premier probeer skep.

Twee onlangse voorvalle waarvan ek persoonlik kennis dra, nie soos party ander mense wat kommentaar gelewer het oor een van die voorvalle nie, beklemtoon die groot verskil tussen die werklikheid en die rook- en spielbeelde wat die agb Premier gister hier probeer opstel het. [Tussenwerpsels.] Die agb lid me Phike het na een van daardie twee voorvalle verwys. Dit kan dalk insiggewend wees om, nadat ons gehoor het hoe die agb lid me Rossouw die feite verdraai en verdigsels met feite verwar het, weer die feite van hierdie voorval te stel, soos berig in die Cape Argus van 2 Februarie 2001.

Mnr die Speaker, die feite is kortliks die volgende. Twee groepe mense, onderskeidelik 16 en 17 in getal, is in onder andere Richmond, Colesberg en Beaufort-Wes gewerf deur 'n sogenaamde arbeidskonsultant of arbeidsmakelaar van Worcester. Ek moet tot my skande erken hy is van Worcester. Hulle is daar gewerf met die belofte dat hulle R1 sou verdien vir die pluk van een mandjie druiwe. Sestien van hulle in die een groep en 17 in die ander groep is agter in 'n bakkie, nie veel groter as di van die agb lid mnr King nie, geprop en 500 km na 600 km ver vervoer tot op 'n plaas naby Piketberg. [Tussenwerpsels.] Dit is onbetwis. Die boer erken dit. Toe hulle daar aankom, is hulle in 'n vuil uitgediende perdestal geprop. Dit sou hul huisvesting wees vir die drie weke wat hulle veronderstel was om op die plaas te werk. Toe hulle die Vrydag hul loon kry, ontdek hulle dat in stede van die R1 per mandjie druiwe - en dit is nie 'n kissie nie - wat hulle sou kry, hulle 65c sou kry en dat die boer R25 afgetrek het vir die skr wat hulle gebruik het. Hulle moes ook R5 per brood betaal vir die brode wat hulle aangekoop het.

Die agb lid me Rossouw het hier 'n baie brawe poging aangewend om hierdie onverdedigbare te probeer verdedig. Sy het verwys na die feit dat een persoon R7 verdien het, want hy het slegs sewe mandjies vol gepluk. Laat dit dan nou so wees, maar die ander het enigiets tot R48 vir 'n week se werk verdien. Onthou, hulle is weggeneem uit hul plekke van herkoms, 500 km tot 600 km van waar hulle hul bevind, en hulle is gebring tot op 'n plaas waar hulle moes werk, in die hoop dat hulle sou kon teruggaan en iets na hul mense terugneem. [Tussenwerpsels.]

Dit is die feite. Dit is nie bloot uitbuiting nie. Dit is slawerny, inaggenome dat hierdie arbeidskonsultant, teen wie die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke nog geen woord van verdoeming gespreek het nie - en daar is verskeie van hulle wat opereer - die mense teen R200-stuk verkoop het. [Tussenwerpsels.] Hy het hom al telkemale daarteen uitgespreek. Hierdie mense opereer in die landbousektor. Ons weet daar is uitsonderings en ons weet dit is dalk gesoleerde gevalle. Dit kan 'n paar vrot appels wees, maar deur die agb Premier se stilswye keur hy inderdaad goed waarmee hulle besig is.

Die feite is dan dat hierdie mense teen R200 verkoop is. Hulle is in die beste tradisie van slawerny verkoop en hulle het enigiets tussen R7 en R48 vir 'n week se harde arbeid verdien. [Tussenwerpsels.] Hulle is nie opgesweep om die plaas te verlaat nie, hulle het self besluit om dit te doen en hulle het by die ANC op Piketberg gaan hulp soek. Dit was die eerste keer toe ons van hulle bewus geword het. Dit is waar die mense gaan wat in nood is. Hulle gaan na die ANC. Mense het nie nodig om tot opstand opgesweep te word teen naakte ongeregtighede soos hierdie nie.

*Ek herhaal: ons erken die belangrikheid van landbou, maar tensy die Regering in die Wes-Kaap hom ondubbelsinnig uitspreek teen hierdie tipe misdrywe wat plaasvind, gaan dit net voort. Daardie mense wat hierdie soort uitbuiting pleeg, word bemoedig deur die agb Premier se swye. Hulle word bemoedig deur die feit dat die DA aanhoudend arbeidswetgewing afkraak wat daarop gemik is om mense in kwesbare situasies te beskerm. Hulle voel dat hulle kan maak soos hulle wil. [Tussenwerpsels.] Ek dra persoonlik kennis van hierdie feite.

Kom ek gaan oor na die volgende voorval, wat die feit beklemtoon dat die werklikheid nie ooreenstem met die opvattings wat die agb Premier gister hier probeer skep het nie. Ek is onlangs genader deur 'n groep swart, in die generiese sin, toerismebusoperateurs. Hulle beweer dat die gevestigde busoperateurs van ongeveer 1997 tot 1999 die vervoer van toeriste aan hulle uitbestee of subkontrakteer het. Kort na die verkiesing in 1999, voer hierdie mense aan, het hulle agtergekom dat die hoeveelheid werk wat aan hulle uitbestee en gesubkontrakteer is, geleidelik afgeneem het, in so 'n mate dat hulle nou bykans niks kry nie.

'n AGB LID: Toerisme vir almal!

Mnr R WILLIAMS: Ja, dit is die soort toerisme vir almal wat ons hier beleef. Volgens hulle gaan die werk nou sedert die verkiesing in 1999 na nuwe toetreders tot die bedryf. Maar dit is nie meer swart toetreders wat die werk kry nie, dit is nuwe blanke toetreders wat die werk kry.

Mnr die Speaker, dit is nie blote toeval dat, ten eerste, die werk na hulle begin kom het deur middel van uitbesteding en subkontraktering onmiddellik nadat die nasionale Regering sy Witskrif oor toerisme gepubliseer het nie, waarin duidelike klem geplaas is op swart bemagtiging en die bemagtiging van die gemeenskappe wat deur vorige beleidsrigtings benadeel is. [Tussenwerpsels.] Kort daarna het hierdie groot maatskappye agtergekom dat daar nou 'n nuwe paradigma geld, en hulle het probeer om by daardie paradigma aan te pas deur werk aan swart bemagtigingsgroepe te gee.

Toe hierdie koalisie, wat nou die DA genoem word, egter in 1999 listig die mag bekom het, het hierdie selfde mense nou agtergekom dat daar 'n nuwe paradigma vaardig is, 'n paradigma waarvolgens die mark alles sal bepaal. Dit plaas geen klem op bemagtiging en transformasie nie, en dit is waarom hulle nou opgehou het om werk uit te bestee aan hierdie opkomende swart ondernemers. [Tussenwerpsels.] Dit staan die agb lid vry om dit te doen. Hy sal dit daar sien.

Mnr die Speaker, hierdie Regering, deur sy swye oor sake van uitbuiting en sy aanhoudende afkraking van arbeidswetgewing wat daarop gemik is om die mees kwesbares te beskerm, laat diegene moed skep wat hierdie uitbuitende gebruike volg. Die agb Premier en hierdie Regering kan nie ontkom aan die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir wat gebeur het met hierdie ongelukkige groep van 31 mense uit die Karoo, hier naby ons by Piketberg, nie. [Tyd verstreke.]

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier ook graag gelukwens met sy Openingsrede gister en ook omdat hy as die Beste Premier van die jaar benoem is.

AGB LEDE: Hoor! Hoor!

Dr A E VAN ZYL: Ek het inderdaad seker gemaak dat ek hom 'n week voor sy verjaardag gelukwens. [Tussenwerpsels.] Ek het daarmee begin. [Tussenwerpsels.] 

Meneer, ons is baie trots op die agb Premier. Ek wil mnr Malatsi ook graag gelukwens met sy aanstelling as Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding. As voorsitter van die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste wens ek hom voorspoed toe en sien ek uit na ons toekomstige samewerking.

Mnr die Speaker, 'n mens kan jou geen buitelandse militre bedreiging vir Suid-Afrika indink nie, maar die nasionale Regering het nogtans begin met 'n herbewapeningsprogram van R43 miljard. Die agb Leier van die Opposisie - wat nie in die Huis teenwoordig is nie - het vanmiddag ges dat regerings met die werklikhede moet werk. Ek kan nie meer heelhartig saamstem nie. Ek wil agb lede graag aan sodanige werklikhede herinner. Die oorspronklike ooreenkoms was vir R21 miljard, dit het stilweg R30 miljard geword en in 'n berig wat ek onlangs gelees het, word dit op R48 miljard herberaam. Ja, ek verwys na die wapentransaksie wat oor maande heen voorbladnuus was. Dit is dieselfde R48 miljard wapentransaksie wat van Suid-Afrika die eienaar van vier patrollie-korvette, 30 Augusta-helikopters - dieselfde Augusta wat in Belgi gelei het tot ... [Tussenwerpsels.] 

*Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.] ... het dit ondersteun.

'n AGB LID: Nie teen R48 miljard nie.

Mnr C M DUGMORE: Daar is iets soos inflasie van die rand; u behoort dit te weet.

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, hulle gaan drie duikbote, vliegtuie en nege Gripons ook koop. In ruil sal die teenhandel byvoordele vir Suid-Afrika lei van 65 000 werkgeleenthede ten bedrae van R104 miljard. Daar bestaan egter twyfel oor die akkuraatheid van hierdie voorbeelde. Maar die hartseerste saak is dat die ANC-regering die 1 500 MIV-positiewe gevalle wat daagliks in Suid-Afrika aangemeld word, uit die oog verloor het - presies dieselfde mense vir wie die werk veronderstel is om bestem te word. Baie van hulle sal dood wees teen die tyd dat hierdie werkgeleenthede verwesenlik word. Die nasionale Minister vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling is self bevrees dat Vigs daartoe sal lei dat swartmense 'n minderheid in Suid-Afrika word. Hoeveel geboortes van MIV-positiewe babas sou nie voorkom kon word as alle MIV-positiewe moeders toegang tot middels soos AZT of Nevirapine gehad het nie? Hoeveel MIV-positiewe moeders sou nie na geboorte behandel kon word met hierdie enorme bedrag van R48 miljard nie?

Statistieke het getoon dat 35,5% van die swanger vroue wat gesterf het, MIV-toetse ondergaan het, maar 68% van hulle het positief getoets. Behandeling vir hierdie dapper moeders, wat slegs hul babas wil red, moet sekerlik 'n nasionale prioriteit wees. Daarom gaan die MIV/Vigs-debat vir die Wes-Kaap nie net oor medisyne, soos die agb Leier van die Opposisie ges het nie. Dit was die ANC se prioriteit.

Die agb Leier van die Opposisie weet, as 'n voormalige Minister van Gesondheid, dat daar 'n WGO-lys van noodsaaklike middels, 'n nasionale lys van noodsaaklike middels en 'n provinsiale lys van noodsaaklike middels is. Hierdie lyste is eintlik lyste van middels waarvoor die patent verstryk het, wat beteken dat daar generiese middels beskikbaar is - derhalwe goedkoop medisyne. Daar is dus baie goedkoop middels beskikbaar. As 90% van hierdie middels inderdaad noodsaaklike middels is - en goedkoop - waarvan praat die nasionale Regering dan? Nie goedkoop middels vir die armes nie, maar goedkoop middels vir Vigs. Ons weet dat die farmaseutiese maatskappye bereid was om met die ANC-regering saam te werk oor goedkoper Vigs-medisyne. Waarmee die ANC eintlik besig is, is om te probeer om 'n internasionale patentooreenkoms en intellektuele eiendomsregte te skend. Deur dit te doen, sal geen ander land egter in ons land wil bel nie, wat sal lei tot isolasie, geen werkmoontlikhede nie, en so meer. Dit is wat op die spel is en dit is wat ons in die Wes-Kaap sal voorkom.

Mnr die Speaker, ons is in Suid-Afrika word nie deur enige militre aanvalle bedreig nie. Ons word egter vernietig deur die grootste bedreiging ...

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag weet of die agb lid dr Van Zyl bereid is om 'n vraag te neem oor wat sy besig is om te s.

*Dr A E VAN ZYL: Nee, mnr die Speaker.

Suid-Afrika word nie deur enige militre aanval bedreig nie. Ons word egter vernietig deur die grootste bedreiging vir die mensdom, naamlik die menslike immuniteitsgebreksvirus. Dit is die oorlog waarmee ons besig behoort te wees. Ons moes lank gelede 'n nasionale noodtoestand uitgeroep het. In plaas daarvan, het die President en die nasionale Minister van Gesondheid kosbare tyd verkwis en is hulle verantwoordelik vir die dodelike verwarring wat nou die townships oorheers.

Mnr die Speaker, al het President Mbeki besluit om sy swygreg uit te oefen oor die wetenskaplike aspekte van MIV/Vigs, eis sy gewraakte stelling, dat MIV nie noodwendig die enigste oorsaak van Vigs is nie, steeds sy tol. Die presidensile Vigs-verwarring het vir die MIV-positiewe mense nuwe regverdiging verskaf om kondome in die vullisblik te gooi. Mans en vroue het daarop begin aandring om vrylik seks te beoefen sonder kondome. Indien beraders hulle daarna vra, wil hulle weet waarom hulle dokters se uitsprake moet glo as die President nie aan Vigs glo nie.

Dit het tyd geword dat die ANC-Regering die baanbrekende voorbeeld van die Provinsie Wes-Kaap openlik erken en volg. Soos die agb Premier gister in sy Openingsrede ges het, is dit die Wes-Kaap wat die leiding gegee het in die voorkoming van die oordrag van MIV van die moeder na die baba.

Die beskikbaarheid van Nevirapine in twee ander gebiede in die Wes-Kaap word verwelkom. Die kliniese gegewens wat uit die projek sal voortspruit, sal beslis bydra tot die bepaling van die effektiwiteit, sowel as die veiligheid van Nevirapine. Dit is belangrik dat die geneesmiddel onder kliniese studiekondisies gratis verskaf word en dat die pasinte ook deeglik begelei word.

*Ten slotte, mnr die Speaker, wil ek ook graag die agb Minister van Gesondheid en die departement gelukwens met die konstante en volgehoue poging om hierdie bedreiging vir ons bestaan te bestuur en te beheer. Ek is seker dat die nuwe Adjunkdirekteur-generaal sal voortgaan om die MIV/Vigs-program so doeltreffend soos in die verlede te bestuur. Ek is daarvan oortuig dat ons op hom kan staat maak om die onderneming van die Provinsie uit te voer om anti-retrovirale middels voorkomend aan verkragtingslagoffers te verskaf.

Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, ek is baie jammer dat ek op hierdie laat stadium moet praat, maar dit was die besluit van die Swepe.

*Meneer, ek wil aan die agb lid mnr Jacobs s dat ek begin moeg raak om deel te neem aan die MIV/Vigs-debat wat hierdie land al baie gekos het. Sy argumente is verkeerd en uitgedien, en ek sal Hansard hieroor nagaan. Waarom was hy verlede jaar so stil toe die President van hierdie land vernietigende opmerkings oor MIV gemaak het, ... [Tussenwerpsels.] ... en toe moeder-tot-kind-oordragprogramme in regeringskringe as polities baie inkorrek beskou is? Hy het die nasionale Departement van Gesondheid, asook sy Minister van Gesondheid, in 'n baie moeilike posisie geplaas. [Tussenwerpsels.] Dit was die oordeel.

Mnr die Speaker, in die pas afgelope verkiesing was die beloning baie hoog in hierdie Provinsie. Nie net het dit gegaan oor die beheer van die begeerlikste stad in Afrika nie, maar ook oor die kans om posisies te verstewig met die oog op toekomstige verkiesings. Ons almal weet wat gebeur het - dit is ou nuus.

Voordat ek by die meer ernstige deel van my toespraak kom, moet ek iets oor die ANC s. Ek dink die ANC het die bal in hierdie provinsie laat val tydens hul verkiesingsveldtog. Ek gee toe, die senior vennoot van die ANC het dit vir hulle moeilik gemaak in die res van die land. Die ontydige debat oor of MIV die oorsaak van Vigs is of nie, het hulle in 'n groot mate gekelder. Dit was die verkeerde tyd om in daardie debat betrokke te raak.

Verder het die arrogante wyse waarop ANC-Ministers op kritiek reageer het, op die verkeerde tyd gekom.

Die swak hantering van die situasie in Zimbabwe, of hulle nou daarvan hou of nie en of dit 'n dooie donkie is of nie, was verkeerd. Die persepsies van die kiesers het dit bewys. Die openbare mening het 'n sterk oordeel oor die ANC gehad, maar daarom het hulle nie die regte dinge gedoen nie.

Die kersie op die koek was die leierskap van die ANC in die Wes-Kaap. Dit het ongelukkig 'n toonbeeld geword van reaksionre kritiek en 'n gebrek aan visie. Jaar na jaar - en elke keer hierdie tyd van die jaar, so rondom Kersfees - word die agb Leier van die Opposisie se posisie bevraagteken en spoel dit in die media uit. Daarna volg een bosberaad na die ander oor of hy die leier van die ANC in die Wes-Kaap moet bly. Hierdie keer was die aanslag op hom net feller.

Die Amerikaners s in die politiek is persepsies die werklikheid. Die persepsie oor die ANC-leier in die Wes-Kaap is nie goed nie - nie onder sy ondersteuners nie, nie onder die publiek nie en nie onder die media nie. [Tussenwerpsels.] Dit is nie wat ek s nie, lees die koerante en gesels saam. [Tussenwerpsels.]

Die agb Leier van die Opposisie is 'n fatsoenlike mens. Ek hou van hom. Almal s hy was 'n heel goeie Minister. Die probleem is egter dat hy na die verkeerde beeldpoeters in sy eie party luister. [Tussenwerpsels.] My vraag aan hom is: het die tyd nie aangebreek om sommige beeldpoetsers en propagandiste te vervang nie? Elke keer faal hulle, en elke keer pak hulle die skuld op hom; dan hou hulle bosberaad en daarna is hy weer wonderlik. Die einste beeldpoetsers het hom al in die hof laat beland! [Tussenwerpsels.]

Watter beeldpoetser, of leier, byges, laat toe dat 'n party soos die ANC 'n burgemeesterskandidaat stel, haar laat stemme werf en dan verdwyn sy nog voordat die plakkate van die pale verwyder is? [Tussenwerpsels.] Watter party laat dit toe? [Tussenwerpsels.] Ek weet nie. Niemand gaan die ANC ernstig opneem as hulle burgemeesterskandidate aanwys nie.

*Mnr die Speaker, ek wil dit graag baie duidelik maak dat ons nie in die stadium verkeer van beloftes oor MIV/Vigs in hierdie Provinsie nie. Ons het verder as dit beweeg en ons is inderdaad besig met die uitbreiding en inwerkingstelling van ons volwaardige programme. Verkragtingslagoffers wat nie AZT kan bekostig nie, sal by verkragtingkrisissentrums in ons hospitale behandel word. Ons is al meer as twee jaar besig met lewering ten opsigte van die voorkoming van moeder-tot-kind-oordrag. Meer as 14 000 vroue is getoets en die 2 000 vroue wat positief getoets is, het hulp ontvang.

Met die bystand van die Unistad se DA-administrasie sal hierdie program in die volgende 18 maande bespoedig word. Ons beoog ook om te verbeter op die uitslae wat oor die afgelope twee jaar behaal is. Ons kan dit doen, want ons het 'n stewige infrastruktuur en 'n sterk span in Khayelitsha gebou. En dit is nie net daar nie. Ons het vroer aangekondig dat ons na ses nuwe gebiede uitbrei. In die komende jaar sal ons span met nuwe behandeling in Khayelitsha begin. In hierdie stadium is dit waarskynlik dat 'n tweede middel by AZT gevoeg sal word, wat 90% doeltreffend sal wees, in plaas van die huidige 50%.

Ons sien hierdie inisiatief as 'n mediumtermynoogmerk. Dit sal deur my departement befonds word en in samewerking met kliniese kundiges in ons akademiese hospitale en Medicine Sans Frontiers bedryf word.

Ons program om moeder-tot-kind-oordrag van MIV te voorkom, is een van die beste voorkomende programme in Afrika, en ons beplan om 'n wreldleier daarvan te maak.

Ek wil graag beklemtoon dat ons pogings om goedkoper medisyne te bekom, strook met die versnelde toegangsinisiatief van die Wreldgesondheidsorganisasie, wat gesteun word deur die wreld se vernaamste farmaseutiese maatskappye.

Hoewel die nasionale Departement van Gesondheid die opdrag gekry het om Suid-Afrika by die WGO en VN Vigs-samesprekings oor die Uitgebreide Toegangsinisiatief te verteenwoordig, het die nasionale departement nog nie aangedui of hy deel van die proses wil word nie. Sestien ander lande het gereageer, die meeste van hulle uit Afrika. Ons is die geleentheid gebied om by die inisiatief aan te sluit, en die Wes-Kaap gryp dit met albei hande aan. Ons sal by lande soos Senegal en Rwanda aansluit, want dit sal ons in staat stel om sekere anti-retrovirale middels te bekom vir minder as die prys van sommige generiese middels in Indi.

Mnr die Speaker, ek wil ook graag verwys na die polemiek wat in die afgelope tyd ontstaan het oor generiese medisyne. Bykans 95% van alle medisyne wat deur die Departement van Gesondheid in Suid-Afrika verskaf word, is generiese medisyne. Soos enige ander produk, is party generiese medisyne beter as ander, en veral in gevalle waar die patentreg lank reeds verval het, sal generiese middels natuurlik goedkoper wees. Farmaseutiese maatskappye bel jaarliks miljarde rand in navorsing wat op die verbreding van medisyne gemik is.

Die polemiek sentreer dus om daardie 5% van medisyne waarop die oorspronklike ontwerpers van medisyne steeds die patentreg hou. Die boodskap wat ontwerpers en vervaardigers aan die verbruikers probeer oordra, is dat kopiereg hul wettige eiendom is, net soos enige ander wettige eiendom, soos grond- of mineraalregte.

Lande wat in die verlede nie juis veel aandag aan die waarde van intellektuele eiendom geheg het nie, keer tans een vir een terug na die erkenning daarvan. Brasili is egter 'n uitsondering. Die MIV/Vigs-program van hierdie land word hoog aangeslaan en ons sal die situasie fyn dophou.

Die farmaseutiese maatskappye word by tye daarvan beskuldig dat hulle te veel klem l op die verskansing van hul intellektuele eiendomsreg en nie genoeg ag slaan op die behoeftes van siekes nie.

*Ek moet beklemtoon dat die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid nie hier is om die winste van farmaseutiese maatskappye te beskerm nie. Hulle moet die werklikhede van die Afrikakontinent, waar die siekte hoogty vier, in die o kyk. Hulle moet meer buigsaam word sover dit MIV/Vigs aangaan. Hulle moet aanvaar dat dit in Afrika die laagste moontlike pryse vir anti-retrovirale middels beteken. Ons kan nie help om winsgrense ten koste van menselewens te beskerm nie.

Mnr die Speaker, ek is ten gunste van goedkoper medisyne, mits daar aan sekere belangrike vereistes voldoen word: veiligheid mag nie in gedrang kom nie; internasionale handelsooreenkomste moet nagekom word; en enige internasionaal aanvaarbare, wetlike maatrel wat op goedkoper medisyne uitloop, selfs parallelle invoere, sal ons steun. Maar generiese medisyne is geen substituut vir navorsing nie en kan dit nooit wees nie. Ons sal veral hier in ons eerstewreld-/derdewreldsituasie in Suid-Afrika kwesbaar wees indien navorsing en ontwikkeling van nuwe medisyne sou begin opdroog.

Maar, mnr die Speaker, daar is 'n ander doring in my vlees. Die agb Leier van die Opposisie het ook daarna verwys. Ek het Maandag die voorreg gehad om 'n verhoogopvoering van Secrets and Lies by te woon. Dit is 'n moderne teaterstuk wat op die bewuswording van Vigs gemik is. Na afloop van die opvoering is die gehoor genooi om kommentaar te lewer. 'n Netjies geklede, moderne jong man vertel toe hy weet jare lank reeds van Vigs in Suid-Afrika, maar hy het skaars twee weke gelede begin glo en aanvaar dat Vigs deur MIV veroorsaak word. Nou eers begin hy ernstig oorweeg om kondome te gebruik.

*Dit is genoeg om 'n mens tot wanhoop te dryf. Ten spyte van al ons moeite, ten spyte van dekking tot versadigingspunt in die massamedia om die dringendheid van die situasie by jong mense tuis te bring, het hierdie jong man tot twee weke gelede nie eens oorweeg om kondome te gebruik nie. Daar is 23 miljoen mense in sub-Sahara-Afrika wat met MIV besmet is. Hy sou sekerlik die nuus gehoor het.

Deur op die spoor van die gebreke in die samelewing te loop, het die Vigs-pandemie sy greep op die armer sektore van die gemeenskap verstewig en hulle selfs armer en meer kwesbaar agtergelaat. Waarom is dit so? Ek glo dit is omdat daar so 'n sterk opponerende mag hierteen is, ten spyte van ons beste pogings. Waar is die kern van daardie opponerende mag waarna ek verwys? Is dit 'n aardbewing soos die een in Indi, wat duisende mense ingesluk het? Is dit sigbare lyding waarteen ons kan optree? Kan ons spanne instuur om die simptome te verlig en te help om die orde te herstel totdat die watervlak gesak het, soos ons in Mosambiek gedoen het? Ongelukkig is die antwoord nee.

Die kern van die opponerende mag wat ons beste pogings teen MIV/Vigs belemmer, is niks anders nie as verlede jaar se nuttelose debat oor of MIV Vigs veroorsaak of nie. Die kern het ons volk ingesuig en veroorsaak dat ons 'n ontkenningstadium ingegaan het ten opsigte van die noodsaak om ons gedragspatrone te verander.

Tensy en totdat MIV die verantwoordelikheid van elke individu word, totdat dit so vanselfsprekend word soos om in die algemeen gesond te probeer bly, sal ons ons land in die steek laat. Dit is waarom ons beoog om aan te hou om anders te wees in die Wes-Kaap. Ons Departement van Gesondheid het 'n verbintenis: ons sal vanjaar poog om die beste MIV/Vigs-eenheid in die wreld te bou. [Toejuiging.]

WERKSAAMHEDE OPGESKORT OM 18:09 EN HERVAT OM 19:39.

Aandsitting

WES-KAAPSE AANSUIWERINGSBEGRO-
TINGSWETSONTWERP [W1-2001]

(Debat oor Tweede Lesing)

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, om op hierdie laat tydstip af te skop, wil ek weer eens al die lede van Staande Komitee oor Finansies bedank vir hul bydraes en hul moeite om te verseker dat ons hierdie Aansuiweringsbegroting duidelik begryp.

In beginsel was daar in die verslag geen wesenlike verwerping van enigiets in die Begroting nie. Hoewel hulle nie die onderskeie onderafdelings verwerp het nie, was die probleem dat party lede in die besonderhede verstrengel geraak het. Dit het ook gelyk asof hulle in die verslag na sowel die beginsels van die Tweede Lesing as die besonderhede van die Komiteestadium wou verwys. Soos in die Wetsontwerp aangedui, moes die Begroting deur die staande komitee gevoer word sodat hulle dit kon oorweeg en hul verslag kon publiseer en ons moes ons daarby bepaal.

Mnr die Speaker, wat baie opvallend in al die begrotingsposte was, was die feit dat die geld toegewys is aan diensvoorwaardes in alle departemente, soos hulle weer stroombelyn gemaak of miskien aangepas is. Iets anders wat baie duidelik was, was die feit dat die meeste departemente bereid was om met die staande komitee saam te werk in die aanpassing van hul programme of die opstel van nuwes. Dit was baie bemoedigend.

Die staande komitees sal baie besig wees. Daar sal 'n hele paar slypskole wees. Dit lyk asof almal tevrede is om deel te word van die span wat die fondse hanteer.

Mnr die Speaker, ons het bykans geen probleme met die Departement van Onderwys en al die ander departemente nie. Dit is vir my aangenaam om die verslag soos volg te Tafel te l:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W1-2001], wat na hom verwys is, het hy die eer om soos volg verslag te doen:

Die Komitee het sy oorweging van die Wetsontwerp voltooi. Die Komitee wil sy waardering uitspreek teenoor die provinsiale departemente vir voorleggings wat voorsien is.

Die Komitee het egter kennis geneem van die volgende:

Begrotingspos 1: Kantoor van die Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste

Die Komitee neem met kommer kennis van die verskuifde fondse van R10 miljoen wat aan Armoedebestryding in die Kantoor van die Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste toegeken is. Hierdie fondse is in 'n vorige aansuiwering oorgerol en van hierdie fondse is nie aan enige spesifieke projek toegeken nie.
Begrotingspos 4: Gemeenskapsveiligheid

Die Komitee neem met kommer kennis dat inkomste verkry deur casino inkomste gebruik is om die kapitale koste vir die installering van kameras in die omgewing van die casino gedeeltelik te finansier en dat oorweging nie aan ander prioriteitsareas geskenk is nie.

Begrotingspos 2: Provinsiale Parlement

Die Komitee het geen getuienis oor Begrotingspos 2 aangehoor nie.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek wil weer eens die amptenare, wat in hierdie geval deur mnr Langenhoven gelei is, bedank.

Ons het, weer eens in 'n gesindheid van samewerking, die verslag in sy huidige formaat goedgekeur, hoewel ons oorspronklike bedenkinge op 'n baie sterker wyse uitgespreek is, naamlik dat ons sterk voel oor die kwessie van die aanhoudende oorrol van fondse. Onder Program 1 in Begrotingspos 1 is R10 miljoen by drie geleenthede oorgerol. Miskien gaan dit in die een of ander stadium doodgaan omdat dit so baie oorgerol is en van een begrotingspos na 'n ander oorgedra is. Ons weet dat die voormalige Minister van Maatskaplike Dienste en die Minister in die Kantoor van die Premier albei armoedebestrydingsfunksies gehad het, en di omrol spruit dalk uit die aansienlike verwarring wat daardie tydperk van ons ongelukkige geskiedenis gekenmerk het. My kollega sal meer daaroor s.

Die funksie is nou onder die Kantoor van die Premier geplaas, en die funksie is weer eens omgerol. Ons is ook versoek om 'n aanpassing goed te keur met die erkenning dat dit nog nie bekend is waaraan die geld bestee sal word nie. Wat is die beleidsrigtings vir Armoedebestryding? Is Armoedebestryding volhoubaar en ontwikkelingsgerig? Ek dink daar word van ons verwag om 'n blanko tjek vir hierdie vraag te teken, en dat die Huis dit ten alle koste moet vermy om in die gewoonte te verval om blanko tjeks uit te reik.

Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: [Onhoorbaar.]

Mnr G R STRACHAN: In sy Begrotingsrede op 28 Februarie 2000 - miskien moet die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme luister in plaas van om opmerkings soos daardie een te maak - het hy ges dat hy homself verbind het tot beleidsoogmerke wat die vertrekpunt vir provinsiale toewysings gevorm het. Hier is daar geen beleidsoogmerke nie. Dit is baie onduidelik oor wat die raamwerk is. Ek dink dat ons as 'n Huis moet s dat ons ten opsigte van hierdie vraagstuk die daad by die woord moet voeg.

Die geld wat vir die Olimpiese projekte toegewys is, is ook al herhaaldelik oorgerol. Ons het 'n duidelik verduideliking daarvan nodig. Daar word ges dat hierdie bestryding - ek hoop dit is die regte woord - gemaak word vir die gebeurlikheid van moontlike regskoste, hoewel dit baie moeilik was om vas te stel van watter bedrae gepraat word en wat die potensiaal is vir hierdie moontlike regskoste, en dat onderhandelinge met die nasionale Regering aan die gang is. Al wat ons hier wil s, is dat ons hoop dat sulke onderhandelinge gerig word deur die behoefte om hierdie fondse toe te wys aan 'n funksie waarvoor hulle oorspronklik toegewys is, naamlik infrastruktuur in Sport vir die burgers van hierdie provinsie. Ons hoor 'n voltjie fluit - en ek gaan nie s presies wat ons gehoor het nie - dat die gedagte is om dit aan ander funksies toe te wys. Ons hoop dat dit nie die geval is nie.

Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme moet meer aandag gee aan 'n duideliker uiteensetting of raamwerke vir skenkings. Ons kry eenvoudig 'n lys van skenkings. Wat is die proses wat hier betrokke is? Word daarvoor gevra? Is daar 'n program om na skenkings te kyk, en wat is die beleidsraamwerk vir hierdie organisasies wat skenkings aan die Provinsie maak? Ons glo dat dit aansienlike verdere opheldering nodig het en dat 'n beleidsraamwerk aan die Huis voorgel moet word.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek wil graag by my ander kollegas aansluit en die departemente bedank vir hul uitmuntende bydrae oor die afgelope dag of wat, en veral ook vir die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, wat na my mening die aanbiedings uiters doeltreffend hanteer het, met of sonder die eggo in my geval.

Ek het beslis die volste vertroue in die departemente en die gedetailleerde inligting wat hulle aan die staande komitee voorgehou het, en ek is inderdaad heeltemal tevrede om hierdie Begroting te ondersteun. In baie opsigte bring hierdie Begroting egter 'n groot klomp goeie nuus en dit bring ook terneerdrukkende nuus. Ek wil net 'n oomblik gebruik om te beklemtoon wat werklik goed is en wat terneerdrukkend is.

Een van die terneerdrukkende aspekte, en dit is nie die fout van hierdie Administrasie nie, is die uitwerking wat die verswakkende wisselkoers op ons Begroting het. As 'n mens kennis neem van die onderskeie begrotingsposte, ten minste ingevolge die Wit Boek, sal jy sien dat sowat R1 miljoen van die geld wat in hierdie Begroting bewillig word, inderdaad bewillig word om die verswakkende wisselkoers te te werk. Dit is iets wat ons as Provinsie in gedagte moet hou wanneer ons nasionale leierskap natuurlik iets s of doen wat buitelandse belegging ontmoedig en die wisselkoers raak, wat 'n groot uitwerking op ons begrotings hier in die Wes-Kaap het. [Tussenwerpsels.]

Ek sou self graag 'n verdere vraag in die Huis wou stel om te bereken hoeveel ekstra geld per jaar ons verloor as gevolg van die wisselkoers. Om die waarheid te s, sowat R615 000 in Begrotingspos 3 - Finansies vir die hospitaalinligtingstelselprojek is die gevolg hiervan, en sowat R319 000 vir biblioteekdienste is ook as gevolg van daardie verswakkende wisselkoers. Dit is beslis vir my 'n bron van kommer. Dit is 'n makro-aangeleentheid, maar dit raak elke enkele biblioteek in ons provinsie.

Mnr die Speaker, aan die positiewe kant het ons in hierdie Begroting ware lewering gesien, en dit is ware lewering ingevolge die Khanye-projek om rekenaars vir skole te verskaf. Daar is ware lewering ter waarde van sowat R40 miljoen ten opsigte van die vermindering van agterstande by die meeste van ons agtergeblewe skole. Ons het in die staande komitee simpatie gehad vir die Departement van Gesondheid en Maatskaplike Dienste wat die geld moet kry om die geriewe en fondse vir kinders, bejaarde persone en gesinne te verbeter. Dit is natuurlik die makro negatiewe aspekte hierdie.

Mnr die Speaker, dit is inderdaad 'n leweringsbegroting, en dit is vir my baie aangenaam om dit te ondersteun.
Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, ek neem nie die opposisie kwalik as hulle teen hierdie tyd van die aand so futloos is nie. 'n Mens kan sien hulle het 'n moeilike dag agter die rug.

Mnr die Speaker, ek wil ook graag die departement bedank vir hul insette tot die Tweede Aansuiweringsbegroting. Die vrae wat oor die afgelope paar dae gevra is, was baie relevant, en die provinsiale amptenare het dit uitstekend beantwoord. Ons kan baie trots wees op die gehalte van ons amptenare.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr J P GELDERBLOM: Dit word nie altyd so uitgespel nie, maar ons is baie dank aan hulle verskuldig. Die amptenare het onderneem om die Huis te voorsien van die antwoorde op die vrae wat nie beantwoord is nie.

'n Interessante punt wat ek wil noem, is dat die behoud van die verhoogde eie inkomste deur departemente goed is. Dit vind nou neerslag met die terugploeg van di inkomste in die departement se begrotings. Van die R263 miljoen toegeken in die Tweede Aangesuiweringsbegroting kom R182 miljoen vanaf die nasionale Regering en die res, ongeveer R80 miljoen, is verkry uit verhoogde eie inkomste, waarvan R60 miljoen van die 1999-2000-boekjaar kom en die R20 miljoen van die huidige boekjaar.

Mnr die Speaker, dit stuur 'n goeie sein uit. Ek dink dit bewys dat hierdie fondse weer in die departemente en in ons eie gebiede teruggeploeg kan word. Di aanpassing kan dus gesien word as verdere inisiatiewe wat die departemente kan loods.

Wat ons ook getref het, was die uitgawes. Die agb Minister van Gesondheid het ook verwys na die geweldige uitgawes by akademiese hospitale, wat vir ons almal 'n groot bekommernis is. Daaraan sal in die toekoms gewerk moet word.

Mnr die Speaker, ons is positief, en ons ondersteun die Tweede Aansuiweringsbegroting heelhartig.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil ook by ander lede van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe aansluit deur die amptenare te bedank wat ons bygestaan het, veral die amptenare van die Departement van Finansies, mnre Ismay en Langenhoven, en andere. Een departement het ons spesifiek versoek om melding van hulle te maak. Ons wil mnre Afrika en Brewis van Plaaslike Regering, Beplanning en Behuising bedank. Ons waardeer die werk wat hulle gedoen het.

Ek wil egter graag s dat daar ook spesifiek een departementele amptenaar was wat die benadering gehad het dat hy nie inligting na die komitee sou bring nie, want hy het nie verwag dat die komitee vrae sou stel nie. Ek hoop dat dit nie weer sal gebeur nie.

Mnr die Speaker, in die algemeen ondersteun ons die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp. Ek wil oor twee sake praat. Een saak is die bedrag van R10 miljoen vir armoedebestryding wat aanhoudend omgerol word. Die geld was by die Departement van Maatskaplike Dienste en dit is nou omgerol na die Departement van die agb Premier. Soos ges is, daar is geen plan vir die gebruik van hierdie geld nie en ons word aanhoudend gevra om die omrol goed te keur.

Die behoorlike prosedure sou gewees het om daardie geld in die Tesourie terug te stort, en dat die departement dan op sy tyd 'n plan vir die aanwending van daardie geld sou uitwerk en daardie plan by die begroting vir die komende jaar sou insluit. Dit lyk asof daardie geld baie styf vasgehou moet word, en dit is waarom dit nie kan gebeur nie.

Mnr die Speaker, ek wil die Huis daaraan herinner dat daar aan die begin van die Regering in 1999 'n groot geskal was oor die daarstelling van 'n Lessenaar vir Armoedebestryding wat veronderstel was om die werksaamhede van verskillende departemente kordineer. In die begrotingsproses verlede jaar het ons aan die lig gebring dat die destydse verantwoordelike Minister - me Freda Adams - geen plan vir die gebruik van hierdie geld gehad het nie. Daar is aan ons ges - saam met die destydse Minister van Maatskaplike Dienste, mnr Peter Marais - dat hulle sou uitwerk hoe die geld bestee sou word. Ons weet almal wat van hul verhouding geword het. Ek is nie seker of dit as gevolg van daardie verhouding is nie, maar die geld is nog steeds nie bestee nie.

Ek wil die Huis herinner aan wat die destydse Minister op 14 Maart 2000 ges het toe ons die Begroting debatteer het, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, deel 3, bl 1297:

Ek herhaal wat ek verlede week ges het, miskien bestaan daar so 'n sakeplan in iemand se gedagteveld, en ek het simpatie daarmee en begrip daarvoor, ...

Sy het waarskynlik steeds simpatie en begrip daarvoor, want dit is nog steeds in iemand se konseptuele raamwerk.

Sy het voortgegaan deur te s dat ons 'n konsultant sou aanstel om te kyk hoe om die geld te bestee. Ek weet nie of dit gedoen is nie. Sy het voorts ges, en ek haal aan:

Die persoon sal moet kyk na die funksie en die interdepartementele, intersektorale en multidissiplinre skakeling van die Armoedebestrydingslessenaar, om verder die beleid en riglyne vir Armoedebestryding daar te stel.

Een ding wat ek kan s, is dat die koeterwaals ten minste verander het. Ons praat nie meer van "interdepartementele, intersektorale en multidissiplinre" nie. Ons praat nou van "dwarsleggende departementele bestuur". So daar is 'n mate van vordering.

Mnr die Speaker, die vordering is nie die vordering wat mense op voetsoolvlak in hierdie verband verwag nie. Mense verwag volhoubare ontwikkelingsgerigte maniere om armoede aan te pak. Daar is op die oomblik geen plan daarvoor nie. Die bietjie geld wat in hierdie departement aan Armoedebestryding bestee is, is op 'n besonder onvolhoubare en nie-ontwikkelingsgerigte wyse bestee.

Die departement doen byvoorbeeld verslag dat 5 290 plaaswerkers in die Suid-Kaap verlede jaar - en ek wil die agb lede en die Speaker daaraan herinner dat verlede jaar 'n verkiesingsjaar was - 'n eenmalige bedrag van R400 ontvang het, wat veronderstel was om hulle armoedeprobleme op te los. Ons weet almal dat hulle, nadat daardie R400 betaal is, steeds in presies dieselfde bootjie as voorheen was. Hulle het waarskynlik nog swaarder gekry, want hulle het waarskynlik ooreenkomste aangegaan om daardie geld te bestee. Dan word daar nog aan ons ges dat ons nie 'n plan vir ontwikkelingsgerigte armoedebestryding het nie.

Mnr die Speaker, ons moet ook vra waarom die Suid-Kaap uitgesonder is, want plaaswerkers aan die Weskus en in die Boland is uit diens gestel. Om die een of ander rede - dit lyk vir my asof dit 'n politieke rede was - is hulle nie geskik geag om hul R400 te kry nie.

Die punt wat ons maak, is dat ons graag 'n bestedingswyse wil sien wat langtermyn gevolge het; nie 'n bestedingswyse wat stemme tydens 'n verkiesing koop nie. Dit is heeltemal duidelik dat dit is wat verlede jaar met die R400 gebeur het wat aan die 5 290 plaaswerkers uitbetaal is.

Mnr die Speaker, ek wil ook kom by die kwessie van kameras wat gebruik word om misdaad te bestry - die sogenaamde geslotebaan televisiekameras. Soos agb lede weet, is daar tans geslote baan televisiekameras in die sentrale sakegebied van Kaapstad en dit was baie doeltreffend om te help om die misdaadsyfer te verlaag. Die destydse ANC-beheerde Kaapstadse Stadsraad, saam met die Provinsie en die nasionale departement, was betrokke by die daarstelling van die kameras. Ons ondersteun dit. Ons sou almal s dat kameras een van die mees doeltreffende tegnologiese metodes is om misdaad te bestry. Ons probleem l nie by die gebruik van kameras nie; ons probleem l by hoe gebiede in voorkeurorde geplaas word vir die installering van kameras.

Mnr die Speaker, agb lede weet dat die ANC oor die afgelope vier jaar daardie selfde vraag geopper het - in watter omgewings word hulpbronne aangewend om misdaad te bestry? Noudat die Provinsie skielik 'n inkomste uit casinolisensies het, word die casinogeld, in plaas dat 'n duidelike prioriteitslys opgestel word op grond van wat die werklikheid aangaan, wesenlik terugbetaal aan die casino deur te besluit om kameras direk buite die casino te plaas. Ons word meegedeel dat R2,65 miljoen bestee gaan word aan kameras tussen die N2 en die N1 langs Vanguard-rylaan.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Meer as dit ... [Onhoorbaar.]

*Mnr M OZINSKY: Dit maak dit nog erger.

Die vraag aan die agb LUR ...

*Die PREMIER: Hy is 'n Minister, nie 'n LUR nie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Die vraag aan die agb Minister is of dit nie 'n terugbetaling aan die casino is nie. Ons neem geld van hulle en dan gee ons dit direk terug aan hulle in die vorm van kameras. Ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid vra wat die mense van Manenberg, Hanover Park, Kewtown, Blue Downs en Murder City in Riversdal moet vra. Moet hulle aanhou om swaar te kry omdat die departement nie 'n prioriteitslys kan opstel nie?

Mnr die Speaker, maar dit is erger as dit. Toe ons hierdie vraag gestel het, het die departement gereageer dat hulle besig was om hierdie lys op te stel en dat alle verdere besteding aan kameras gegrond sal word op die prioriteitslys van gebiede waar die behoefte die grootste is. Dink u in hoe geskok ek vanoggend was toe ek in die Cape Times - presies 'n dag nadat dit aan ons ges is - gelees het dat die kameras langs die N2 genstalleer gaan word. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek wil ten eerste graag my departement en mnr Langenhoven bedank vir die werk wat hulle gedoen het. Dit was aangenaam om vanjaar met hom saam te werk. Ons lei nou die Begroting en finaliseer die begrotingsproses. Ek sal nie s dat dit 'n maklike paadjie met die beperkte fondse was nie, maar ons het uitstekende vergaderings gehad en sake het baie glad verloop.

Dit is vir my aangenaam dat net twee en 'n half of net drie kommerwekkende aspekte opgehaal is. Ek wil ten eerste graag aandag gee aan die vraagstuk van die R10 miljoen en dit in perspektief plaas. Ek wil graag die aandag van die Huis vestig op die feit dat die R10 miljoen uit die R135 miljoen metropolitaanse casinolisensie-bod van SunWest/Sun International gekom het. Die totale bedrag van R135 miljoen is soos volg toegewys: Paaie, vir spesifieke projekte, R79 miljoen; Werke, R41 miljoen, wat, as ek reg onthou, Onderwys ingesluit het; Armoedebestryding, R10 miljoen; en Projek Chrysalis, R5 miljoen, wat die totaal op R135 miljoen te staan bring.

Mnr die Speaker, as iemand die blaam in hierdie saak - en ek gebruik die woord "blaam" in 'n baie bre sin - moet aanvaar, is ek bereid om die blaam te aanvaar omdat die R10 miljoen nie bestee is nie. Toe die totale bedrag van R135 miljoen toegewys is, was dit met die duidelike verstandhouding dat sakeplanne vir elkeen van hulle voorberei moes word. Die spesifieke R10 miljoen waarvan ons vandag hier praat, kon nie gebruik word tensy 'n sakeplan vir die Kabinet opgestel en deur die Kabinet goedgekeur is nie.

Die Minister wat toe die aangeleentheid hanteer het - en ek dink dit was reg - het besluit om 'n tender aan te vra om 'n konsultant te kry wat raad sou gee oor hoe hierdie spesifieke R10 miljoen bestee behoort te word ten einde aan die spesifieke voorwaarde te voldoen wat deur die Kabinet neergel is, naamlik dat die geld bestee moes word ingevolge 'n sakeplan wat deur die Kabinet goedgekeur is.

Mnr die Speaker, die tender het uitgegaan en 'n man het dit gekry. Hy het 'n hele klomp tyd daaraan bestee - ek kan ongelukkig nie onthou hoeveel nie, maar dit kon iets in die omgewing van drie of vier maande gewees het - en hy het persoonlik gekom en aan Kabinet die verslag voorgel oor hoe hy geglo het hierdie geld bestee moes word.

Ek glo nie dat een lid van die Kabinet geglo het dat die verslag goed genoeg was nie. Om die waarheid te s, ek het gevra of die man betaal moes word. Dit is hoe ek gedink het. Ek het destyds advies ingewin en ek is ingelig dat 'n mens by 'n hofgeding oor die aangeleentheid betrokke kon raak. Dit was eenvoudig nie goed genoeg nie en daarom het ons besluit om nie op daardie grondslag voort te gaan nie.

*Mnr M OZINSKY: Hoeveel het u hom betaal?

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek het hom nie betaal nie. Die spesifieke Ministerie het hom betaal. Ek is bevrees dat ek moet s dat ek syfers soos daardie nie op die punte van my vingers ken nie.

*Mnr C M DUGMORE: U behoort te. U is nie juis direk betrokke nie.

*Die MINISTER: Dankie, mnr die Beeldpoetser! [Gelag.] Ek is jammer - die agb lid mnr Dugmore.

*Mnr C M DUGMORE: U hand is in u sak in plaas van op die ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Dit spyt my. Ek vra om verskoning.

Mnr die Speaker, hierdie R10 miljoen is nie 'n weergawe van hoe Armoedebestrydingsgeld in die algemeen in hierdie provinsie bestee word nie. Dit is waarom ek probeer het om dit in perspektief te plaas ten opsigte van die totale bedrag van R135 miljoen en die Kabinet se besluit oor hoe die geld bestee moes word. Ek herhaal dus dat indien blaam daarvoor - en ek gebruik die woord weer eens in 'n baie bre sin - aan iemand toegeskryf moet word, is ek bereid om die blaam daarvoor te aanvaar, want wat my betref, moes die totale bedrag van R135 miljoen op 'n spesifieke wyse bestee word en sakeplanne moes verskaf word. Die destyds Ministers moes met 'n sakeplan na vore kom, maar 'n sakeplan is nie verkry nie.

Die aangeleentheid is nou in die Kantoor van die Premier. Vergaderings is reeds gehou en besluite is geneem oor hoe ons die saak verder sal voer. Wat hier gebeur het, is dat daar buitengewone omstandighede was en na my mening moes dit nie gebeur het nie. Indien die konsultant 'n verslag gegee het wat vir die Kabinet aanvaarbaar was, is ek seker dat die geld teen hierdie tyd bestee sou wees, maar ons is versigtig.

*Mnr M OZINSKY: Waarom word dit elke keer omgerol?

*Die MINISTER: Dit is omdat daar 'n onderneming was. Ek antwoord op die vraag van die agb lid mnr Ozinsky, wat ek nie gewoonlik doen nie. [Gelag.] Daar was 'n onderneming om dit aan Armoedebestryding te gee. Hierdie Kabinet, hierdie Regering en hierdie kant van die Huis kom hul beloftes na en hou by hul ondernemings, en dit is waarom dit omgerol word.

Mnr die Speaker, ek kom by die vraagstuk van die kameras. Ten eerste, interessantheidshalwe, het die Provinsie in Januarie alleen ongeveer R8 miljoen - in ronde bedrae - aan belasting van die GrandWest Casino ontvang. Ek beskou die GrandWest Casino as 'n belegging vir die Provinsie. As ons ongeveer R100 miljoen per jaar ontvang, is dit belangrik dat ons toesien dat die casino werk en dat dit veilig is.

Mnr die Speaker, ek wil graag interessantheidshalwe iets meld wat in die Cape Times verskyn het. Agb lede het dit miskien in die Cape Times gelees, maar my goeie vriend die agb lid mnr R Williams lees die Cape Argus en hy het dit dalk nie in die Cape Times gelees nie. [Gelag.] Die Cape Times is baie meer liberaal as die Cape Argus en ek sou aan die hand doen dat hy oorskakel na die Cape Times. [Tussenwerpsels.] Agb lede het miskien van die rooftog in Johannesburg gelees, ek dink dit was gister, by die Montecasino Casino. Die rowers het ingestap met vuurwapens, en so meer, ... [Tussenwerpsels.] - dit is reg, daar is 'n aangrensende winkelsentrum - en ek verstaan dat hulle 'n hele juwelierswinkel leeggemaak het. [Tussenwerpsels.] Drie juwelierswinkels, dankie. Die agb lid lees beter as ek.

Dit is die punt wat ek wil beklemtoon. As hierdie soort ding by die GrandWest Casino moes gebeur, wil ek aan die hand doen dat die ongeveer R100 miljoen belasting wat ons jaarliks ontvang, in groot gevaar gestel sou word.

Mnr die Speaker, ek wil voorts uitwys dat dit nie R2,65 miljoen is nie. Waarvan ons praat, is inderdaad dubbel daardie bedrag want die voorneme is om die oorblywende gedeelte in die volgende boekjaar te bestee. Ek wil egter 'n regstelling maak en die aangeleentheid in perspektief plaas. Ons gaan nie net R2,65 miljoen bestee nie - ons gaan die totale bedrag bestee. Andersins, as ek met slegs die een bedrag werk, sal ek hoor dat ek hulle mislei het en daarom wil ek die aangeleentheid onmiddellik regstel.

Die totale koste van die installering van die kameras - en die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Dobbelary is heeltemal reg in sy regstelling van die verslag - het GPBs hoegenaamd nie ingesluit nie. Dit het slegs die kameras ingesluit - ons bydrae - en die totale bedrag wat daaraan bestee is, was R13 miljoen. [Tussenwerpsels.]

'n AGB LID: Nie volgens die verslag nie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Waarom het u hierdie verslag onderteken?

*Die MINISTER: Die agb lid sal met die voorsitter moet praat, nie met my nie. Die voorsitter het dit vroer reggestel en die agb lid het hom gehoor toe hy dit reggestel het. 'n Totaal van R13 miljoen is bestee en ons het, indien ek reg is deur dit te s, sowat R5,4 miljoen bygedra. As ons iets soos R100 miljoen per jaar in belasting van die GrandWest Casino ontvang, gekoppel aan die feit dat Sun International R13 miljoen daaraan bestee het, glo ek dat ons die regte stap gedoen het deur die R5,4 miljoen by te dra.

Mnr die Speaker, ek aanvaar en ek stem saam - ek is 100% aan hulle kant, maar net vir een sekonde, ... [Gelag.] ... en ek is seker dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid saamstem - dat wat ons moet doen, is om toe te sien dat kameras regoor die gebiede opgerig word waar daar buitensporige misdaad is. Ek weet dat die agb Minister besig is om daaraan te werk, al ontvang hy nie geld van bronne van buite nie.

Ek wil agb lede graag herinner aan wat die agb lid mnr Winde ges het. Hulle het hom dalk nie gehoor nie, so ek sal harder praat en herhaal wat hy ges het. Hy het ges: "Wat het die ANC gedoen toe hulle die Kaapstadse Stadsraad beheer het? Waarom het hulle die rykaards in die middel van die stad beskerm? Waarom het hulle nie die geld gebruik om dit op te rig waar hulle nou voorstel nie?" [Tussenwerpsels.] Hulle moet dit in aanmerking neem. [Tussenwerpsels.] Hulle het gehoor waarvan die agb Leier gepraat het - die verskil tussen die rykes en die armes. Miskien moes hul vriende, mnr Mowzer en vennote, beter oor die saak gedink het.

Mnr die Speaker, ek wil aandag gee aan twee ander sake wat deur die agb lid mnr Strachan opgehaal is. Ten eerste is daar die Olimpiese omrolgeld. Ek het ongelukkig nie die volle inligting op die punte van my vingers nie, maar as ek reg onthou, is die geld wat ons ten opsigte van Olimpiese sake bestee het, nasionale geld en het ons as agente opgetree. Soos ek tydens 'n vorige sessie gemeld het, het ons na 'n lang tydperk ongeveer R3 miljoen aan sekere beroepslui uitbetaal. Voorts, as ek reg onthou, was daar ook 'n bankrotskap ten opsigte van een van die geboue, daar was 'n vertraging in die voltooiing daarvan en daar was 'n hofsaak hangende in daardie verband. Dit is die rede vir Olimpiese omrolgeld. Ons werk as agente met Staatsgeld en daarom moet dit behoorlik hanteer word.

Ten tweede het die agb lid die vraagstuk opgehaal van skenkings aan provinsies. Ja, wat my persoonlik betref, sal ek geld aanvaar wie ook al in staat is om ons te help, maar as ek s "wie ook al", moet dit 'n toets behels, en die toets is of daar 'n element van quid pro quo is of nie. Met ander woorde, 'n mens moet baie versigtig wees dat jy nie 'n skenking ontvang om deur die provinsie te bestee as ons inderdaad sake doen met daardie organisasie, of as sake gedoen word, nie.

Mnr die Speaker, 'n voormalige kollega van my in die Kaapstadse Stadsraad, Elulalie Stott, het altyd ges, "Ek sal geld van die duiwel vat as hy dit vir my gee om aan behuising te bestee." Ek het haar altyd probeer reghelp deur daarop te wys dat dit nie moet wees van "die duiwel as hy" dit vir haar gee nie; dit moet wees van "die duiwel as sy" dit vir haar gee. [Gelag.]

Mnr die Speaker, ek stel voor.

*Die SPEAKER: Orde! Het die agb Minister na enigeen in die Huis verwys? [Gelag.]

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek het na iemand aan ons kant van die Huis verwys, nie aan daardie kant van die Huis nie. [Gelag.] Is dit in orde?

*Die SPEAKER: Selfs dit is buite orde.

*Die MINISTER: Dan trek ek terug, mnr die Speaker.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil u graag op 'n punt van orde toespreek.

*Die SPEAKER: Goed.

*Mnr L RAMATLAKANE: Die verslag wat voor ons is en die verslag wat deur die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Dobbelary ter Tafel gel is, is nie dieselfde as die verslag wat in die Huis versprei is nie. Ek wil graag weet of dit ingevolge die Rels aanvaarbaar is.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is 'n goeie punt. Aangesien die voorsitter een of twee punte reggestel het, dink ek ons kan aanvaar dat die verslag wat voor die Huis is, die verslag is wat deur die voorsitter verander is. [Tussenwerpsels.] 

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, net voor ek die verslag ter Tafel gel het, is dit reggestel.

*Die SPEAKER: Selfs as iemand tydens 'n debat daarop wys dat iets verkeerd is, moet die voorsitter van die spesifieke komitee daarop reageer en dit moet die verslag wees wat in daardie stadium voor die Huis dien. Dit is die hele doel van verdere debat tydens die Tweede Lesing. Hoewel 'n mens moet maan dat die verslae so korrek moontlik moet wees, as dit gebeur dat daar een of ander fout of iets verkeerd is, is die verslag met die jongste aanbevelings of veranderings die een wat voor die Huis dien.
*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, mag ek 'n vraag daaroor stel?

*Die SPEAKER: Ja, die agb lid kan dit met graagte doen.

*Mnr G R STRACHAN: S u dus dat dit in orde is, wanneer daar 'n veelparty ooreenkoms in 'n staande komitee is, dat die voorsitter van daardie staande komitee die verslag eensydig kan verander voor dit aan die Huis voorgel word?

Mnr die Speaker, waarom ek 'n probleem het en 'n vraag hieroor stel, is die feit dat dit daarom die moontlikheid van kwade trou inhou. Ons kan nie veelparty ooreenkomste kry as daar 'n verstandhouding is dat die voorsitter inderdaad die verslag kan verander voordat dit ter tafel gel word nie. Dit lyk na 'n teenstrydigheid.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Strachan het 'n punt wanneer dit by goeie werkverhoudings kom. Komitees moet dus gemaan word dat indien daar 'n ooreenkoms is, en spesifiek oor 'n omstrede punt, veranderinge nie eensydig gemaak moet word wanneer dit voor die Huis dien nie.

Die agb lid moet egter ook onthou dat ons met die tweedelesingsdebat te doen het; ons aanvaar nie die verslag as sodanig nie. Dit is net 'n verslag voor die Huis, en dit raak nie die geldigheid van ons besluit oor die Tweede Lesing nie.

Wat die werking van die komitee betref, het die agb lid 'n punt. 'n Mens moet altyd probeer om sulke veranderinge te vermy. Die minderheid in sodanige komitee sou sy toevlug kon neem tot die politieke voordeel wat hy daaruit kry. As hulle hul punt kan bewys, sal hulle baie politieke munt uit daardie saak kan slaan.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

Die SPEAKER: Orde! Ingevolge die Reglement sal die Huis nou in Komitee gaan.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE AANSUIWERINGSBEGRO-
TINGSWETSONTWERP [W1-2001]

(Komiteestadium)

Op Begrotingspos 1,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n vraag aan die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme stel ten opsigte van die geld wat in die Suid-Kaap aan Armoedebestryding bestee is. 'n Bedrag van R400 is aan ongeveer 5 290 mense uitbetaal. Hoe is besluit dat die Suid-Kaap daardie geld moet kry en nie ander streke van hierdie provinsie nie?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, my verskoning. Ek het ongelukkig nie die vraag gehoor nie, want iemand het my aandag afgetrek. Ek vra met respek dat dit herhaal word. Dankie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Sal die agb lid mnr Ozinsky omgee om die vraag te herhaal?

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek vra die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme hoe hy besluit het om R400 aan omtrent 5 290 plaaswerkers in die Suid-Kaap te gee. Waarom is die Suid-Kaap uitgekies, en nie ander streke van die provinsie nie?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, die advies is geneem van die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke. In optrede op sy advies en gegrond op wat beskou is as die lot van daardie mense in daardie omgewing is die besluit geneem om daarmee voort te gaan. Dit is die antwoord.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, sou die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme kon aandui wanneer die bedrae ten opsigte van Leeu-Gamka en die Suid-Kaap betaal is? Daar was twee aparte Armoedebestrydingsbedrae.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek beskik nie oor daardie inligting nie.

*Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Me die Voorsitter, die bedrag vir Leeu-Gamka is in Augustus 2000 betaal en die bedrag vir die Suid-Kaap sal in die volgende maand of twee uitbetaal word.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil aan die verantwoordelike Minister vra - ek weet nie watter een dit is nie - of dit die voorneme is om voort te gaan met eenmalige uitbetalings aan mense, sonder enige infrastruktuur en sonder dat enige ondersteuning gegee word vir daardie geld in terme van Armoedebestryding?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, die voorneme van hierdie Regering sal altyd wees dat waar dit nodig is - wanneer plakkershutte byvoorbeeld afbrand ...

*Mnr M OZINSKY: Dit is nie plakkershutte wat afbrand nie.

*Die MINISTER: Ek is besig om 'n voorbeeld aan die agb lid te gee. Ek het ges "byvoorbeeld" as plakkershutte afbrand, of as ons sien dat mense in spesifieke omstandighede in die provinsie hulle in 'n hopelose toestand bevind, sal ernstige oorweging hieraan geskenk word. Ons sal sorg waar ons vir die mense in hierdie provinsie moet sorg.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, kan die verantwoordelike Minister - en ek is ook nie seker ... [Tussenwerpsels.] Wat was die KMOs vir albei bedrae wat toegewys is, die een aan Leeu-Gamka en die toewysing wat aan die Suid-Kaap gemaak gaan word?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek is ongelukkig nie in staat om daardie vraag te beantwoord nie, maar ek sal sekerlik in staat wees om die agb lid mnr Strachan skriftelik oor die antwoord in te lig. As ek vroer kennis gegee is, sou ek dit kon doen, maar ek het ongelukkig nie daardie spesifieke aangeleentheid nageslaan nie, en ek kan die agb lid dus nie s nie.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, as 'n opvolgvraag, s die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme dat daar geen KMOs was nie of dat hy nie bewus is van wat die KMOs is nie en dat hy dit later aan my sal verstrek?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, wat ek om 20:25 s, is dat ek nie kan onthou of daar KMOs was en of daar nie KMOs was nie. Ek sal na die agb lid mnr Strachan terugkom oor of daar KMOs was en aan hom s wat daardie KMOs is, of na hom terugkom en s dat daar geen KMOs was nie. Die agb lid sal in iedere geval die inligting kry.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, ek wil graag weet watter stappe die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme sal doen as daar nie KMOs was vir die toewysing van hierdie fondse, soos bepaal in die nasionale wetgewing, nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek sal op daardie tydstip oorweging daaraan gee.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil die agb Premier graag vra wanneer ons 'n sakeplan vir hierdie geld kan verwag, aangesien ons al 'n jaar en 'n half daarvoor wag.

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, ek is daarvan oortuig dat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme reeds die antwoord aan die agb lid mnr Ozinsky gegee het. Wil die agb lid h dat die antwoord gedupliseer moet word? Hy het ges dat hy met 'n sakeplan sal kom, en sodra dit gereed is, sal die agb lid dit kry.

*Mnr M OZINSKY: Ek vra wanneer.

*Die PREMIER: Ek weet nie; ek kan u nie s nie, maar sodra dit gereed is.

Begrotingsposte 1 tot 3 goedgekeur.

Op Begrotingspos 4,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid graag vra wat die volgende prioriteitsgebiede vir die installering van kameras is.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Me die Voorsitter, dit hou nie direk verband met die aangeleentheid onder bespreking nie. Die agb lid is hier 'n bietjie besig om 'n hoek te sleep. Ek sal egter met graagte vir hom 'n stukkie aas gee!

Ons sal volgende week 'n aanbieding h om die voorkeurgebiede te oorweeg. Installering langs die N2, wat die agb lid vroer in sy toespraak genoem het, is nie werklik 'n groot saak nie. Daar is twee of drie kameras wat 'n redelike groot gebied kan dek. Hy sou vroer vandag in die Huis gemerk het dat ek na die bendestrategie verwys het. Die voorneme is om die kameranetwerk te laat saamval met daardie geografiese gebiede wat na ons mening intensiewe aandag moet geniet. Ek dink ek het hulle vroer vandag gemeld, anderkant Manenberg, Mitchells Plain en daardie soort gebiede.

Laat my toe om te s dat daar twee ander gebiede in die stad is wat geweldig kommer wek, want hulle het werklik die slagvelde geword van bendes wat die ander gebiede beheer. Die een is Muizenberg en die ander een is Seepunt. Ons het nou drie gedentifiseerde bendegroeperings wat heeltemal openlik baklei vir prostitusienetwerke, dwelmnetwerke, en so meer. Dit is baie moeilik om dit op enige ander manier te beheer. Dit behoort dus aan agb lede 'n voorlopige aanduiding te gee van wat die gedagterigting is. Dit sal egter ook afhang van wat die infrastruktuur ons sal toelaat.

Die kameras langs Vanguard-rylaan, terloops, is ook nodig gemaak deur geweldige diefstalle uit voertuie by die snydings lank voor die casino, vanuit die plakkerskamp wat, soos agb lede weet, daar aan die kant is. Daar is verskeie sektore in die stad en daardie beheerkamers moet dit ook inskakel by die ... [Onhoorbaar.]

*Mnr G R STRACHAN: Me die Speaker, ek is 'n hengelaar en hengel is baie meer aangenaam!

Ek weet nie hoe die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid dit gaan beskryf nie: is daar ander voorbeelde van 'n verhouding tussen 'n enkele maatskappy en sy Ministerie ten opsigte van die borgskap van iets soos die installering van kameras? Of is dit sy voorneme om daardie vennootskappe met sakeorganisasies aan te gaan?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Me die Voorsitter, die kameranetwerk in Kaapstad, soos die agb lid weet, is deur Sakelui Teen Misdaad ingestel en sover ek weet was daar geen direkte befondsing van hierdie Regering aan Sakelui Teen Misdaad vir infrastruktuur nie. Die enigste toegewing destyds was dat party van die kameras op staatsgeboue genstalleer is en daar was eiendomsreg betrokke by huurnemings, wat sekere geldelike toegewings tot gevolg gehad het.

Hierdie spesifieke projek is inderdaad nie 'n direkte skakel met die GrandWest Casino nie. Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme het verwys na die feit dat, sover ek weet, 'n afsonderlike instelling hier gestig is. Dit het verskeie ondernemings as vennote gehad en dit het 'n herskeppingsprogram vir daardie gebied ontwikkel, waarin GrandWest sekerlik 'n leidende vennoot is, maar daar is baie ander sakeorganisasies wat ook daar betrokke is.

Ons praat eintlik van 17 kameras, wat 'n gebied dek wat veel groter is as net die perseel wat vir die casino van onmiddellike belang is. Selfs daar is daar dus nie 'n direkte skakel met die maatskappy nie. Dit is 'n organisasie wat gestig is en daar is R5,3 miljoen in die kameras bel. Die saldo daarvan is stedelike vernuwingsprojekte, en so meer, waartoe baie mense bydra. Sover ek weet, is hoegenaamd geen ander verhoudings betrokke nie.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil graag vra of die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme sy opmerking wil regstel dat die casino die bykomende geld betaal het, wat nou deur die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid weerspreek is.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Is dit 'n vraag?

*Mnr M OZINSKY: Nee, dit is 'n punt van orde.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Dit is 'n vraag. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: ... [Tussenwerpsels.] Nee, dit is nie 'n vraag nie, ek stel 'n punt van orde. Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme het die Huis mislei deur te s dat die casino betaal het. Ek het nie die bedrag nie. Ek het gedink dat hy R13 miljoen ges het, maar ek kan verkeerd wees, bykomend tot die geld wat die Provinsie betaal het. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid het ges dat dit nie die casino was nie, maar 'n konsortium sakeondernemings. Dit is waarom ek dus hierdie punt van orde stel.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek beskou dit graag as 'n vraag sodat ek daarop kan antwoord as ek mag.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ja, die agb Minister mag.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, die agb lid moet begryp dat dit ten eerste nie my spesifieke begrotingspos is hierdie nie en my indruk is dus dat 'n totaal van R13 miljoen bestee is en dat dit van SunWest gekom het. As SunWest 'n groep mense bymekaar gekry het, het ek nie daarvan geweet nie. Soos ek dit verstaan het, is 'n totaal van R13 miljoen bestee waarvan hierdie Provinsie oor 'n tydperk van twee jaar R5,4 miljoen bygedra het.

*Mnr R WILLIAMS: Me die Voorsitter, kan ek vra hoeveel ander indrukke die agb Minister hier as feite voorgehou het?

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek sal sekerlik na mre se Cape Argus kyk vir 'n antwoord.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek wil graag 'n reling oor punte van orde maak. Punte van orde het te doen met prosedure in die Huis. As 'n agb lid 'n verdere vraag aan enige van die ander Ministers oor 'n spesifieke punt wil stel, kan hulle dit doen. Dit is nie noodwendig 'n punt van orde nie. As verskillende Ministers verskillende uitsprake maak, kan agb lede vrae daaroor stel. Punte van orde in hierdie Huis verwys egter slegs na prosedure.

Begrotingsposte 4 tot 6 goedgekeur.

Op Begrotingspos 7,

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, kan die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding verduidelik wat "verkeerde komponentskakelings" is?

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE EN ARMOEDEBESTRYDING: Me die Voorsitter, verkeerde komponentskakelings dui op gevalle waar mense verkeerdelik in die onderskeie departement geplaas is.

Ek het vanoggend geluister hoe die departement 'n aanbieding oor hierdie onderwerp gedoen het en dit is aan die komitee verduidelik. Na watter bladsy het die agb lid mnr Strachan verwys?

*Mnr G R STRACHAN: Bladsy 40.

*Die MINISTER: Ek het dit nie voor my nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede moet daarop let dat ons die Bylae by die Wetsontwerp voor ons oorweeg.

*Die MINISTER: Die komponent skakelings is die verskillende komponente in die Departement van Maatskaplike Dienste. As hulle verkeerd was, beteken dit dat daar bloot 'n regstelling was om sake reg te stel ten opsigte van diensooreenkomste, Persal-ooreenkomste, en so meer.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, kan die agb Minister die maatstawwe en raamwerk beskryf wat gebruik word om te bepaal watter organisasies fondse onder Program 3: Ontwikkelingsgerigte Maatskaplike Dienslewering, ontvang?

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE EN ARMOEDEBESTRYDING: Me die Voorsitter, dit is heeltemal vanselfsprekend dat indien 'n organisasie aansoek doen om finansiering deur die departement, 'n projekvoorstel gemaak word en daar is 'n evalueringskomitee wat die projekaansoek oorweeg op grond van die maatstawwe wat op die bevoordeelde gemeenskap van toepassing is en wat daardie gemeenskap gaan doen. Daar is ook sekere sleutel meetbare oogmerke wat die departement wil sien en hulle wil verseker dat die uiteindelike begunstigdes in staat is om die projek oor 'n langer tydperk vol te hou. Dit is nie 'n hulptoelae nie, want hulptoelaes word duidelik omskryf.

Finansiering word aan drie basiese komponente gegee, waarvan NROs die eerste is. Die meerderheid van begunstigdes is NROs, en hulle het reeds hulle eie sleutel meetbare oogmerke en sakeplanne. Subsidies word aan preprimre skole en crches gegee, en subsidies en hulptoelaes word ook aan ouetehuise gegaan.

Wanneer dit by sleutel meetbare oogmerke van ouetehuise en ander inrigtings kom wat ek gemeld het, sal agb lede aanvaar en saamstem dat die diens wat deur die departement verskaf word, van 'n diensgerigte aard en nie van 'n finansile aard is nie. Selfs al is fondse betrokke, is die begunstigdes diensgerig. [Toejuiging.]

Begrotingspos 7 goedgekeur.

Op Begrotingspos 8,

*Mnr C M DUGMORE: Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Behuising graag vra of die geld wat hier aangedui word as besteding ten opsigte van die Irene Grootboom-gemeenskap die enigste uitgawes is wat aangegaan sal word, of verwag hy dat daar in die lig van die uitspraak van die Konstitusionele Hof verdere uitgawes aangegaan sal moet word?
Die MINISTER VAN BEHUISING: Me die Voorsitter, die agb lid mnr Dugmore het 'n Irene Grootboom deur sy kop. Ek sal hom nou antwoord, want hy het al 'n os geslag om die fees te vier vir 'n oorwinning, maar hy weet nie dat die eerste appellant die nasionale Regering was, die tweede die Provinsiale Regering, die derde die KMR en die vierde die Oostenberg Munisipaliteit nie. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid moet wag, hy is nie nou in die hof nie. Hy moet luister.

Die feit van die saak is ons gee uitvoering aan 'n opdrag, waarvoor ek die geld by die Sentrale Regering gaan vra. As ek my sin kry, moet die agb lid mnr Dugmore die uitspraak van die Irene Grootboom-hofsaak gaan bestudeer. Daarin word ges dat die Regering verplig is om waterdigte skuilings te gee waar mense in nood is. Ek sal mre volledig daarop antwoord. Die feit van die saak is dat dit nie net die Irene Grootboom-geval is nie. Daar is ander gevalle, nie net hier nie, maar meer in ander provinsies, wat vir die Regering van Suid-Afrika ontsettende groot finansile gevolge gaan h.

Ek gaan mre tydens my spreekbeurt volledig antwoord op die aantygings wat die agb lid vandag gemaak het, en dan sal ek die feite vir hom op die tafel plaas om te s waar ons staan. Die feit van die saak is daar is 'n totale bedrag van ongeveer R750 000 wat betaal moet word, maar die Wes-Kaapse Regering is nie die enigste rolspeler nie. Die eerste appellant was die nasionale Regering, en sodra hulle die ander geld gee, kan ons voortgaan. Ons het hulle 'n guns bewys om solank hul brouwerk reg te maak.

Begrotingspos 8 goedgekeur.

Op Begrotingspos 9,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil graag weet wanneer die omgewingskommissaris aangestel gaan word, aangesien ons al twee jaar lank geld bewillig vir hierdie persoon en hy/sy bestaan nie.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, ek het hierdie vraag voorheen in die staande komitee beantwoord en ek sal dit weer ter wille van die Huis doen.

Ek stem saam dat ek ook gefrustreerd is deur die tydperk wat dit in beslag neem om 'n kommissaris aan te stel. Die konsepwetsontwerp is nou deur die Departement van Beplanning, Regeringsake en Behuising teruggestuur en sal in die nabye toekoms ter Tafel gel word. Ek verwag dat dit nog drie maande sal neem nadat die Wetsontwerp deur die Huis goedgekeur is voor die aanstelling van die kommissaris gemaak word, moontlik teen die middel van hierdie jaar.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, dink die agb LUR dat dit gepas is dat die Departement van Beplanning, Regeringsake en Behuising die rol van poortwagter moet vervul ten opsigte van die wetgewing vir die aanstelling van 'n kommissaris?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, die agb lid mnr Ozinsky noem my op Engels 'n "MEC". Ek hoop hy verstaan dat dit 'n afkorting vir "Minister of Environment and Culture" is. [Gelag.]

Me die Voorsitter, dit was billik om die Departement van Beplanning, Regeringsake en Behuising te vra om kommentaar te lewer. Hulle het insette gemaak en verskil van ons oor sekere sake. Ek sal op daardie sake ingaan. Ek dink dit is uit 'n gentegreerde oogpunt vir beplanning en die omgewing belangrik dat die Departement van Beplanning, Regeringsake en Behuising 'n inset lewer. Ek stem met hom saam.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, kan die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake aandui, in die lig van die feit dat daar tot dusver geen openbare proses was nie, watter soort openbare proses daar ten opsigte van hierdie omgewingskommissaris sal wees?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, dit sal, soos normaalweg, voor die staande komitee dien, maar dit sal ook breedvoerig onder NROs en omgewingsorganisasies versprei word vir hul insette. Ek hoop dat ek ook van hulle 'n positiewe inset sal verkry.

Begrotingspos 9 goedgekeur.

Op Begrotingspos 10,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, met betrekking tot die saldo van die Olimpiese geld wil ek graag weet of enige voorstelle in hierdie stadium deur die departemente gemaak is vir die aanwending van daardie geld.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Me die Voorsitter, ons antwoord weer. Die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme het daardie vraag vroer beantwoord, en ek dink hy het dit korrek beantwoord. Daar is 'n hofsaak hangende, en ons hou 'n gedeelte van die geld daarvoor om te sien wat daar gebeur. Die ander gedeelte is 'n besparing op Olimpiese projekte wat ons goedkoper kon bou as waarvoor begroot is. Ons vra vir die Sentrale Regering nou of ons daardie besparings vir ander projekte kan aanwend. Daar is nog nie 'n besluit geneem oor waar die besparings aangewend word nie. Dit sal interdepartementeel verdeel word, en ek glo die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning sal 'n baie belangrike rol daarin speel.

Begrotingspos 10 goedgekeur.

Bylae, Klousules en Titel goedgekeur.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

Die Huis verdaag om 20:41.


2088	WOENSDAG, 7 FEBRUARIE 2001 


	WOENSDAG, 7 FEBRUARIE 2001	2089



	WOENSDAG, 7 FEBRUARIE 2001	2009


